Motwortel (Cymbopogon marginatus (Steud.) Stapf ex Burtt Davy syn. Andropogon marginatus Steud., Andropogon nardus L. var. marginatus Hack.), ook in Afrikaans: akkewani (in Javaans verwys akar wangi na Chrysopogon zizanioides) of buffelsrooigras is 'n grasspesie wat in Suid-Afrika voorkom, maar nie hier endemies is nie. Die naam koperdraadgras word ook gebruik, maar dit word ook aan ander grasse gegee, soos C. excavatus, Elionurus muticus of Stiburus alopecuroides. Dit behoort tot die sitroengras-genus en sy aromatiese wortel word soms gebruik om te verhoed dat motte die wol van kleding opvreet.Dictionary of the Common Names of Plants with List of Foreign Plants Cultivated in the Open, Flora of South Africa , Specialty Press of South Africa, 1917 In Vendaland word die rook van brandende motwortel ingeasem vir hoofpyne.Uses and Abuses of Plant-Derived Smoke: Its Ethnobotany as Hallucinogen, Perfume, Incense, and Medicine, , Oxford University Press, USA, 2010, ,
Dié spesie word op die Suid-Afrikaanse rooilys aangegee as van minste kommer (LC), en is ook nie vir verdere evaluasie uitgekies nie. In Suid-Afrika word die plant in die Wes- en die Oos-Kaap gevind.
Die spesie is 'n belangrike onderdeel van die renosterveldplantegroei en een van die drie belangrikste voedselbronne van die Kaapse bergkwagga van die Nasionale Bontebokpark.
Die plant vorm polle met regop stele wat 20–70 cm lank kan wees en aromatiese blare wat 2–5 cm breed en 15-35 lank kan word.
Koos Prinsloo In die raamvertelling "Die Jonkmanskas" van Koos Prinsloo speel dit 'n rol:Aantekeninge by Koos Prinsloo , AFRICAN SUN MeDIA, 2008, , bls. 22
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Grasse