Die Tweesaal-bokvis (Parupeneus trifasciatus) is 'n vis wat in die Indiese Oseaan, Oman en aan die ooskus van Afrika tot by die noorde van KwaZulu-Natal voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Two-saddle goatfish.

Identifikasie Die vis word tot 30 cm lank. Die vis se kleur wissel van geelgrys tot dofrooi en daar is twee breë, swart vertikale strepe oor die lyf net onder die dorsale vinne. Hulle leef in rotskusareas en aflandige koraalriwwe in water wat tot 80 m diep is.

Die vis is gewoonlik 'n alleenloper maar kom ook in pare voor. Hulle verkies sanderige en rommelareas aangrensend aan die rif en vreet bodemskaaldiere, wurms en slakke.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Eksterne skakel https://www.fishbase.de/summary/Parupeneus-trifasciatus.html

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Kategorie:Beenvisse