duimnael|E.J.M Fraser Eleanor Johanna Moir Fraser (1902, McGregor - 11 September 1971, Uitenhage) was ’n Afrikaanse skrywer, wat onder haar eie naam en verskeie skuilname kinder- en jeugverhale en romans geskryf het. Sy het onder meer onder die skuilname Okkert Bosman en P.J. Rademeyer geskryf.
Lewe en werk Eleanor Johanna Moir Fraser is in 1902 op McGregor naby Robertson gebore, waar haar pa (Walter Moir Fraser) die skoolhoof was en sy ook skoolgegaan het. Haar moeder was Aletta Catharina Rousseau. Haar susters S.E. Fraser en A.C. Sparks was ook skryfsters.Geni: http://www.geni.com/people/Eleanor-Johanna-Moir-Rautenbach/6000000020239381385 Op skool in McGregor bedryf sy as redakteur saam met ’n paar skoolmaats ’n skoolweekblad. Sy bekwaam haar as onderwyseres in die opleidingskole op Grahamstad en Stellenbosch en hou skool terwyl sy talle romans skryf. In 1923 trou sy met John William Rautenbach, maar sy skryf vir die res van haar lewe onder haar nooiensvan. Die egpaar het vier kinders. Sy bly in Uitenhage, waar sy op 11 September 1971 oorlede is.Müller, Waldo “‘Miss Peggy’ sterf op Robertson” “Die Burger” 6 Junie 1998
Skryfwerk Reeds in haar kinderjare is sy lief om stories te vertel.
Vervolgverhale Sy is die skrywer van die heel eerste vervolgverhaal wat in Sarie Marais gepubliseer word, naamlik "Die liefde bedek alles, hoop alles…"
Romans Hierna publiseer sy verskeie romans en vervolgverhale, waarvan "Verre horison" ook in Sarie Marais gepubliseer word. Sy spits haar hoofsaaklik toe op liefdesverhale, soms gemeng met ’n goeie skeut spanning, aksie en intrige.
Skuilname Sy skryf ook spanningsverhale onder die skuilname Okkert Bosman en P.J. Rademeyer.
Kinder- en jeugverhale Vir die kinders skryf sy verhale soos "Twee klein vlugtelinge", "Die verlore dogtertjie" en "In die hande van die rampokkers".
Die jeugverhaal Kinders van die grens word ook in Engels uitgegee as Children of the border.
Publikasies
E.J.M. FraserOCLC Classify: http://classify.oclc.org/classify2/ClassifyDemo?search-author-txt=Fraser,%20E.%20J.%20M.OCLC Classify: http://classify.oclc.org/classify2/ClassifyDemo?search-author-txt=%22Rautenbach%2C+Eleanor+Johanna+Moir%2C+1902-%22Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2009-68904/Softcoverbooks: http://www.softcoverbooks.co.za/ejm%20fraser%20pronk%20boeke.html JaarTitel van publikasie1940Die verlore dogtertjie1942Twee klein vlugtelinge1944Kinders van die grens Children of the border1946Op vrye voet Wilde malva1947In die hande van die rampokkers Veilige hawe1948Die huis van Casteleijn Die liefde van Karolien Wiese
Sonskyn op die vlakte1949Die geheime soektog Swerfling in die duister1950Avontuur op Bergvesting Die geheim van die kelder
Die onbreekbare band1951Drie strome Die versoening1953Duistere oes Die huwelik van Elsa Martyn
Toe die aalwyne rooi was1954Jy behoort aan my Die vreemde horison1955Die erfgename van Donkerpoort Godin van haat
Mik na die sterre
Die ontembare hart1956Bittere vergelding Die eienaar van Helderbronne
Die rooi sluier
Wispelturig is die wind1958Lig teen die hange Swaar was my boete1959Erfenis van onheil Die hoogste bieder
Vleuels in die stormwind1960Die jong hart Kettings van die verlede1961Merk van Kain Spel van die lewe1962Afspraak met die noodlot Die ontwakende hart
Okkert Bosman JaarTitel van publikasie1948Tamboer van die dood
P.J. Rademeyer JaarTitel van publikasie1949Die gedwonge huwelik
Sien ook Okkert Bosman
Verwysings
Boeke Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2. Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949 Nienaber, P.J.; Senekal, J.H en Bothma, T.C. Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1902 Kategorie:Sterftes in 1971