Japie Coetzee is ’n skrywer van Afrikaanse jeugverhale.
Lewe en werk Jacob Carel Coetzee is op 12 Junie 1931 in Krugersdorp gebore. In 1948 matrikuleer hy aan Dealesville Hoërskool en studeer dan verder aan die Universiteit van Stellenbosch. Hier bekwaam hy hom as onderwyser en behaal die B.A.-graad in 1951, die Sekondêre Onderwysdiploma in 1952 en die M.Ed.-graad in 1953 met ’n verhandeling oor “John Dewey se beskouing oor vryheid en dissipline in die opvoeding”. Met deeltydse studie verwerf hy die D.Ed.-graad in 1980 met ’n proefskrif oor “Die didaktiese moontlikhede van die skool se jeugweerbaarheidsprogram, met besondere verwysing na kurrikulumbeplanning en onderwyseropleiding”. Hy is hoof van die Greyton Sekondêre Skool vanaf 1964 tot 1969, Bonnievale Hoërskool vanaf 1970 tot 1972, die Hugenote Hoërskool in Wellington vanaf 1972 tot 1975 en word dan rektor van Paul Roos Gimnasium vanaf 1975 tot 1977. In 1978 sluit hy hom as senior lektor in Didaktiek aan by die Onderwysfakulteit van die Universiteit van Stellenbosch. Hy is getroud met Rina en hulle het vyf kinders, Japie, René, Anet, Ernst en Johan.
Skryfwerk “Bakens na Brandberg” is ’n boek oor ’n reis deur die Noordweste tot in Namibië. Ander kinder- en jeugverhale uit sy pen is “Noldus”, “Die wit swaan”, “Vlugteling André de la Fontaine” en “Onheil vir die Meermin”. Sy kortverhaal “Matie” word deur Abraham H. de Vries in die versamelbundel “Steekbaard” opgeneem.
Hy skryf veral ’n groot aantal taal, godsdienstige en selfhelp-boeke. Hulp met die taal verskyn in boeke soos “Tweetalige hulp”, “Kom ons praat en skryf korrek” en “Ons algemeenste Engelse taalfoute”. Godsdienstige boeke sluit in “Ankers vir die dienspligtige”, “Twee en vyftig waarhede” (dagstukke) en “Fokus op die lewe” (godsdienstige vraagstukke), terwyl hy in die boek “Ek en die Bybel – Op soek na die waarheid” sy geloofstwyfel op skrif stel.
Publikasies JaarPublikasiesFiksie1962Noldus1963Die wit swaan1969Bakens na Brandberg1989Vlugteling André de la Fontaine1992Onheil vir die MeerminNie-fiksie1960Tweetalige hulpboek (saam met J.G. Kock)1961Kom ons praat en skryf korrek1965Ons algemeenste Engelse taalfoute1979Jeugweerbaarheid1982Wenke vir lesse in jeugweerbaarheid1984Om mens te word1985Ankers vir die dienspligtige1986Jeugweerbaarheid en gesinsvoorligting1987Twee en vyftig waarhede1988Kom ons gesels eers1990Fokus op die leweManlief, verstaan my tog1991Ek en ander1992Raar maar waarO gaats Dominee!Ek en ek, selfbeeld van tiener1993Ou seun, weet jy wat ’n man is?1995Askies, meneer die Speaker1997Broeders en susters1998Die kuns van getroud wees1999Gee my krag2001Hoe om met ander mense klaar te kom2002Juweelverhale uit die Ou Kaap2004Juweelverhale 1800–1900Ek en die Bybel – op soek na die waarheid2007Aangrypende verhale van gister2009Gister se stories vir vandagBoeiende ervarings
Bronnelys
Boeke Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
Tydskrifte en koerante De Villiers, Johannes “Hulle sê: ‘So sê die Here…’” “Die Burger” 26 Junie 2004
Internet Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Coetzee,_Japie OCLC Classify: http://classify.oclc.org/classify2/ClassifyDemo?search-author-txt=%22Coetzee%2C+Japie%22&startRec=0&orderBy=hyr+asc Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/coetzeej.html Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3ACOETZEE%2C+Jacob+Carel.&qt=hot_author
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1931