Konjunktivitis, algemeen bekend as pienkoog, is inflammasie van die buitenste laag van die wit deel van die oog en die binneste oppervlak van die ooglid.Richards A, Guzman-Cottrill JA (May 2010). Die oog vertoon pienk of rooi. Daar kan ook pyn, branderigheid of jeuk teenwoordig wees. Die geaffekteerde oog mag meer traan  en soggens kan die ooglede aan mekaar vas geplak wees. Swelling van die wit deel van die oog kan ook voorkom. Jeuk van die oog is meer algemeen in gevalle wat te wyte is aan allergieë.Azari, AA; Barney, NP (23 October 2013). Konjunktivitis kan een of albei oë aantas.

Die mees algemene aansteeklike oorsake is viraal gevolg deur bakterieël.Azari, AA; Barney, NP (23 October 2013). Die virale infeksie kan voorkom saam met ander simptome van 'n verkoue. Virusse en bakterieë versprei maklik tussen mense. Allergieë vir stuifmeel of dierehare is ook 'n algemene oorsaak.Azari, AA; Barney, NP (23 October 2013). Die diagnose word dikwels gebaseer op tekens en simptome. Soms word 'n monster (depper) van die afskeiding na 'n laboratorium gestuur vir 'n kweking.

Voorkoming word bevorder deur hande te was. Die behandeling word bepaal deur die onderliggende oorsaak."Facts About Pink Eye". In die meerderheid van virale gevalle is daar geen spesifieke behandeling nie.Azari, AA; Barney, NP (23 October 2013). Meeste bakteriële infeksies sal opklaar sonder behandeling; die gebruik van antibiotika kan egter die verloop van die siekte verkort.Azari, AA; Barney, NP (23 October 2013). Mense wat kontaklense dra en diegene met óf gonorree of klamidia as die oorsaak van hul pienkoog moet behandel word. Allergiese gevalle kan behandel word met antihistamien of mas-sel inhibeermiddel.Azari, AA; Barney, NP (23 October 2013).

Ongeveer 3 tot 6 miljoen mense kry elke jaar konjunktivitis in die Verenigde State van Amerika.Azari, AA; Barney, NP (23 October 2013).  Virale oorsake is meer algemeen in volwassenes, terwyl bakteriële oorsake meer algemeen is in kinders.Azari, AA; Barney, NP (23 October 2013). Mense ervaar beterskap binne een tot twee weke.Azari, AA; Barney, NP (23 October 2013). Verdere diagnose en behandeling mag nodig wees wanneer daar visuele verlies, aansienlike pyn, sensitiwiteit vir lig, tekens van herpes of 'n persoon is wat nie binne 'n week beterskap toon nie.Azari, AA; Barney, NP (23 October 2013). Konjunktivitis in pasgebore babas, wat bekend staan as neonatale konjunktivitis, mag ook spesifieke behandeling vereis.

Tekens en simptome Rooi oë, swelling van die bindvlies en waterige oë is die simptome in alle vorme van konjunktivitis. Die pupille moet egter normaal reaktief wees en die gesigskerpte normaal.

Viraal duimnael|Konjunktivitis wat deur 'n virale infeksie veroorsaak is en bloeding tot gevolg het. Virale konjunktivitis hou dikwels verband met 'n infeksie van die boonste lugweë, 'n gewone verkoue en/of 'n seer keel. Die simptome sluit in oormatige waterigheid en jeuk. Die infeksie begin gewoonlik met die een oog maar kan maklik na die ander oog versprei.

Virale konjunktivitis toon 'n fyn, verspreide pienkerige kleur van die konjunktiva, wat maklik verkeerdelik aangesien word as die siliêre infeksie van iris (Iritis), maar daar is gewoonlik bevestigende tekens op mikroskopie, veral talle limfoïede follikels op die tarsale oogbindvlies, en soms gespikkelde keratitis.

Ander virusse wat die oog kan besmet sluit in Herpes simpleks-virus en Varicella zoster.Forbes BA, Sahm DF, Weissfeld AS.

