Die Tweede Vryheidsoorlog of Anglo-Boereoorlog (Engels: Second Boer War), was 'n oorlog tussen die Boererepublieke van die Oranje-Vrystaat en die Zuid-Afrikaansche Republiek aan die een kant en die Britse Ryk aan die ander kant wat tussen 11 Oktober 1899 en 31 Mei 1902 in Suider-Afrika, Swaziland ingesluit, gewoed het. Military History Journal, Vol 11 No 3/4 (Oktober 1999). Huw M Jones, "Neutrality compromised: Swaziland and the Anglo-Boer War, 1899 – 1902" Minder algemene name in omgang wat in die letterkunde gebruik word is die Engelse Oorlog Sien byvoorbeeld MA Gronum, Die ontplooiing van die Engelse Oorlog 1899–1900 en Die Engelse oorlog, 1899–1902; die gevegsmetodes waarmee die Boere-republieke verower is. en die Driejarige Oorlog. Christiaan De Wet, Three Years War, 1st American Edition, Charles Scribner's Sons, New York, 1902 – Engelse vertaling van Generaal de Wet se oorlogsherinneringe – oorspronklik in Nederlands geskryf – getiteld De Strijd Tusschen Boer en Brit.
Oorsig duimnael|links|'n Britse blokhuis in Suid-Afrika Die Tweede Vryheidsoorlog, ook bekend as die Suid-Afrikaanse Oorlog, oftewel die Anglo-Boereoorlog, het vanaf Oktober 1899 tot Mei 1902 geduur. In hierdie oorlog het die twee Boererepublieke, die Zuid-Afrikaansche Republiek (ou Transvaal) en die Republiek van die Oranje-Vrystaat, te staan gekom teen die Britse Ryk. Die hele gebied waarop hierdie oorlog plaasgevind het vorm vandag deel van die Republiek van Suid-Afrika.
Oor die sowat twee en 'n half jaar wat die oorlog geduur het, het dit Brittanje nagenoeg 200 miljoen pond, 448 435 Britse- en Rykssoldate en sowat 20 000 Britse lewens gekos om 'n "Boererebellie" te bemeester.
Aan die kant van die Boererepublieke was die koste van die oorlog baie hoog. Elke republiek se ekonomie is totaal en al vernietig deur die Verskroeideaardebeleid wat deur die Britse generaals toegepas is. Toe die Boere by die Vrede van Vereeniging hul wapens neerlê, het baie as hoofrede vir hul oorgawe die lyding van hul vroue en kinders aangevoer. Ongeveer 9 000 Boere het in die oorlog gesneuwel, en minstens 26 000 vrouens en kinders en 12 000 swart mense het hul lewe in konsentrasiekampe verloor, meestal kinders onder 16 jaar, hoofsaaklik as gevolg van die swak kos-voorsiening, 'n tekort aan behoorlike sanitasie en swak skuiling. Ook aan die Britse kant het die meeste soldate weens die swak organisasievernuf van militêre bewindhebbers nie op slagvelde gesneuwel nie, maar aan siekte beswyk.
Oorsaak van die oorlog duimnael|links|Suid-Afrika in 1885 Die oorsaak van die oorlog is steeds omstrede. Aan die Britse kant was dit 'n polemiek vanaf die oomblik dat dit uitgebreek het. Anti-imperialiste, asook Marxiste, het die oorlog as 'n produk van 'n kapitalistiese sameswering gesien wat daarop gemik was om, deur middel van brute krag, die diamant- en goudvelde van die Vrystaat en Transvaal te bekom.
Moderne interpretasies sien Britse beleid as gekaap deur radikale imperialiste soos Cecil John Rhodes en lord Alfred Milner, wat gevrees het dat die nuut gevonde rykdom van die Boererepublieke die droom van 'n Britse Suid-Afrika sou ontspoor. Die drang na vryheid het die Boererepublieke in staat gestel om hulself teen Britse oorheersing te beskerm en om hul eie onafhanklike buitelandse beleid te volg, wat die deur kon oopmaak vir Duitse beheer van die belangrike Kaapse roete na Indië.
Brittanje het daarop aangedring dat die Britse onderdane, wat op die goudmyne in die Witwatersrand werk, stemreg moes kry. Hulle kon egter automaties stemreg verwerf as hulle vir vyf jaar Transvaalse burgerskap gehad het. President Paul Kruger van die Transvaal moes na talle samesprekings tot die konklusie kom wat tot sy volgende uitspraak gely het: "Hulle wil nie stemreg hê nie, hulle wil ons land hê". President Marthinus Steyn van die Vrystaat het hom by Kruger geskaar en die lot van die Vrystaat as dieselfde as die lot van die Transvaal beskryf.
