duimnael|links|Die woord Mǐnyǔ ("Min-taal") geskryf in Tradisionele Chinees (links) en Vereenvoudigde Chinees (regs) Min (Vereenvoudigde Chinees: 闽语, Tradisionele Chinees: 閩語, pinyin: Mǐnyǔ, letterlik: "Min-taal") is 'n Sino-Tibettaanse taal of 'n dialek van Chinees wat in die Volksrepubliek China, die omstrede Republiek van China op Taiwan, Singapoer en deur Chinese oorsese gemeenskappe in Indonesië, Broenei, Filippyne, Maleisië, Mianmar, Thailand, Kambodja en Laos gepraat word. Die taal het sowat 60 miljoen sprekers en is daarmee die vierde mees verspreide dialek van Chinees naas Mandaryns, Wu en Kantonees. Dit word veral in die Suidoos-Chinese provinsies Fujian, Guangdong, Hainan, Zhejiang en Jiangsu gepraat.
Soos die ander Chinese tale word Min met Chinese karakters geskryf.
Eksterne skakels
Kategorie:Broenei Kategorie:Chinees Kategorie:Tale van Indonesië Kategorie:Tale van Kambodja Kategorie:Tale van Laos Kategorie:Tale van Maleisië Kategorie:Tale van Mianmar Kategorie:Tale van Thailand Kategorie:Tale van die Filippyne