Allergie regs|duimnael|'n Oog met allergiese konjunktivitis wat konjunktiewe edeem vertoon. Allergiese konjunktivitis is die ontsteking van die konjunktiva (die membraan wat die wit deel van die oog bedek) as gevolg van allergie.Bielory L, Friedlaender MH (February 2008).

Simptome behels rooiheid van die oog (hoofsaaklik as gevolg van vasodilatasie van die perifere klein bloedvate), swelling van die konjunktiva, jeuk en 'n verhoogde produksie van trane. Wanneer hierdie simptome gekombineer word met rinitis, word die toestand  "allergiese rhinokonjunktivitis" genoem. Die simptome is te wyte aan die vrystelling van histamien en ander aktiewe stowwe deur die mastselle, wat dilatasie van bloedvate stimuleer, die senuwee-eindpunte irriteer en die afskeiding van trane verhoog.

Bakterieel regs|duimnael|'n Oog met bakteriële konjunktivitis Bakteriële konjunktivitis veroorsaak die vinnige aanvang van konjunktiewe rooiheid, swelling van die ooglid, en mucopurulent afskeiding (bestaande uit slym en etter). Simptome ontwikkel tipies eers in die een oog, maar kan uitbrei na die ander oog binne 2-5 dae. Bakteriële konjunktivitis as gevolg van piogene (ettervormende) bakterieë veroorsaak hewige grinterigheid/irritasie en 'n draderige, ondeurskynende, grys of geel mukopurulente afskeiding wat kan veroorsaak dat die ooglede aan mekaar vassit – veral nadat mens geslaap het. Ernstige korsvorming van die besmette oog en die omliggende vel kan ook voorkom. Die krapperige gevoel is soms gelokaliseerd genoeg vir pasiënte om te glo dat  daar 'n vreemde voorwerp in die oog is. Algemene bakterieë verantwoordelik vir nie-akute bakteriële konjunktivitis is stafilokokkusse en streptokokkusse."Pink Eye (Conjunctivitis)".

Chemies Chemiese oogbesering is die gevolg van óf 'n suur óf alkaliese stof wat in die oog beland.Zentani A, Burslem J (December 2009). Alkalië brand gewoonlik erger as suur.Hodge C, Lawless M (July 2008). Ligte brandwonde sal konjunktivitis veroorsaak, terwyl meer ernstige brandwonde kan veroorsaak dat die kornea wit word.Hodge C, Lawless M (July 2008). Lakmoespapier is 'n maklike manier om 'n diagnose te maak deur te verifieer of die pH binne die normale 7.0—7.2 is.Zentani A, Burslem J (December 2009). Uitspoeling van die oog in groot volumes  is die voorkeurbehandeling en moet voortgaan totdat die pH 6-8 is.Hodge C, Lawless M (July 2008).  Verdowende oogdruppels kan gebruik word om die pyn te verlig.Hodge C, Lawless M (July 2008).

Konjunktivitis wat deur prikkelmiddels of gif veroorsaak word, vertoon opmerklik rooi. Sommige chemikalieë, veral bytende alkalië soos natriumhidroksied, kan nekrose (afsterwing) van die konjunktiva veroorsaak met die wit van die oog bedrieglik wit as gevolg van vaskulêre afsluiting, gevolg deur vervelling van die dooie epiteel.

Oorsake Konjunktivitis wat veroorsaak word deur 'n infeksie is gewoonlik die gevolg van 'n virale infeksie.Azari, AA; Barney, NP (23 October 2013). Bakteriële infeksies, allergieë, irriteermiddels en droogheid is ook algemene oorsake. Beide bakteriële en virale infeksies is aansteeklik en word oorgedra van persoon tot persoon, maar kan ook versprei deur besmette voorwerpe of water.

Die mees algemene oorsaak van virale konjunktivitis is adenovirusse (sien: Adenovirale keratokonjuntivitis).Yanoff, Myron; Duker, Jay S. (2008).Lévêque N, Huguet P, Norder H, Chomel JJ (April 2010).

