duimnael|'n Varta litiumioonbattery, Museum Autovision, Altlussheim, Duitsland
'n Litiumioonbattery (soms Li-ion battery) is 'n lid van 'n familie van herlaaibare batterye wat litiumione beweeg van die negatiewe elektrode na die positiewe elektrode tydens ontlading, en terug wanneer die battery weer herlaai word. Litiumioonbatterye gebruik 'n organiese litiumverbinding as een elektrodemateriaal, in teenstelling met die metaal litium wat gebruik word in 'n nie-herlaaibare litiumbattery. Die elektroliet, wat voorsiening maak vir ioniese beweging, en die twee elektrodes is die samestellende komponente van 'n litiumioonbatterysel.
Litiumioonbatterye is algemeen in huiselektronika. Hulle is van die mees populêre vorme van herlaaibare batterye vir draagbare elektroniese toestelle, met 'n hoë energie-digtheid, klein geheue effek en 'n lae self-ontlading. Buiten in verbruikerselektronika, groei litiumioonbatterye ook in gewildheid vir militêre, elektriese batteryvoertuig- en lug- en ruimtevaarttoepassings.
Litiumioonbatterye is tans besig om 'n gemeenskaplike plaasvervanger vir loodsuurbatterye te word, wat histories gebruik is vir gholfkarretjies en nutsvoertuie. In plaas van swaar loodplate en suurelektroliet, is die neiging om eerder liggewig litiumioonbatterypakke te gebruik wat dieselfde spanning bied as loodsuurbatterye, sodat daar geen verandering aan die voertuig se aandryfstelsel nodig is nie.
Die batterye het in 2013 bekend geraak toe hulle brande aan boord van die Boeing 787 Dreamliner veroorsaak het.
Nuwe generasie batterye Die eerste generasie litiumioonbatterye was meestal gebaseer op litiumkobaltiet. Dit het aanleiding gegee tot twee bekommernisse. Een is dat kobalt 'n relatief ongewone metaal is en dat die ontginning daarvan - meestal in die DRK - dikwels onder onmenslike omstandighede gedoen word. Die ander een was die termiese stabiliteitsprobleme wat die stelsel 'n brandgevaar gemaak het. 'n Nuwe generasie batterye het in die vroeë helfte van die 2020's oorgeneem. Dit is gebaseer op litiumysterfosfaat as katodemateriaal. Yster is baie algemener as kobalt en baie goedkoper. Hierdie nuwe LFP-stelsels is beide goedkoper en beter. Hulle ly nie meer aan dieselfde kommernisse nie en is minder giftig.
Sien ook Litiumkobaltiet Litiumysterfosfaat Aluminiumtetrachloriedanioon
Verwysings
Kategorie:Elektrochemie