Die Geelspikkel-skerpioenvis (Sebastapistes cyanostigma) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Yellowspotted scorpionfish.
Identifikasie Die vis word tot 8 cm groot en is 'n klein vissie; die lyf is pienk tot rooi en bedek met klein wit kolletjies en groot geel vlekke. Die vinne is geel. Hulle leef in aflandige koraalriwwe in water wat 2 tot 30 m diep is in die onstuimige gedeeltes van die riwwe tussen die takke van die Pocillopora koraalplante. Die visse leef as alleenlopers of in klein groepies saam. Hulle jag snags wanneer die kop uit die skuiling gestoot word om verbygaande vis en skaaldiere te vang. Die vis is seldsaam.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakels http://www.fishbase.org/summary/Sebastapistes-cyanostigma.html
Kategorie:Straalvinvisse