duimnael|links|upright|Rous as skeidsregter by 'n wedstryd tussen Hongarye en Italië in 1933 Sir Stanley Ford Rous (25 April 1895 – 18 Julie 1986) was die 6de president van FIFA, van 1961 tot 1974. Van 1934 tot 1962 was hy die die sekretaris van die Engelse sokkerbond, asook 'n internasionale skeidsregter.
Rous was 'n sportonderwyser op Watford Boys Grammar School (waar hy, opvallend genoeg, dit regkry om die hoofsport van sokker na rugby te verander). Hy het sokker op amateursvlak gespeel en was 'n doelwagter.
Rous sterf in die ouderdom van 91 in Paddington (Londen) aan leukemie (bloedkanker). Hy is in die Westminster-abdy gegrawe.
Eksterne skakels Rous op die FIFA-webwerf
Kategorie:FIFA Kategorie:Britse sportlui Kategorie:Skeidsregters Kategorie:Geboortes in 1895 Kategorie:Sterftes in 1986