Karin Roodt (néé Bredenkamp) is die vrou van die Afrikaanse skrywer en taalaktivis Dan Roodt. Sy skryf aanvanklik onder die skuilnaam Karin Konsentrasiekamp.

Lewe en werk Karin is getroud met die skrywer, digter en taalaktivis Dan Roodt. Sy is ook betrokke in die politiek, eers as lid van die Vryheidsfront Plus en daarna as lid van Front Nasionaal. Tans is Roodt die redakteur by die webwerf PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep).

Skryfwerk Karin Roodt debuteer in 1985 onder die skuilnaam Karin Konsentrasiekamp met die boek Hoekom nies u nie?

As Karin Roodt publiseer sy in 2012 die roman Duiwelsasem.

Sien ook Karin Konsentrasiekamp

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners