Louisiana (Engels: [luˌiːziˈænə], of [ˌluːziˈænə], ; Frans: Louisiane, [lwizjan], ; Spaans: Luisiana, [lwiˈsjana]; Louisiaanse kreools: Lwizyàn), amptelik die Deelstaat Louisiana (Engels: State of Louisiana; Frans: État de la Louisiane; Spaans: Estado de Luisiana; Louisiaanse kreools: Létat de Lalwizyàn), is 'n deelstaat in die suide van die Verenigde State. Louisiana word in die noorde deur die deelstaat Arkansas, in die weste deur die deelstaat Texas, in die ooste deur die deelstaat Mississippi en in die suide deur die Golf van Meksiko begrens. Die staat lê in die subtropiese klimaatsone met baie warm, lang somers en gematigde winters. Die gebied word dikwels deur verwoestende orkane getref.
duimnael|links|Dekoratiewe voorwerpe, wat van gebrande loess gemaak is, is van die argeologiese spore wat die sogenaamde Poverty Point-beskawing in Louisiana gelaat het. Hierdie Indiaanse beskawing het gedurende die Laat Argaïese Tydperk tussen 1700 en 1100 v.C. in gebiede tussen die Mississippi-delta en die Golfkus gefloreer het duimnael|links|Die stadshorison van New Orleans duimnael|links|Die hoofstad Baton Rouge is aan die Mississippirivier geleë duimnael|links|Die Mississippi-rivierdelta (foto geneem deur NASA se Terra-satelliet) vorm die eindpunt van die magtige rivier se bestemming. Die rivier deel sy geheime met niemand nie, soos deelstaatbewoners sê, en hou hulle in sy whiskykleurige water om hulle na die see toe te neem duimnael|links|Missluiers hang oor die Mississippi in New Orleans se Franse Kwartier duimnael|links|Orkaan Katrina nader die Golfkus van Louisiana in Augustus 2005 Louisiana was lank voor die koms van die eerste Europeërs die tuiste van stamme van die Eerste Nasies en 'n aantal plekname verwys na die Indiaanse oorsprong van die deelstaat.
Die eerste Europese ontdekkers was 'n Spaanse ekspedisie onder leiding van Pánfilo de Narváez wat in 1528 die monding van die Mississippirivier verken het. Sowat dertien jaar later het die ekspedisie van Hernando de Soto die gebied deurkruis. Die Spaanse owerhede het min belang in die gebied gestel en dit was Franse ontdekkers wat die streek vervolgens verken het. René Robert Cavelier de La Salle het die gebied in 1682 ter ere van koning Lodewyk XIV van Frankryk Louisiana genoem. Die eerste Franse nedersetting is in 1699 deur Pierre Le Moyne d'Iberville gestig. Die Franse kolonie Louisiana het aanvanklik aanspraak gemaak op 'n groot gebied langs die oewers van die Mississippi wat tot by Kanada in die noorde gestrek het. Die nedersettings wat so ontstaan het, was meestal langs die oewers van die Mississippi en sy takriviere geleë, terwyl 'n aantal handelsposte en sendingstasies ook in die gebied van die huidige Illinois en in die omgewing van St. Louis (Missouri) gestig is. Mobile in Alabama en Biloxi in Mississippi het aanvanklik as hoofstede van die kolonie gedien, tog is in 1722 die regeringsetel na New Orleans verskuif.
In die Franse en Indiaanse Oorlog (1756–1763) teen die Britte en Indiane het Frankryk die grootste gedeelte van sy gebiede oos van die Mississippi verloor, met die uitsondering van die omgewing van New Orleans en die parogieë rondom die Pontchartrainmeer. Die res van Louisiana het volgens die Verdrag van Fontainebleau in 1762 'n Spaanse kolonie geword. Onder Spaanse heerskappy het 'n paar duisend Franstalige vlugtelinge, wat deur die Britse bewindhebbers uit Akadië verdryf is, Louisiana hulle nuwe tuiste gemaak. Die Akadiërs het hulle veral in die gebied van die suidwestelike bayous gevestig en later as die Cajuns bekend gestaan.
Napoleon Bonaparte het in 1800, met die Verdrag van San Ildefonso, Louisiana van Spanje terug gekoop, alhoewel die transaksie twee jaar lank geheim gehou is. Die hawe van New Orleans het steeds 'n groot rol in die politieke betrekkinge tussen die Verenigde State en Frankryk gespeel. Die Amerikaanse setlaars in die noordwestelike streke het hulle landbouprodukte, veral tabak, via die Mississippirivier uitgevoer en was dus aangewese op hierdie hawe. Die Franse het sulke toegang egter geweier. In die kort tydperk van die Spaanse heerskappy in Louisiana is 'n ooreenkoms tussen die VSA en die Spaanse koloniale owerhede gesluit, waarvolgens die gebruik van die hawe vir Amerikaanse uitvoere gewaarborg is. Die skielike opsegging van hierdie ooreenkoms en gerugte dat die gebied al heimlik aan Frankryk teruggegee is, het onrus in die Verenigde State veroorsaak. President Thomas Jefferson het 'n afvaardiging na Parys gestuur, wat onderhandelinge met die Franse minister van Buitelandse Sake, Talleyrand, begin het. Aangesien keiser Napoleon destyds fondse vir sy Europese ondernemings benodig het, het hy uiteindelik ingewillig om die hele Louisiana teen 'n prys van VSA-$ 15 miljoen aan die Amerikaners te verkoop.
Die Amerikaanse owerhede het die kolonie Louisiana in twee gebiede verdeel: Die Orleans-gebied, wat in 1812 die deelstaat Louisiana gevorm het, en die distrik van Louisiana met alle geweste buite die Orleans-gebied. Die Florida-parogieë is in 1810 deur 'n proklamasie van president James Madison van die Spaanse Wes-Florida geannekseer. Die westelike grenslyn tussen Louisiana en die Spaanse Texas het tot met die Adams-Onís-verdrag van 1819 omstrede gebly. Die vrystaat Sabine het tussentyds as 'n buffersone en toevlugsoord vir misdadigers gedien.
As 'n oorblyfsel van sy verlede as Franse besitting handhaaf die deelstaat Louisiana nog steeds 'n burgerlike wetboek, wat op die Code Civil van Louisiana baseer en min of meer met Frankryk se wetboek, die Code Napoléon, vergelyk kan word. Anders as die ander deelstate is Louisiana nie in counties onderverdeel nie, maar in parogieë, soos uit die Franse tydperk oorgeërf. In 1849 is die setel van die staatsregering van New Orleans na Baton Rouge verskuif. Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog het Louisiana op 26 Januarie 1861 van die Unie afgeskei. Federale troepe het die stad New Orleans op 25 April 1862 verower. Louisiana is danksy die erfenis van die Franse koloniale tydperk uniek onder die Amerikaanse deelstate. Terwyl daar geen amptelike taal is nie, erken sy regstelsel sowel Engels as Frans. Engels is vandag die omgangstaal van die oorgrote meerderheid van die bevolking. Tog word oorblyfsels van die Franse taal in die plaaslike dialekte en talle plekname bewaar en praat ongeveer 215 000 inwoners Frans as moedertaal. Die getal deelstaatbewoners van Franse of Frans-Kanadese afkoms is in die sensus van 2000 op 524 258 bepaal.
Etimologie Louisiana is genoem na Lodewyk XIV, koning van Frankryk van 1643 tot 1715. René Robert Cavelier de La Salle het die gebied, wat deur die Mississippirivier dreineer word, vir Frankryk opgeëis en dit La Louisiane genoem. Die Latynse agtervoegsel –ana (of –ane) kan verwys na "inligting met betrekking tot 'n bepaalde individu, onderwerp of plek". Louis + ana kan dus rofweg vertaal word as "behoort aan Lodewyk". Die Louisianagebied was eens deel van die Franse koloniale ryk en het van die Mobilebaai in die suide tot net noord van die huidige Kanadees-Amerikaanse grens gestrek, insluitende 'n klein deel van die Kanadese provinsies Alberta en Saskatchewan.
Geografie duimnael|'n Kaart van Louisiana Die magtige Mississippi, wat die deelstaat in twee deel en die sentrale korridor vorm van 'n ingewikkelde stelsel van waterweë en -liggame, insluitende uitgestrekte bayous, het steeds die toneel gevorm waarop enige rolspeler in Louisiana se geskiedenis moes optree – Indiaanse jagters, onverskrokke Franse verkenners en pelsjagters, waagmoedige Spanjaarde, Akadiese vissers en herders, en Anglo-Amerikaanse planters, maar ook enigeen van sy huidige bewoners. Anderkant die waterweë en -liggame, verder af van die laagliggende vlaktes van die Mississippi-rivierdelta, lê die uitgestrekte moeraslande van Suid-Louisiana, die vrugbare grasvlaktes of prêries van die suidweste, en die hoër geleë beboste terrein van Noord-Louisiana.