Die verloop van die oorlog Voorbereiding duimnael|links|'n Skets toon die arrestasie van Jameson ná die mislukte inval in 1896. Ondanks die verslegtende verhouding tussen Kaapstad en die Boererepublieke in die laaste dekade van die 19de eeu, was die Britte merkbaar swak voorberei vir oorlog aan die vooraand daarvan. Die vernederende nederlaag aan die hande van die Boere by die Slag van Majuba in die Eerste Vryheidsoorlog ten spyt, is die Boererepublieke nie as ernstige teenstander geag nie. Britse militêre intelligensie het gereken dat die Boere slegs 3 000 man in die veld sou kon plaas om kleinskaalse klopjagte in die Kaap en Natal uit te voer, terwyl hulle uiteindelik daartoe in staat was om sowat 30 000 berede manskappe in Natal alleen aan te wend. Die Britse opperbevelhebber, lord Wolseley, het geglo (en die Britse oorlogsminister, lord Lansdowne, het saamgestem) dat 'n garnisoen van 20 000 Britse soldate genoeg sou wees om die Republieke aan te durf.
In 1895, ná die Jameson-inval, was Pres. Kruger seker dat Brittanje op oorlog ingestel was. Hy het 'n klein staande leër op die been gebring en sy administrasie versterk deur knap, jong Afrikaners soos Jan Christian Smuts aan te stel. Daar is probeer om steun vir die Boere in Europa te werf, maar geen tasbare steun is verleen nie. Die twee klein republieke het alleen teen die magtigste ryk in die wêreld gestaan. Toe Pres. Kruger gevra is hoekom hy teen so 'n oormag veg, was sy antwoord: " 'n Man sal nie 'n leeu aanval met 'n mes in sy hand nie, maar net 'n lafaard sal nie met alle mag veg as die leeu hom aanval nie." Die Boererepublieke het wel daarin geslaag om Duitse Mausergewere en Franse Creuzot "Long Tom"-langafstandkanonne te bekom. Die Russiese tsaar het 'n paar veldambulanse voorsien en die Transvaal se artilleriekorps is deur Duitsers opgelei.
Eerste fase links|duimnael|240x240px|Britse illustrasie van die Slag van Glencoe Die eerste skote in die oorlog het op 12 Oktober 1899 geklap nadat Brittanje die ultimatum van die Boererepublieke verwerp het. Die Boere het tot die aanval oorgegaan en 'n strook van 160 km in die Kaapkolonie ingeneem terwyl hulle in Natal tot teenaan die Tugelarivier gevorder het. Mafeking en Kimberley het Britse eilande in 'n Boergedomineerde veld geword, terwyl die Britse garnisoen in Natal by Ladysmith vasgekeer en beleër is. Die Britse leër het in verskeie veldslae tweede gekom. Op 11 Desember is 'n frontaanval deur Britse soldate wat deur artillerievuur ondersteun is, afgemaai deur Boere wat hulself in loopgrawe ingegrawe het by Magersfontein naby Kimberley. Op 15 Desember by Colenso het 4 000 Boere, ingegrawe in die hoogtes op die Noordelike oewer van die Tugela, 'n aanval van 16 000 Britte afgeweer wat wou deurbreek na Ladysmith. Hierdie vyf dae is deur die Britse magte die Swart Week genoem. In hierdie tydperk het hulle 7 000 manskappe verloor en geen positiewe strategiese resultate gekry nie.
