Eugène Henri Paul Gauguin (7 Junie 1848 – 8 Mei 1903) was ’n Franse postimpressionistiese kunstenaar. Hy het nie werklik erkenning gekry tot ná sy dood nie, maar word nou geloof vir sy eksperimentele gebruik van kleur en die sintetistiese styl, wat onderskei kan word van impressionisme. Sy werk het dié van die Franse avant-garde en baie moderne kunstenaars beïnvloed, byvoorbeeld dié van Pablo Picasso en Henri Matisse. Gauguin se kuns het ná sy dood gewild geword, deels danksy die pogings van die kunshandelaar Ambroise Vollard, wat uitstallings van sy werk gereël of help reël het. Baie van sy skilderye was in besit van die Rus Sergei Sjtsjoekin en ander belangrike versamelaars.
Hy was ’n belangrike figuur in die simbolistiese beweging as 'n skilder, beeldhouer, keramiekkunstenaar en skrywer. Sy gebruik van kleur het regstreeks tot die sintetistiese styl in moderne kuns gelei, terwyl sy uitbeelding van die inherente bedoeling van die mense in sy skilderye die weg gebaan het na primitivisme en die terugkeer na die landelike. Hy was ook ’n belangrike voorstander van houtgraverings en houtsneewerk as kunsvorms."Prints by Paul Gauguin", ArtServe: Australian National University."Woodcut and Wood Engraving". TheFreeDictionary.com.
Biografie Vroeë lewe Gauguin is in Parys, Frankryk, gebore as die seun van die joernalis Clovis Gauguin en Alina Maria Chazal, wie se pa lid was van ’n invloedryke Peruviaanse familie. In 1850Januszczak, Waldemar, Gauguin: The Full Story, BBC TV documentary. het die familie van Parys na Peru verhuis vanweë die politieke klimaat van destyds. Clovis is tydens die reis oorlede en die 18 maande oue Paul, sy ma en suster is alleen agtergelaat. Hulle het vier jaar lank in Lima gewoon, by sy ma se broer en dié se familie. Peruviaanse beelde sou later Gauguin se kuns beïnvloed.
duimnael|180px|Aline Marie Chazal Tristán, La mère de l'artiste ("Die Kunstenaar se Moeder"), 1889, Staatsgalery, Stuttgart. Dit was in Lima waar Gauguin die eerste keer met kuns kennis gemaak het. Sy ma het Pre-Colombiaanse pottebakkery bewonder en Inkapotte versamel. Later in sy lewe sou sy betowering deur antieke Peruviaanse kulture lei tot meer as 20 kunswerke wat deur ’n pre-Inka-mummie geïnspireer is.
Toe Gauguin sewe jaar oud was, het hy en sy familie na Frankryk teruggekeer en by sy oupa aan vaderskant in Orléans gaan woon. Gauguin het hier Frans geleer, hoewel sy eerste en verkose taal Peruviaanse Spaans gebly het.
Opvoeding en eerste werk Nadat hy ’n paar plaaslike skole bygewoon het, is Gauguin na die prestigeryke Rooms-Katolieke skool Petit Séminaire de La Chapelle-Saint-Mesmin gestuur.Gayford bl. 99–100 Hy was drie jaar lank in dié skool en op 14 is hy na die Loriol-instituut in Parys, ’n vlootskool, gestuur voordat hy na Orléans teruggekeer en sy studie aan die Lycée Jeanne D'Arc voltooi het. Hy het hierna ’n vlieëniersassistent in die handelsvloot geword. Drie jaar later het hy vir twee jaar by die Franse vloot aangesluit.Mathews bl. 14 Sy ma is op 7 Julie 1867 oorlede, maar hy het eers maande later daarvan uitgevind toe ’n brief van sy suster af hom in Indië bereik.Mathews bl. 18Perruchot bl. 44
In 1871 het Gauguin ’n aandelemakelaar in Parys geword en werk by die Paryse Beurs gekry. Hy het vir die volgende 11 jaar ’n suksesvolle sakeman geword. Hy het ’n goeie salaris verdien en ook in kuns handel gedryf. In 1882 het die Paryse Beurs in duie gestort en die aanvraag na kuns het afgeneem. Gauguin se inkomste het skerp gedaal en hy het eindelik besluit om voltyds te skilder.Thomson bl. 27Mathews bl. 48–9
Huwelik In 1873 is Gauguin getroud met ’n Deense vrou, Mette-Sophie Gad (1850–1920). Oor die volgende 10 jaar het hulle vyf kinders gehad: Émile (1874–1955), Aline (1877–1897), Clovis (1879–1900), Jean René (1881–1961) en Paul Rollon (1883–1961). Teen 1884 het Gauguin en sy gesin na Kopenhagen in Denemarke verhuis waar hy weer ’n sakeman geword het deur dekseile te verkoop. Dit was nie ’n sukses nie en Mette het die broodwinner geword deur Franse lesse te gee.Januszczak, Full Story.