Klimatiese besonderhede wat uit Louisiana se ligging aan die Golf van Meksiko voortspruit, het eweneens hul stempel afgedruk op die deelstaat se geskiedenis. Louisiana ervaar dikwels weersuiterstes, met betreklik warm en bedompige weer in die lente en somer, maar ook kouer periodes gedurende die wintermaande. Verwoestende orkane, tornado's en reënstorms vorm die skadukant van 'n halftropiese klimaat met voldoende neerslae en lang periodes van aangename weer in 'n uiters vrugbare deelstaat.
Geskiedenis Vroeë Indiaanse geskiedenis duimnael|Indiaanse kulturele streke in Noord-Amerika duimnael|'n Kunstenaarsvootrstelling van Watson Brake (lugaansig), die oudste aardheuwel-kompleks van Mound Builders In die onlangse 6 000 jaar wat volgens argeologiese vondse gerekonstrueer kan word, het op die gebied van die huidige deelstaat Louisiana talle Indiaanse kulture ontwikkel en hul kulturele area het dikwels weerskante die Mississippirivier gestrek en daarmee ook na die buurdeelstaat Mississippi. Die Indiane op die gebied van die huidige Louisiana is beïnvloed deur groter ontwikkelings by die Indiaanse kulture in die suide en suidooste van die Verenigde State wat op sy beurt verwant was aan die kulture van die noordelike Mississippi- en die Ohioriviere (byvoorbeeld die Hopewell-kultuur) en ook aan Meso-Amerika.
Argaïese periode Die indrukwekkendste vondse van die Noord-Amerikaanse Indiane se argaïese periode in Louisiana is talle van die vroegste sogenaamde holms, groot piramide-, halfsirkel- of ook slangvormige aardwalle. Die oudste holms en daarmee die oudste bekende bouwerke in Noord-Amerika bevind hulle in Louisiana. Van die middelargaïese holms is Watson Brake en Frenchman's Bend by die huidige Monroe. Hulle ouderdom word op sowat 5 500–5 000 jaar geskat. Saunders, Joe W.; Mandel, Rolfe D.; Sampson, C. Garth; Allen, Charles M.; Allen, E. Thurman; Bush, Daniel A.; Feathers, James K.; Gremillion, Kristen J. et al. (2005), „Watson Brake, a Middle Archaic Mound Complex in Northeast Louisiana“, American Antiquity 70 (4): 631–668 Die bekendste struktuur is Poverty Point wat aan die einde van die argaïese periode ontstaan het. Die kultuur, wat na dié struktuur genoem is, het oor dele van Louisiana en die buurdeelstate gestrek. Dit het sy bloeitydperk rondom 1500 v.C. bereik en was daarmee een van die oudste of self die oudste komplekse beskawing in die Amerikaanse geskiedenis. Jon L. Gibson: , 2001, Delta Blues, besoek op 26 Oktober 2009
Woodland-periode Die Woodland-periode, wat op die argaïese periode gevolg het, het van 1000 v.C. tot 1000 n.C. in groot dele van Louisiana bestaan en van die vorige kultuur verskil deur meer gebruik van keramiek en die toenemende gevestigdheid en gebruik van landbou. Hoewel hierdie periode veral gekenmerk was deur die nomadiese leefwyse van jagter-versamelaars, het ook halfpermanente nedersettings ontstaan. texasbeyondhistory.net In die middelperiode het in Noord-Louisiana die Hopewell-kultuur ontstaan, wat ook 'n groot invloed op die kulture in Louisiana gehad het.
Mississippi-periode Die Mississippi-periode het langs die noordelike Mississippirivier ontstaan en verskeie kulture van Louisiana beïnvloed, waaronder veral die Plaquemine-kultuur tussen sowat 1200 en 1400 n.C. en die Caddo-kultur. Die mielielandbou het versprei. Die Mississippi-kultuur was die enigste Indiaanse beskawing noord van Meksiko wat versterkte stede opgerig het, die sosiale struktuur het 'n sterk hiërargiese kenmerk gehad en opvallende kenmerke met die Asteke se samelewing in Meso-Amerika gedeel.
Eerste Europees-Indiaanse kontakte duimnael|Hernando de Soto maak namens Spanje aanspraak op die Mississippi, uitgebeeld in die Capitol-rotunda In 1528 het Pánfilo de Narváez die eerste Europeër geword wat die Mississippidelta bereik het. In 1542 het Hernando de Soto se ekspedisie deur die noorde en weste van Louisiana getrek, waar hulle die Caddo en Tunica ontmoet en die Mississippirivier se loop tot by die Golf van Meksiko gevolg het.