Die Caterham F1-span was 'n Maleisiese Formule Eenspan wat tussen 2012 en 2014 aktief was. In 2010 en 2011 ding die span mee in Formule 1 onder die naam Lotus, opgerig deur Tony Fernandes.

Geskiedenis Voor die aanvang van die 2012-seisoen blyk dit, soos in die voorafgaande twee seisoene onder die Lotus-naam, of die jaers Heikki Kovalainen en Jarno Trulli vir die span sou verskyn. Op 17 Februarie 2012 word egter berig dat Trulli vervang word deur die Rus Vitaly Petrov, wat beteken dat daar vir die eerste keer sedert 1970 geen Italianer in F1 sou jaag nie. Die Nederlander Giedo van der Garde word vir die 2012-seisoen aangestel as die toets- en reserwebestuurder van die span.

In Januarie 2012 word bevestig dat die span sou verhuis na die Leafield Technical Centre, die voormalige hoofkwartier van die Arrows en Super Aguri F1 Formule 1-spanne.

Die span behaal geen punte in die 2012-kampioenskap nie, maar nadat Petrov in die laaste ren van die seisoen in die 11de plek eindig, is die span 10de in die vervaardigerskampioenskap. Dié 11de plek was ook die beste uitslag in 'n Grand Prix sedert die ontstaan van die span in 2010.

2014-seisoen In 2014 jaag die span met Kamui Kobayashi, wie na Formule 1 terugkeer, en die debutant Marcus Ericsson, waartydens Robin Frijns en Alexander Rossi as toetsbestuurders aan sommige Vrydagoefeninge mag deelneem. Die seisoen begin sleg: in Australië val albei jaers uit. Spaneienaar Fernandes waarsku die span dat hy sou onttrek as die span se prestasies nie verbeter in 2014 nie. 'n Groot terugslag was die negende plek van Marussia-jaer Jules Bianchi tydens die Monaco Grand Prix, waardeur Caterham weer die houtlepel (laaste plek) in die vervaardigerskampioenskap ontvang.

Op 2 Julie 2014 word bekend gemaak dat Fernandes die span verkoop het aan beleggers uit Switserland en die Midde-Ooste, onder leiding van Colin Kolles. Kolles stel die voormalige Formule 1-renjaer Christijan Albers aan as spanhoof.

Na afloop van die 2014-seisoen word Caterham en Marussia, wat ook finansiële probleme gehad het, opgeneem in die beginlys van 2015. Op 5 Februarie 2015 word dit egter bekend dat verskeie eiendomme van die span op 11 Maart, enkele dae voor die begin van die Formule 1-seisoen, opgeveil gaan word. Hierna lyk 'n terugkeer van die span onwaarskynlik. Op 27 Februarie word die amptelike deelnemerlys bekendgemaak, waarop Caterham nie meer verskyn nie.

Uitslae

Jaar Onderstel Enjin Bande Bestuurders 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 Punte Plek 2012 CT01 Renault RS27-2012 2.4 V8 AUS MAL CHN BHR SPA MON KAN EUR GBR DUI HON BEL ITA SIN JPN KOR IND ABU 20px VSA BRA 0 10de Heikki Kovalainen DNF 18 23 17 16 13 18 14 17 19 17 17 14 15 15 17 18 13 18 14 Vitaly Petrov DNF 16 18 16 17 DNF 19 13 DNS 16 19 14 15 19 17 16 17 16 17 11 2013 CT03 Renault RS27-2013 2.4 V8 AUS MAL CHN BHR SPA MON KAN GBR DUI HON BEL ITA SIN KOR JPN IND ABU 20px VSA BRA 0 11de Charles Pic 16 14 16 17 17 DNF 18 15 17 15 DNF 17 19 14 18 DNF 19 20 DNF Giedov.d. Garde 18 15 18 21 DNF 15 DNF 18 18 14 16 18 16 15 DNF DNF 18 19 18 2014 CT05 Renault Energy F1-2014 1.6 V6 turbo AUS MAL BHR CHN SPA MON KAN OOS GBR DUI HON BEL ITA SIN JPN RUS VSA BRA ABU 20px 0 11de Marcus Ericsson DNF 14 DNF 20 20 11 DNF 18 DNF 18 DNF 17 19 15 17 19 Kamui Kobayashi DNF 13 15 18 DNF 13 DNF 16 15 16 DNF 17 DNS 19 DNF DNF André Lotterer DNF Will Stevens 17

Kategorie:Formule Een-vervaardigers