duimnael|links|Die Taung-kopbeen van 'n kind in die Maropeng-besoekersentrum uitgestal. Taung is 'n dorpie in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika. Die naam beteken plek van die leeu en verwys na Tau, 'n hoof van die Tswanasprekende BaTaungstam. Tau is die Tswana-woord vir leeu.UNESCO Fossil Hominid Sites of Sterkfontein, Swartkrans, Kromdraai, and Environs - UNESCO World Heritage Centre Besoek op 27 Oktober 2006.
Die dorpie het bekend geword toe professor Raymond Dart in 1924 die skedel van 'n kind (die sogenaamde Taung-kind) in die Buxton kalkgroef (koördinate S27 37 10 E24 37 59) gevind het. Dié skedel het 'n belangrike bydrae gelewer in die ontwikkeling van die paleontologie van die Homonide en was die oorsponklike spesie wat beskryf is as Australopithecus africanus. Die skedel word nou by die Universiteit van die Witwatersrand bewaar. Die skedel is glo naastenby 2,5 miljoen jaar oud.TUSK RESORTS - THE BIG 5 Besoek op 27 Oktober 2006.
Taung is in 2005 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike Unesco-bladsy
Kategorie:Argeologiese vindplekke in Suid-Afrika Kategorie:Grotte van Suid-Afrika Kategorie:Nedersettings in Noordwes Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika