duimnael|180px|links|Abraham se senotaaf in die Ibrahimi-moskee (Grot van die Patriarge) in Hebron.
Ibrahim (Arabies: إبراهيم ʾIbrāhīm), bekend as Abraham in die Hebreeuse Bybel, word in Islam erken as ’n profeet en boodskapperKoran, Soera 87:19 van Allah. Die Koran hou Abraham voor as ’n "voorbeeld van deug: gehoorsaam aan Allah, opreg, nie een van die heidene nie".Koran, Soera 16:120 In hierdie sin word Abraham beskryf as verteenwoordigend van die "oermens in universele oorgawe aan die Goddelike Werklikheid voor die verbrokkeling daarvan in godsdienste wat van mekaar geskei word deur verskille in vorm".Concise Encyclopedia of Islam, C. Glasse, bl. 18
Die Islamitiese fees Eid-oel-Adha word gevier ter ere van Abraham se dapperheid, en Moslems neem deel aan die hadj na die Kaäba, wat hulle glo deur Abraham gebou is.Concise Encyclopedia of Islam, C. Glasse, Kaaba
Moslems glo Abraham het in dié tyd die leier van die regverdiges geword en dit is van hom dat die mense van die Arabiese Skiereiland en Israel afstam. Hy het ’n belangrike rol gespeel om Arabië en Kanaän van afgodery te suiwer. Hy het albei plekke geestelik gereinig en die huise van aanbidding daar fisiek heilig gemaak. Abraham en sy seun Ismail (Ismael) het ook die bedevaart ingestel.
Verwysings
Eksterne skakels Die Verhaal van die Profeet Ibrahim en Sy Vrou Hajar 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bybelse mense in Islam Kategorie:Profete van Islam