Ballyhoo is 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep. Die groep is veral bekend vir hulle treffer, Man on the moon, wat 19 weke lank op die treffersparade was en die nommer een posisie bereik het.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Die groep is in 1974 in Johannesburg gestig. Die oorspronklike lede was Derrick Dryan (sang), Attic van Wyk (klawerbord), Mick Matthews (sang en kitare), Fergie Ferguson (baskitaar en sang) en Cedric Samson (tromme). Hulle eerste album, Ballyhoo, is in 1976 vrygestel.

Die groep bestaan steeds met Ashley Brokensha, Derrick Dryan en Fergie Ferguson as lede. Attie van Wyk het in 1989 die maatskappy Big Concerts begin, wat konserte vir veral oorsese kunstenaars reël.

Diskografie Ballyhoo (1976) Standing Room Only (1977) Man On The Moon (1981) Ballyhoo Too (1982) Alive (1989)

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe