Rya Avenant is ’n skuilnaam van die bekende avontuurverhaal-skrywer Doc Immelman (*23 April 1928-† 9 Maart 2013).Bookslive: http://protea.bookslive.co.za/blog/2013/03/12/in-memoriam-doc-immelman-1928-2013/
Skryfwerk As Rya Avenant skryf Immelman Seevaart van verraad (1965) en Onseker liefde (1980).Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Avenant,_Rya
In Seevaart van verraad is Alba Roodt lid van die Geheime Diens en vaar saam met die luukse plesierboot vanaf Kaapstad na Lourenço Marques sodat sy die geheime lys wat aan een van die passasiers oorhandig gaan word, kan onderskep.
Onseker liefde is ’n liefdesverhaal wat hy later onder sy eie naam herdruk.
Publikasies Seevaart van verraad (1965) Onseker liefde (1980) (Later herdruk onder Doc Immelman)
Sien ook Vir volledige biografiese inligting verwys na: Doc Immelman
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Sterftes in 1913