Mbongeni Theo Mbonambi (gebore te Bethlehem, Vrystaat, 7 Januarie 1991) is 'n rugbyspeler wat vir die Westelike Provinsie in die Curriebeker en die in Superrugby speel. Hy was ook deel van Suid-Afrika se wenspan tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2019 en 2023.

Springbokrugby Mbonambi is op 28 Mei 2016 ingesluit in 'n 31-man Springbokspan vir hul toetsreeks van drie wedstryde teen 'n Ierse toerspan, en weer in Junie 2017 teen 'n Franse toerspan. Hy druk sy eerste toetsdrie op 24 Junie 2017 teen die Franse op Ellispark.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Stormers rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Zoeloes