duimnael|200px|Voorbeeld van die tipiese tekenstyl vir 'n anime-karakter. Anime (Japannees: アニメ (skakel=File:Ja-Anime.oga|13x13px luister)</small>) is Japannese handgetekende of rekenaaranimasie. Die woord is die verkorte uitspraak van "animasie" in Japannees, waar hierdie term na alle animasie verwys."What is Anime?" Buite Japan word anime gebruik om spesifiek na animasie uit Japan te verwys of na 'n Japannese animasiestyl wat dikwels gekenmerk word deur kleurvolle grafika, lewendige karakters en fantasietemas. Bes moontlik kan die stileringbenadering tot die betekenis dit moontlik maak dat anime in ander lande as Japan gemaak kan word.Rush, Amanda (12 Julie 2013).O'Brien, Chris (30 Julie 2012).Fakhruddin, Mufaddal. Om dit eenvoudig te hou, beskou baie Westerlinge anime as slegs 'n animasieproduk van Japan. Sommige vakkundiges gee te kenne dat deur anime as spesifiek of eg Japannees te definieer, dit op 'n nuwe vorm van oriëntalisme kan dui.
Die vroegste kommersiële Japannese animasie dateer uit 1917. Die produksie van animewerke in Japan het sedertdien geleidelik toegeneem. Die kenmerkende animekunsstyl het in die 1960's ontstaan met die werke van Osamu Tezuka. Dit het in die laat twintigste eeu internasionaal versprei en só 'n groot plaaslike en internasionale gehoor ontwikkel. Anime word in teaters, deur televisie-uitsendings, direk na tuismedia en oor die internet versprei. Dit word in verskeie genres geklassifiseer wat op verskillende algemene en nisgehore fokus.
Anime is 'n uiteenlopende kunsvorm met kenmerkende produksiemetodes en -tegnieke wat met die verloop van tyd met nuwe tegnologie aangepas is. Dit bestaan uit 'n ideale storievertel-meganisme, wat grafiese kuns, karakterisering, kinematografie en ander vorme van verbeeldingryke en individualistiese tegnieke kombineer. Die produksie van anime fokus minder op die animasie van beweging en meer op die realisme van die toneelplasing, asook die gebruik van kamera-effekte, insluitend panning, zoem en hoekskote. Aangesien anime per hand geteken word, word dit van die werklikheid geskei deur 'n belangrike fiksiegaping, wat 'n ideale pad na ontvlugting bied waarin gehore hulself met relatiewe gemak kan verdiep. Uiteenlopende kunsstyle word gebruik en karakters se proporsies en gelaatstrekke kan baie uiteenlopend wees, wat kenmerkend groot, emosionele of realisties grootte oë insluit.
Die animebedryf bestaan uit meer as 430 produksie-ateljees, insluitend groot name soos Studio Ghibli, Gainax en Toei Animation. Al bestaan dit net uit 'n klein deeltjie van Japan se plaaslike rolprentmark, maak anime die meerderheid van Japan se DVD-verkope uit. Dit het ook internasionale sukses behaal sedert al hoe meer titels in Engels oorgeklank is. Hierdie toename in internasionale gewildheid het gelei tot nie-Japannese produksies wat die animekunsstyl gebruik, maar hierdie werke word gewoonlik as animasie wat deur anime beïnvloed is beskryf, eerder as egte anime.
Definisie en gebruik Anime is 'n kunsvorm, spesifiek animasie, wat alle genres in die rolprentkuns insluit, maar dit word verkeerdelik as 'n genre geklassifiseer. In Japannees verwys die term anime na alle vorme van animasie van regoor die wêreld."Tezuka: The Marvel of Manga – Education Kit" (PDF). In Engels word anime meer beperkend gebruik om 'n "Japannese styl geanimeerde rolprent of TV-vermaak" aan te dui of as " 'n styl van animasie wat in Japan geskep is"."Anime" .
Die etimologie van die woord anime is omstrede. Die Engelse term "animation" word in Japannees geskryf as katakana -- アニメーション (animēshon, uitgespreek [animeːɕoɴ])"Anime News Network Lexicon – Anime". en is アニメ (anime) in sy verkorte vorm. Sommige bronne beweer anime is afgelei van die Franse term vir animasie, dessin animé,"Etymology Dictionary Reference: Anime".Schodt, Frederik L. (18 Augustus 1997). maar ander glo dit is 'n mite wat ontstaan het uit die Franse gewildheid van die medium in die laat 1970's en 1980's. In Engels funksioneer anime - wanneer dit as 'n selfstandige naamwoord gebruik word - normaalweg as 'n massanaamwoord (byvoorbeeld: "Kyk jy anime?" of "Hoeveel anime het jy al versamel?")American Heritage Dictionary, 4de uitg.; Dictionary.com Unabridged (v 1.1). Voor die algemene gebruik van anime was die term Japanimation algemeen in die 1970's en 1980's. In die middel-1980's het die term anime Japanimation begin verdring. Die term kom nou net in pediodewerk voor, waar dit gebruik word om Japannese animasie te onderskei en te identifiseer.
