duimnael|The Dark Hedges naby Ballymoney, Co. Antrim Die Dark Hedges is 'n laning ou beukebome langs Bregagh Road tussen Armoy and Stranocum in die Noord-Ierse graafskap Antrim. Die laning is in die 18de eeu deur die Stuart-familie geplant - blykbaar om besoekers te beïndruk wat op pad na die Stuarts se Georgiaanse herehuis Gracehill House was.www.discovernorthernireland.com: The Dark Hedges. Besoek op 19 September 2016
Twee eeue later het die laning een van die mees gefotografeerde natuurbesienswaardighede in Noord-Ierland geword. Dit maak deel uit van die gewilde kusroete Causeway Coastal Route en het internasionale bekendheid verwerf as een van die coulisses vir die Amerikaanse kabeltelevisiekanaal HBO se epiese fantasie-dramareeks Game of Thrones wat in Belfast se filmateljee Titanic Studios vervaardig word.
Die Dark Hedges-lanings is vanaf 30 Oktober 2017 gesluit vir padverkeer - behalwe vir noodreddingsvoertuie en plaaslike inwoners - nadat die bome skade gely het.Belfast Telegraph Digital, 10 Oktober 2017: Dark Hedges car ban: Enforcement needed to prevent motorists flouting restriction. Besoek op 10 Oktober 2017
Verwysings
Eksterne skakels Netwerk24, 5 September 2014: Voetspore aan Ierse Noordkus. Besoek op 18 September 2016
Kategorie:Geografie van Noord-Ierland