Al-Masdjid al-Kiblatain (Arabies: المسجد القبلتین), of die Moskee van die Twee Kieblas, is ’n moskee in Medina, Saoedi-Arabië, wat histories belangrik in die Islam is omdat die profeet Mohammed die rigting van gebed (kiebla) in dié moskee van Jerusalem na Mekka verander het. Dit het daarna twee mihrabs (nisse wat die kiebla aandui) gehad. In onlangse tye is die moskee gerestoureer en die ou mihrab wat in die rigting van Jerusalem wys, is verwyder.

Die Kiblatain-moskee is een van die drie oudste moskees ter wêreld. Baie pelgrims wat die hadj voltooi het, besoek dit vanweë sy historiese belang.

Koran duimnael|262px|Die mihrab wat die huidige kiebla, Mekka, aandui.

Aanhalings uit die Koran oor die verandering van die kiebla:

Verwysings

Eksterne skakels Beskrywing by Archnet.com met planne en foto's

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Medina Twee Kieblas