duimnael|210px|Pelgrims ding mee om ’n kans om die Swart Steen te soen of daaraan te raak.

Die Swart Steen (Arabies: الحجر الأسود al-Ḥajar al-Aswad) is die oostelike hoeksteen van die Kaäba, die antieke steengebou in die middel van Al-Masdjid al-Haram in Mekka, Saoedi-Arabië. Moslems beskou dit as ’n Islamitiese reliek wat volgens tradisie dateer van die tyd van Adam en Eva.

Geskiedenis Die steen is in voor-Islamitiese tye reeds vereer. Volgens een tradisie het dit uit die hemel geval om vir Adam en Eva te wys waar om ’n altaar te bou, en dit het die eerste altaar op aarde geword.Muhammad, Martin Lings, Hoofstuk 1. "The House of God" Adam se altaar en die steen het verlore geraak in Noag se Sondvloed en mense het daarvan vergeet. Abraham het dit later gevind by die oorspronklike plek van Adam se altaar nadat die engel Gabriël dit aan hom geopenbaar het.Cyril Glasse, New Encyclopedia of Islam, p. 245. Rowman Altamira, 2001. Abraham en sy seun Ismael, wat volgens Moslems ’n voorvader van die profeet Mohammed was, het die Kaäba gebou en die steen daarin gelê. Teen die tyd dat Mohammed gelewe het, was die Swart Steen reeds verbind met die Kaäba, ’n voor-Islamitiese altaar.

Volgens nog ’n tradisie het Mohammed dit in 605 n.C. in die Kaäba se muur ingebou, vyf jaar voor sy eerste openbaring. Dit het sedertdien in ’n paar stukke gebreek wat nou in ’n silwerraam in die kant van die Kaäba ingebou is. Moslems glo dit was eens rein en wit, maar het swart geword weens die sondes van die mense wat daaraan raak.Saying of the Prophet, Collection of Tirmizi, VII, 49Shaykh Tabarsi, Tafsir, vol. 1, pp. 460, 468. Aangehaal uit die vertaling deur Francis E. Peters, Muhammad and the Origins of Islam, bl. 5. SUNY Press, 1994.

Dit is ook al as ’n meteoriet beskryf, ’n hipotese wat nou betwyfel word.

Beskrywing duimnael|Die voorkant van die gebreekte Swart Steen.

Die Swart Steen bestaan uit verskeie stukke wat in ’n silwerraam gemonteer is.Alex Bevan, John de Laeter, Meteorites: A Journey Through Space and Time, pp. 14–15. UNSW Press, 2002. Die ontblote deel is sowat 20 x 16 cm. Dit is onseker hoe groot dit aanvanklik was omdat die rangskikking verskeie kere oorgedoen is.

Die raam om die Swart Steen is eeue lank deur die Ottomaanse sultans onderhou. Die rame het mettertyd telkens verweer vanweë die konstante aanraking van pelgrims, en dit is van tyd tot tyd vervang. Verweerde rame is teruggeneem na Istanboel, waar hulle in die Topkapi-paleis gehou word.

Moslem-pelgrims loop sewe keer om die Kaäba as deel van die tawaf-ritueel tydens die hadj en baie probeer elke keer stop om die Swart Steen te soen; dit is ’n nabootsing van die soen wat Mohammed dit volgens tradisie gegee het. In moderne tye is dit weens die groot skares onmoontlik dat almal dit kan doen, en daarom is dit aanvaarbaar om net elke keer in die verbygaan daarna te wys.

Verwysings

Bronne

Grunebaum, G.E. von (1970). Classical Islam: A History 600 A.D.–1258 A.D.. Aldine Publishing Company. Sheikh Safi-ur-Rahman al-Mubarkpuri (2002). Ar-Raheeq Al-Makhtum (The Sealed Nectar): Biography of the Prophet. Dar-us-Salam Publications. . Elliott, Jeri (1992). Your Door to Arabia. . Mohamed, Mamdouh N. (1996). Hajj to Umrah: From A to Z. Amana Publications. . Time-Life Books (1988). Time Frame AD 600–800: The March of Islam, .

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Mekka Kategorie:Geboue en strukture in Saoedi-Arabië Kategorie:Religieuse geboue en strukture Kategorie:Religieuse simbole Kategorie:Hadj