Jasper van Zyl is ’n Afrikaanse digter.
Lewe en werk Jasper van Zyl is in November 1987 as die jongste van drie broers in die Paarl gebore. Hy word as pastoriekind groot op Lambertsbaai, Kimberley en Upington en dan Gansbaai, vanwaar hy skoolgaan aan die Hoërskool Hermanus. Hier matrikuleer hy in 2006. Op skool is hy mede-liedjieskrywer en sanger van die akoestiese rockgroep Roffelvuur, wat in 2004 die Heuer-liriekprys vir skolerockgroepe wen. Hy word later webmeester van kitaar my kruis, ’n webwerf wat Afrikaanse kitaartabs op die Internet beskikbaar stel. Na skool studeer hy in die medisyne aan die Universiteit van Stellenbosch. Hier is hy stigter en voorsitter van die studentegroep TBAK (Tygerbergers vir die Behoud van Afrikaans in die Klaskamer) wat hulle beywer vir die gelyke beregtiging van Afrikaans in die opleiding van mediese studente. Hy dien ook op die redaksie van tMatie, die studentekoerant vir die Tygerberg-kampus. Na afloop van sy studie lewer hy sy praktiese diens aan Vredendal Hospitaal in die Wes-Kaap.
Hy lees reeds in 2005 van sy gedigte voor by Woordfees en Versindaba op Stellenbosch en tree ook in 2008 by Versindaba op met toonsettings van sy eie gedigte. Per geleentheid is hy begeleidende digter vir SkryfNet, LitNet se aanlyn-skryfskool, waar skoolleerlinge gratis touwys gemaak word oor die digkuns.
Skryfwerk Hy publiseer van sy gedigte op die Internet op PoësieNet. Sy gedigteVisagie, Andries “Beeld” 20 Junie 2005 word ook opgeneem in die geleentheidsbundels wat na Versindaba uitgereik word en versamelbundels soos “Nuwe stemme 3”,Hambidge, Joan “Rapport” 12 Junie 2005: http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2005/06/12/RP/5/02.html “My ousie is ’n blom” en “Groot verseboek”. In 2011 debuteer hy met die bundel “Die lewe tussen pikkewyne”,Hambidge, Joan Slipnet: http://slipnet.co.za/view/reviews/twee-debutante-jasper-van-zyl-en-andries-samuel/ waarin die beeldryke gedigte die absurde van die alledaagse uitbeeld.Pieterse, Henning “Beeld” 8 Augustus 2011 Op simboliese wyse word die wêreld omskep in ’n droomagtige werklikheid. Temas wat aangespreek word sluit veral die leefwêreld van die jongmens in, soos jong liefdes, skoolervarings en onderwyseresse, met die liefdesgedig “Jy is aan die stuur” ’n hoogtepunt met sy treffende vergelyking van die geliefde met die natuur en leweskepping. “Die lewe tussen pikkewyne” is in 2013 op die kortlys vir die toekenning van die Ingrid Jonker-prys.
Publikasies JaarPublikasie2011Die lewe tussen pikkewyne
Bronnelys
Tydskrifte en koerante Anoniem “Kuber-slypskool vir jong digters” “Beeld” 21 Januarie 2013 Nieuwoudt, Stephanie “jong digter wil hê verse moet self praat” “Beeld” 20 Julie 2011
Internet Facebook: https://af-za.facebook.com/jasper.vanzyl LitNet: http://www.litnet.co.za/author/jasper-van-zyl/ NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/authors/8016 Versindaba: http://versindaba.co.za/gedigte/jasper-van-zyl/
Resensies
Kategorie:Afrikaanse digters Kategorie:Geboortes in 1987