Die mees algemene oorsake van akute bakteriële konjunktivitis is Stafilokokkus aureus, Streptokokkus pneumoniae, en Haemophilus influenzae.Yanoff, Myron; Duker, Jay S. (2008).  Chroniese gevalle van bakteriële konjunktivitis is daardie wat langer as 3 weke duur en word gewoonlik veroorsaak deur Stafilokokkus aureus, Moraxella lacunata, of gram-negatiewe enteriese flora.

Konjunktivitis kan ook veroorsaak word deur allergene soos stuifmeel, parfuum, skoonheidsmiddels, rook,"Allergic Conjunctivitis" . familydoctor.org. stofmyte en oogdruppels."What Is Allergic Conjunctivitis?

Konjunktivitis is deel van die driegroep van reaktiewe artritis wat vermoedelik veroorsaak word deur 'n outo-immuun kruis-reaktiwiteit;  wat die gevolg is van sekere bakteriese infeksies. Reaktiewe artritis word meestal geassosieer met HLA-B27. Konjunktivitis word geassosieer met die  outo-immuun siekte terugkerende polychondritis.Puéchal, X; Terrier, B; Mouthon, L; Costedoat-Chalumeau, N; Guillevin, L; Le Jeunne, C (March 2014).Cantarini, Luca; Vitale, Antonio; Brizi, Maria Giuseppina; Caso, Francesco; Frediani, Bruno; Punzi, Leonardo; Galeazzi, Mauro; Rigante, Donato (2014).

Diagnose Kwekings word selde geneem of benodig omdat die meeste gevalle opklaar oor tyd of met tipiese antibiotika. Deppers vir bakteriële kwekings is nodig as die geskiedenis en tekens dui op bakteriële konjunktivitis, maar dit reageer nie op behandeling met topikale antibiotika nie. Virale kweking kan toepaslik wees in epidemiese gevalle.

'n Velpriktoets of velpaktoets word gebruik om die veroorsakende allergeen te identifiseer indien konjunktivitis veroorsaak word deur allergieë.Mark J. Mannis; Marian S. Macsai; Arthur C. Huntley (1996).

Klassifikasie Klassifikasie kan gedoen word hetsy volgens die oorsaak of die omvang van die ontsteekte gebied.

Differensiële diagnose Daar is talle ernstige toestande waar rooi oog teenwoordig is soos bv. aansteeklike keratitis, toehoek gloukoom en iritis. Hierdie toestande vereis die dringende aandag van 'n oftalmoloog. Die tekens wat hierdie toestande meebring sluit in afname in visie, verhoogde sensitiwiteit vir lig, onvermoë om oog oop te hou, 'n pupil wat nie op lig reageer nie en erge hoofpyn met gepaardgaande naarheid.Longo, DL (2012). Indien enige van hierdie simptome prominent is, is dit belangrik om ander toestande in aanmerking te neem. Dit sluit in gloukoom, uveitis, keratitis en selfs meningitis of karotis-kaverneuse fistel.

Voorkoming Die beste effektiewe voorkoming is higiëne en om nie die oë met besmette hande te vryf nie. Inenting teen adenovirus, haemophilus influenzae, pneumokokkus, en Neisseria meningitis is ook effektief.

Hantering Konjunktivitis klaar in 65% van die gevalle sonder behandeling op – binne twee tot vyf dae. Die gebruik van antibiotika is in die meeste gevalle onnodig.Rose P (August 2007).

Epidemiologie Konjunktivitis is die mees algemene oog siekte.Smeltzer, Suzanne C. (2010).

Geskiedenis 'n Voormalige superintendent van die Plaaslike Instituut van Oftalmologie in Madras (die hedendaagse Chennai) Tamil Nadu, Indië, Kirk Patrick, was die eerste wat die adenovirus ontdek het wat konjunktivitis veroorsaak – daarom die naam "Madras-oog" vir die siekte."Chennai's medical history unveiled" .

Verwysings

Kategorie:Siektes