Makhenkesi Arnold Stofile (27 Desember 1944 – 15 Augustus 2016) was 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy was die Minister van Sport en Ontspanning van 2004 tot 2010.http://www.iol.co.za/sport/sascoc-welcome-mbalula-s-appointment-1.690854 Ten tye van sy dood was hy 'n ambassadeur in Duitsland.http://www.suedafrika.org/en/news-archive/newsarchive-details/datum////accreditation-of-ambassador-reverend-dr-makhenkesi-arnold-stofile.html

Stofile is in Adelaide in die Oos-Kaap gebore. Hy het vir 'n meestersgraad in teologie aan die Universiteit van Fort Hare studeer. In 1983 het hy 'n MA van die Princeton-universiteit verwerf.

Stofile het in 1963 by die African National Congress aangesluit. Hy is deur die destydse Ciskeise regering vir die herberg van terroriste aangekla en is drie jaar tronkstraf opgelê.

Hy was ook 'n geordende predikant van die Verenigende Presbiteriaanse Kerk in Suider-Afrika.

Stofile was nie net 'n politikus en kerkmens nie, maar ook 'n sportman in eie reg. Hy het op skrumskakel en vleuel vir die Grens uitgedraf. Hy het ook nie-rassige sport bepleit. In 1984 is hy na Nieu-Seeland, waar hy 'n suksesvolle veldtog teen die All Blacks se beplande toer na Suid-Afrika gevoer het.

Ná die verkiesing van 1994 was Stofile die ANC se hoofsweep in die Nasionale Vergadering. Hy het die posisie tot sy aanstelling as premier van die Oos-Kaap in 1997 beklee.

In 2009 was hy erg gekant teen die geslagstoetse wat die atleet Caster Semenya moes ondergaan, en het hy met 'n "derde wêreldoorlog" gedreig. Die toetse het bevind dat die atleet 'n hermafrodiet is.

Hy sterf op 15 Augustus 2016 in die ouderdom van 71 by sy huis in Alice, Oos-Kaap.http://www.news24.com/SouthAfrica/News/former-sports-minister-stofile- sterf-20160815

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van sport en ontspanning Kategorie:Geboortes in 1944 Kategorie:Sterftes in 2016 Kategorie:Suid-Afrikaanse ambassadeurs in Duitsland