Die woord anime is ook al gekritiseer, byvoorbeeld in 1987, toe Hayao Miyazaki gesê het hy verag die verkorte woord anime want vir hom verteenwoordig dit die troosteloosheid van die Japanse animasiebedryf. Hy het die troosteloosheid in verband gebring met animeerders se gebrek aan motivering en massa-geproduseerde té ekspressiewe produkte wat staatmaak op vaste ikonografie vir gesigsuitdrukkings en uitgerekte en oordrewe aksietonele, maar met 'n gebrek aan diepte en sofistikasie omdat hulle nie probeer om emosie of idees weer te gee nie.Miyazaki, Hayao (31 Julie 1996).
Formaat Die eerste formaat van anime was vir rolprentteaters wat aanvanklik in 1917 met kommersiële produksie begin het."Some remarks on the first Japanese animation films in 1917" (PDF). Aan die begin was die geanimeerde blaaie onafgewerk en het dele van gespeelde musiekopnames benodig, voordat klank en stemdele later by produksies gevoeg is. Op 14 Julie 1958 het Nippon Televisie Mogura no Abanchūru ("Mole's Adventure") uitgesaai, wat sowel die eerste uitgesaaide anime as die eerste anime in kleur was."Oldest TV Anime's Color Screenshots Posted". Dit was eers teen die 1960's dat die eerste televisiereeks uitgesaai is, en het sedertdien 'n gewilde medium gebly. Werke wat regstreeks in videoformaat uitgereik word, word "oorspronklike videoanimasie" (OVA) genoem; dit word gewoonlik nie aan teaters uitgereik of op TV uitgesaai voordat dit as tuismedia uitgereik is nie. "Original Animation Video (OAV/OVA)". Die ontstaan van die internet het daartoe gelei dat sommige animeerders hulle werk aanlyn versprei in 'n formaat wat "oorspronklike net-anime" genoem word."Original Net Anime (ONA)".
Die tuisverspreiding van anime-uitreikings het in die 1980's gewild geword met die VHS- en laserskyf-formate. Die VHS NTSC-videoformaat wat in sowel Japan as die VSA gebruik is, word beskou as een van die redes vir die groeiende gewildheid van anime in die 1990's. Die laserskyf- en VHS-formaat is vervang deur die DVD-formaat, wat unieke voordele gebied het, onder meer onderskrifte in verskillende tale en oorgeklankte snitte op dieselfde skyf. Die DVD-formaat het ook sy nadele in die gebruik van streekskodering, wat die bedryf aanvaar het om lisensie-, roofkopiëring- en uitvoerprobleme die hoof te bied. Die DVD is dan beperk tot die streek wat die DVD-speler aandui. Die Video CD (VCD)-format was gewild in Hongkong en Taiwan, maar het net 'n mindere formaat in die VSA geword, wat vereenselwig is met roofkopieë.
Geskiedenis links|duimnael|'n Raampie uit Namakura Gatana, die vroegste oorlewende Japannese geanimeerde kortfliek wat in 1917 vir bioskope vervaardig is Japannese animasie het in die vroeë 20ste eeu begin, toe Japannese rolprentmakers geëksperimenteer het met die animasietegnieke waarin baanbrekerswerk ook in Frankryk, Duitsland, die VSA en Rusland gedoen is.Schodt, Frederik L. (18 Augustus 1997). Na bewering is die vroegste Japannese animasie Katsudō Shashin, 'n ongedateerde en private werk deur 'n onbekende skepper.Clements, Jonathan, en Helen McCarthy. Die eerste professionele werke wat in die openbaar vertoon is, het in 1917 begin verskyn. Animeerders soos Ōten Shimokawa en Seitarou Kitayama het talle werke geproduseer, met die oudste oorlewende fliek een van Kouchi, Namakura Gatana, 'n twee minuut lange kortfliek oor 'n samoerai wat 'n nuwe swaard op sy teiken uitprobeer, net om 'n nederlaag te ly."Japan's oldest animation films" ."Historic 91-year-old anime discovered in Osaka". Die Groot Kantō-aardbewing van 1923 het wydverspreide vernietiging van Japan se infrastruktuur tot gevolg gehad, asook van Shimokawa se pakhuis, waar die meeste van hierdie vroeë werke vernietig is.
