Frans Coetzee is ’n Afrikaanse joernalis en skrywer.
Lewe en werk Frans Coetzee is ’n joernalis verbonde aan Die Volksblad, waar hy later aangestel word as nuusredakteur en redakteur vir die Noord-Kaap-Kontrei. Na aftrede bly hy op Hartenbos, waar hy sy tyd verwyl deur wetenskapfiksie te skryf.
Skryfwerk Hy skryf ’n soort rillerversameling kortverhale wat hy in 1985 bundel onder die naam “Vir onskuldigesCilliers, Cecile “Beeld” 21 Oktober 1985”. In hierdie verhale verbind hy telkens die alledaagse met die magiese in verwantskap met ’n skrywer soos Roald Dahl.Van Coller, H.P. “Die Volksblad” 21 September 1985 Onskuldiges in alle betekenisse van die woord word ondersoek, terwyl die bisarre deurgaans met die reële vermeng word en die verhale dan gelyktydig op twee vlakke beweeg.Van Zyl, Ia “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 24 no. 1, Februarie 1986 Een van die hoogtepunte in die boek is “Skaakmat”, waar die seksuele fiksasie van die ek-verteller uitgebeeld word, net om totaal onkundig (onskuldig) blyk te wees wanneer die seksuele verhouding tussen twee vroue openbaar word. “Rikus en die dinge met die DukseA.v.Z. “Die Volksblad” 16 Augustus 1986” is ’n ruimteverhaal vir die jeug. Rikus is op soek na sy pa wat op een of ander planeet moet wees en word gedwing om ’n noodlanding op Duksa te maak.Steenberg, Elsabe “Die Transvaler” 14 Augustus 1986 Hier ontmoet hy drie bevolkingsgroepe wat onverdraagsaam totaal apart woon. Hulle is die Deduksiane wat hardwerkend is maar nooit iets voltooi nie, Reduksiane wat meer wetenskaplik werk en Aduksiane wat net lees. Om sy ruimtetuig herstel te kry, roep Rikus die hulp van al drie groepe in, wat sodoende met mekaar versoen raak.
Publikasies JaarPublikasies1985Vir onskuldiges1986Rikus en die dinge met die Dukse
Bronnelys
Boeke Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005 Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998
Internet Coetzee, Frans Volksblad: http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2014/04/09/3/ktkonfrans_23_0_42077474.html Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Coetzee,_Frans
Resensies
Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Afrikaanse skrywers