Smuts sou egter later melding maak van die "konserwatiewe kortsigtigheid" van die ouer geslag van generaals, wat "die gulde geleentheid" van oorwinning laat wegglip het. Britse troepe het deur Kaapstad en Durban ingestroom. Onder die opperbevel van lord Roberts, wat generaal Kitchener as stafhoof gehad het, het die Britse versterkings vinnig na die front beweeg en die beleërde dorpe ontset. Hulle het 4 000 man onder generaal Piet Cronje by Paardeberg gevange geneem en Bloemfontein op 13 Maart 1900, Johannesburg op 5 Mei en Pretoria op 6 Junie ingeneem.duimnael|Britse ongevalle lê op die slagveld ná die Slag van Spioenkop, 24 Januarie 1900.Op 21 Oktober 1900, het president Kruger, van Delagoabaai, vandag Maputo in Mosambiek, na Europa vertrek om steun vir die Boere se saak te probeer werf. Hy het meer as drie jaar later as banneling in Switserland gesterf. President Steyn het tot aan die einde van die oorlog saam met die Vrystaatse guerrillavegters in die veld gebly en die grootste bittereinder geword. Die Boere behaal baie groot sukses, maar die Engelse, word aanhoudend voorsien van nog ammunisie en soldate vanuit Engeland. Ook het Joiners, deurdat hulle die Britte van hulp voorsien het, die Republieke groot skade berokken. Op 24 Mei en 1 September het Brittanje die administrasie van onderskeidelik die Oranjerivierkolonie en die kolonie van Transvaal oorgeneem. Britse magte het al die infrastruktuur in Suid-Afrika soos die spoorlyne beheer en die 20 000 vegtende Boere wat oorgebly het, was feitelik heeltemal sonder steun.
Guerillategniek van die bittereinders duimnael|400px|Smuts (in die middel op 'n rots) saam met manskappe nadat hulle naby aan die einde van die Tweede Vryheidsoorlog tot in die Kaapkolonie opgeruk het. Net ná die val van Pretoria het die Transvaalse militêre leierskorps onmiddellike oorgawe aanbeveel. President Steyn was woedend en het aan die Transvalers geskryf dat die ZAR die Vrystaatse burgers en Kaapse rebelle in 'n rampspoedige oorlog betrek het. "Wil die ZAR nou 'n skandelike en selfsugtige vrede sluit die oomblik dat die oorlog sy grense bereik? Wat die ZAR ook al doen, die Vrystaters sal tot die bitter einde veg." Die geveg is toe deur almal voortgesit.
Na die val van Pretoria was Machadodorp van 5 Junie tot 27 Agustus 1900 die setel van die Transvaalse regering. Daarna het die regering na Waterval-Onder en toe later na Nelspruit geskuif, waar besluit is dat pres. Kruger weens sy ouderdom na Europa moet gaan om die Boere se saak te bevorder.
In hierdie tydperk was die Boeregeneraals mense wat progressief was: kommersiële boere en professionele aambagslui. Hulle het net om een rede geveg: hul onafhanklikheid. Die bittereinders het guerillataktiek gevolg en in klein, beweeglike kommando's geveg. Hulle het treinspore gesaboteer, die voorrade van die Britse troepe onderskep en gevegte uitgelok en dan weer gevlug.
In hierdie tydperk was daar ook die joiners. Dit was Boere wat hoofsaaklik as spioene vir die Britte opgetree het in die laaste 18 maande van die oorlog. Daar is geskat dat 5 000 Boere teen April 1902 Britse oorheersing gunstig was. Party van hierdie Joiners het die Britse saak gesteun omdat hulle geglo het dat daar vir hulle 'n beter bedeling onder die Britte wag en dat hulle na hulle plase kon terugkeer en groot skade en leed kon vermy deur oor te gee of te "hensop".
Die Britse opperbevel het van twee taktieke gebruik gemaak om die bittereinders te beveg. Eerstens is linies blokhuise en doringdraad opgerig om Boerevegters uit die een distrik na die ander uit te sluit, om hulle sodoende saam te hok om gevang te word. Hierdie taktiek was baie duur en hoewel baie dramaties, kon dit geen groot gevegte tussen die Boere wat die prooi was en Britse jagters uitlok nie.
Die tweede taktiek wat gebruik was, die Verskroeideaardebeleid, het berus op, eerstens, die vernietiging van die Boere se plase; en tweedens die saam hokking en verhongering van Boerevrouens en kinders in konsentrasiekampe. Van die kampe wat verplaaste Boerefamilies moes huisves het reeds in Julie 1900 verskyn.
Konsentrasiekampe, epidemies en 'n verskroeide aarde duimnael|Boerevroue en kinders in 'n Britse konsentrasiekamp tydens die Tweede Vryheidsoorlog, ongeveer 1900. Die Britte het nie 'n totale oorlog gevoer waarin almal voor die voet geskiet is nie. Onderskeid is tussen vegtende en nievegtende Boere getref, alhoewel daar uitsonderings is. Van die einde van 1900 het Britse troepe voor die voet (behalwe waar daar hensoppers was) opstalle afgebrand en vee uitgewis. Verwoesting en chaos is oor amper die hele Vrystaat en Transvaal gesaai.