Teen die 1930's was animasie in Japan goed gevestig as 'n alternatiewe formaat vir die lewendige-aksie-bedryf. Dit het mededinging gekry van buitelandse produsente en baie animeerders, soos Noburō Ōfuji en Yasuji Murata, wat steeds in goedkoper uitknipselanimasie gewerk het pleks van raampieanimasie.Sharp, Jasper (23 September 2004). Ander skeppers, Kenzō Masaoka en Mitsuyo Seo, het nietemin groot vordering gemaak in animasietegnieke; hulle het voordeel getrek uit begunstiging van die regering, wat animeerders in diens geneem het om opvoedkundige kortflieks en propaganda te vervaardig.Yamaguchi, Katsunori; Yasushi Watanabe (1977). Die eerste praatfliek-anime was Chikara to Onna no Yo no Naka, vervaardig deur Masaoka in 1933.Baricordi, Andrea; de Giovanni, Massimiliano; Pietroni, Andrea; Rossi, Barbara; Tunesi, Sabrina (Desember 2000).Japan: An Illustrated Encyclopedia. Teen 1940 was daar talle anime-kunstenaarsorganisasies, insluitend die Shin Mangaha Shudan en Shin Nippon Mangaka."What is Anime?" Die eerste vollengte geanimeerde rolprent was Momotaro's Divine Sea Warriors, in 1944 met regie deur Seo en 'n borgskap van die Keiserlike Japanse Vloot.Amptelike brosjure, The Roots of Japanese Anime, DVD, Zakka Films, 2009. duimnael|'n Raampie uit Momotaro's Divine Sea Warriors (1944), die eerste vollengte-anime-rolprent Die sukses van The Walt Disney Company se 1937-speelprent Snow White and the Seven Dwarfs het baie Japanse animeerders sterk beïnvoed."A Brief History of Anime" . In die 1960's het die mangakunstenaar en animeerder Osamu Tezuka baie Disney-animasietegnieke aangepas en vereenvoudig om koste te verminder en die aantal raampies in produksies te beperk. Hy het dit as 'n tydelike maatreël beskou om hom in staat te stel om materiaal op 'n knap skedule met onervare animasiepersoneel te vervaardig.Zagzoug, Marwa (April 2001). Mittsu no Hanashi (Drie verhale), wat in 1960 uitgesaai is, was die eerste anime wat op televisie vertoon is. Die eerste anime-TV-reeks was Otogi Manga Karenda (Otogi Manga-kalender) wat van 1961 tot 1964 uitgesaai is.
Die 1970's het die gewildheid van manga, Japannese strokiesboeke en grafiese romans skerp toegeneem, waarvan baie later animasie gemaak is. Die werke van Osamu Tezuka het veral aandag getrek: hy staan bekend as 'n "legende"Ohara, Atsushi (11 Mei 2006). "5 missing manga pieces by Osamu Tezuka found in U.S". en die "god van manga"."Dr. Osamu Tezuka".Gravett, Paul (2003). Sy werk – en die van ander baanbrekers op dié terrein – het eienskappe en genres geïnspireer wat tot vandag toe grondliggende elemente van anime uitmaak. Die reuse robot-genre (wat bekend staan as "mecha" buite Japan) het byvoorbeeld onder Tezuka vorm aangeneem, is ontwikkel in die Superrobot-genre onder Go Nagai en ander, en is aan die einde van die dekade totaal hervorm deur Yoshiyuki Tomino wat die Werklike Robot-genre ontwikkel het. Robot-anime soos Gundam en The Super Dimension Fortress Macross-reeks het in die 1980's oornag klassieke werke geword, en die robotgenre van anime is vandag steeds een van die mees algemene genres in Japan en in die wêreld. In die 1980's het anime meer aanvaarbaar in die hoofstroom in Japan (hoewel minder as manga) geword, wat gelei het tot 'n oplewing in produksie. Na 'n paar suksesvolle aanpassings van anime in oorsese markte in die 1980's, het anime al hoe meer aanvaarding in dié markte in die 1990's beleef, en selfs meer teen die begin van die 21ste eeu. In 2002 het Spirited Away, 'n Studio Ghibli-produksie met regie deur Hayao Miyazaki, die Goue Beer by die Berlyn Internasionale Rolprentfees gewen en in 2003 is dit by die 75ste Oscar-toekenningsaand as die Beste Geanimeerde Vollengte Fliek aangewys.
Genres