Die 2016-Rugbykampioenskapsreeks was die vyfde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Suid-Afrika, Argentinië, Australië en Nieu-Seeland. Die reeks is vanaf 20 Augustus tot 8 Oktober 2016 gespeel, later as in 2015, omrede die Olimpiese Spele nog plaasgevind het. Die lande se spanne word onderskeidelik die Springbokke, Pumas, Wallabies en All Blacks genoem. Nieu-Seeland het die toernooi vir die 14de keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat en die Poematrofee weggestap het.
Die toernooi is deur SANZAAR georganiseer, ’n konsortium wat sedert 2012 uit die vier lande se rugbyfederasies bestaan.
Formaat Die formaat vir die 2016-toernooi was soortgelyk aan dié van die vorige jare. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en twaalf in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart Nasie Wedstryde Punte Bonuspunte Ligapunte Speel Wen Gelyk Verloor Vir Teen Verskil1 6 6 0 0 262 84 +178 6 302 6 3 0 3 119 147 −28 1 133 6 2 0 4 117 180 −63 2 104 6 1 0 5 129 216 −87 1 5
Wedstryddatums DatumDatumWeek 120 AugustusWeek 417 SeptemberWeek 227 AugustusWeek 51 OktoberWeek 310 SeptemberWeek 68 Oktober
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5
Week 6
Rugbykampioenskapreekskampioen 2016
Statistiek Meeste punte en drieë Meeste punte aangeteken: Naam Punte 1 Beauden Barrett 81 2 Bernard Foley 53 Nicolás Sánchez 4 Morné Steyn 42 5 Juan Imhoff 33 Meeste drieë gedruk: Naam Drieë 1 Israel Dagg 5 Ben Smith 3 Beauden Barrett 4 Ryan Crotty TJ Perenara Julian Savea
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels 2016-Rugbykampioenskapreeks op ESPNscrum
Kategorie:Die Rugbykampioenskap Kategorie:Sport in 2016