Sy middelklasgesin en huwelik het uitmekaargeval toe hy voltyds begin skilder. Hy het in 1885 na Parys teruggekeer en hy en Mette is in 1894 uitmekaar.Mathews bl. 194, 210Thomson bl. 29, 182
Eerste skilderye duimnael|upright|Studie van ’n naakte vrou, 1880. In 1873, min of meer die tyd dat hy ’n aandelemakelaar geword het, het Gauguin deeltyds begin skilder. Sy Paryse lewe was gesentreer om die 9de arrondissement.Jean-François Staszak Naby sy huis was die kafees wat deur die impressioniste besoek is. Gauguin het ook kunsgalerye besoek en werk van opkomende kunstenaars gekoop. Hy het die Deens-Franse kunstenaar Camille Pissarro bevriendCindy Kang, Gauguin Biography, Heilbrunn Timeline of Art History, New York: The Metropolitan Museum of Art, 2000. en hom Sondae besoek om in sy tuin te skilder. Pissarro het hom aan verskeie ander kunstenaars voorgestel.
In 1877 het Gauguin oor die rivier na die armer, nuwer stedelike uitbreiding Vaugirard getrek. Hier het hy ’n ateljee gehad. Hy het in 1881 en 1882 skilderye vertoon in impressionistiese uitstallings. Sy skilderye het nie goeie resensies gekry nie hoewel sommige van hulle, soos Die Marktuine van Vaugirard, nou hoog aangeskryf word.Thomson bl. 22Mathews bl. 38–40
In die twee somers ná die ineenstorting van die Paryse Beurs het Gauguin saam met Pissarro en soms Paul Cézanne geskilder. In Oktober 1883 het hy besluit om ’n voltydse skilder te word en hy en sy gesin het na Rouen verhuis waar hulle goedkoper kon woon. Teen die einde van die jaar het Mette egter na Kopenhagen teruggekeer. Gauguin het haar in November 1884 gevolg en sy kunsversameling met hom saamgeneem (dit het daarna in Kopenhagen agtergebly).Thomson bl. 27–9Mathews bl. 52–6
Die lewe in Kopenhagen was egter nie makliker nie en Mette en haar familie het Gauguin gevra om na Parys terug te keer.Mathews bl. 56–62
Frankryk, 1885–'86 Gauguin het in Junie 1885 saam met sy sesjarige seun, Clovis, na Parys teruggekeer terwyl die res van die gesin in Kopenhagen agtergebly het. Dit was aanvanklik vir hom moeilik om weer by die Paryse kunswêreld betrokke te raak en hy het die eerste winter in armoede deurgebring. Clovis het eindelik siek geword en is na ’n kosskool gestuur met geld van Gauguin se suster Marie.Thompson bl. 38Mathews bl. 63–7 In dié jaar het hy min geskilder. In Mei 1886 het hy 19 skilderye en ’n houtreliëfwerk op ’n impressionistiese uitstalling vertoon. Die meeste was vroeëre werke van Rouen of Kopenhagen. Daar was ook niks nuuts in die paar nuwe skilderye nie, hoewel sy Baigneuses à Dieppe ("Swemmende Vroue") die bekendstelling was van wat later ’n herhalende motief sou word: vroue in die branders.
