Mohammed se eerste openbaring was volgens Islam toe die aartsengel Gabriël aan die profeet Mohammed verskyn het en ’n vers uit die Koran aan hom geopenbaar het. Dit het gebeur in ’n grot met die naam Hira op die berg Jabal an-Nour, naby Mekka.
Volgens die sira, die biografie van Mohammed, het Gabriël aan hom verskyn en hom opdrag gegee om die eerste verse van soera 96 van die Koran te lees. Mohammed se ondervinding word in die Koran beskryf:
duimnael|Die ingang tot die Hira-grot.
Voor die openbaring Mohammed is in Mekka gebore en grootgemaak. Teen die tyd dat hy byna 40 was, het hy baie ure alleen deurgebring deur te bid en oor die aspekte van die skepping na te dink.Shibli Nomani. Sirat-un-Nabi. Vol. 1 Lahore Hy was bekommerd oor die "onkunde oor goddelike leiding", maatskaplike onrus, ongeregtigheid, diskriminasie (veral teen vroue), onmin tussen stamme en die uitbuiting deur stamowerhede wat in die voor-Islamitiese Arabië geheers het. Die morele agteruitgang van sy medemens en sy eie soeke na ’n ware godsdiens het dit verder aangeblaas, met die gevolg dat hy hom van tyd tot tyd na die grot Hira naby Mekka teruggetrek het om te bepeins en na te dink.
Volgens die Islamitiese tradisie het Mohammed in dié tyd drome met spirituele betekenis begin kry wat bewaarheid is, en dit was die begin van sy goddelike openbaring.
Die eerste openbaring Volgens die Islamitiese tradisie het die aartsengel Gabriël op so ’n geleentheid in die jaar 610 n.C. aan hom verskyn en gesê: "Lees." Daarop het hy geantwoord: "Ek kan nie lees nie." Gabriël het hom toe omhels. Dit het nog twee keer gebeur, waarna die engel hom beveel het om die volgende verse te lees:Muhammad Mustafa Al-A'zami (2003), The History of The Qur'anic Text: From Revelation to Compilation: A Comparative Study with the Old and New Testaments, ble. 25, 47–8. UK Islamic Academy. .Brown (2003), pp. 72–3Sell (1913), p. 29.Bukhari vol. 1, boek 1, no. 3
Ná die openbaring Verwonderd oor dié ondervinding het Mohammed huis toe gegaan, waar hy deur sy vrou Khadijah vertroos is. Sy het hom na haar neef Waraqah ibn Nawfal geneem, wat vertroud was met Joodse en Christelike geskrifte. Nadat Mohammed vir hom vertel het wat gebeur het, het Waraqah hom volgens Islamitiese tradisie oortuig dat die openbaring van God was. Waraqah het hom egter gewaarsku dat sy mense hom sou verdryf.
Later het ’n tweede openbaring gevolg. Mohammed het ’n stem uit die lug gehoor en Gabriël gesien waar hy "tussen die lug en die aarde" sit, en die openbaring is voortgesit met die eerste verse van soera 74.
Daar is twyfel oor die tydperk tussen die eerste en tweede openbaring. Volgens die profeet se vroegste biograaf, Ibn Ishaq, het drie jaar verloop van die eerste openbaring totdat Mohammed in die openbaar begin preek het. Bukhari meen soera 74 is die tweede openbaring, maar baie glo dit was soera 68.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Islam