Die borselstertmuishond (Bdeogale crassicauda) is 'n tipe muishond. Die soogdiertjies kom oor die sentrale dele van Afrika, van Kenia tot Mosambiek voor. Hulle vertoon amper hondagtig en staan soms orent op hul agterpote. Hulle word 40-50 cm lank, weeg 0.9-1.6 kg, en vreet klein voëltjies en eiers.
Subspesies B. c. crassicauda, sentrale Mosambiek, Malawi en Zambië B. c. nigrescens, Sentraal-Kenia (Nairobi) B. c. omnivora, gevind in die noordelike kusgebiede van Tanzanië en Kenia, is op die IUBN-rooilys (as B. omnivora) B. c. puisa, noordelike Mosambiek en suidelike Tanzanië B. c. tenuis, gevind in Zanzibar, geklassifiseer as 'n laer risiko/ veilig.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Muishonde