duimnael|Vier Bretonse Vroue, 1886, Neue Pinakothek, München. Die uitstalling het Georges Seurat gevestig as leier van die avant-garde-beweging in Paris. Gauguin het sy neo-impressionistiese, pointillistiese tegniek verwerp en later in die jaar was sy vriendskap met Pissarro ook tot niet – dié was daarna taamlik vyandig teenoor Gauguin.Thomson bl. 39–41Mathews bl. 67–8
Gauguin het die somer van 1886 in die kunstenaarskolonie Pont-Aven in Bretagne deurgebring. Dit was nie net goedkoop om daar te woon nie, maar hy was ook gewild onder die jong kunsstudente wat elke somer daarheen gestroom het. Hy is in dié tyd onthou vir beide sy eksentrieke voorkoms en sy kuns. Onder sy nuwe kennisse was Charles Laval, wat Gauguin die volgende jaar na Panama en Martinique vergesel het.Mathews bl. 70–3Thomson bl. 42–49
Daardie somer het hy ’n paar skilderye geskilder van naakte figure in die styl van Pissarro en Degas. Die meeste was landskappe soos La Bergère Bretonne (Die Bretonse Herderin), waarin die figuur ’n ondergeskikte rol speel. Sy Jeunes Bretons au bain (Jong Bretonse Seuns wat Swem), wat ’n tema bekendstel waarheen hy altyd teruggekeer het wanneer hy Pont-Aven besoek het, is duidelik onder invloed van Degas in die ontwerp en gebruik van kleur. Die naïewe tekeninge van die Engelse kunstenaar Randolph Caldecott, wat gebruik is om ’n gewilde gids oor Bretagne te illustreer, het die aandag getrek van die avant-garde-kunsstudente van Pont-Aven, wat gretig was om hulself te bevry van die konserwatisme van hul akademies, en Gauguin het hulle doelbewus nageboots in sy sketse van Bretonse meisies.Blackburn (1880) Hy het dié sketse later in sy Paryse ateljee in skilderye omskep. Die belangrikste een was Vier Bretonse Vroue – dit toon ’n duidelik wegbreek van sy vroeëre impressionistiese styl en bevat terselfdertyd iets van die naïwiteit van Caldecott se illustrasies, waarin eienskappe so oordrewe uitgebeeld word dat dit byna karikatuuragtig is.Mathews bl. 74–5
Gauguin het saam met Émile Bernard, Charles Laval, Émile Schuffenecker en baie ander na Pont-Aven teruggekeer ná sy reise in Panama en Martinique. Die gebruik van kleur en die simbolistiese keuse van voorwerpe onderskei dit wat nou bekend is as die Pont-Aven-skool. Gauguin was teleurgesteld deur impressionisme. Hy het gevoel die tradisionele Europese skildery was te nabootsend en dat dit simboliese diepte kortkom. Daarteenoor was die kuns van Afrika en Asië vir hom vol mistieke simbolisme en energie.
Die kuns van ander kulture was in dié tyd gewild in Europa, veral dié van Japan, en Gauguin is in 1889 genooi om aan ’n belangrike uitstalling deel te neem waar net genooide kunstenaars werke kon tentoonstel.
Cloisonnisme en sintetisme Onder die invloed van volkskuns en Japannese drukwerk het Gauguin se werk gevorder tot cloisonnisme, ’n styl wat sy naam gekry het by die resensent Édouard Dujardin vanweë Émile Bernard se metode om plat beelde met sterk kleure en buitelyne te skilder. Dit het Dujardin herinner aan die Middeleeuse cloisonné-emaljetegniek. Gauguin was ’n aanhanger van Bernard se kuns en sy toepassing van ’n styl wat Gauguin gepas het in sy soeke daarna om die essensie van ’n voorwerp vas te vang.
In Die Geel Christus (1889), wat dikwels beskryf word as ’n tipiese cloisonnistiese werk, is die beeld gedegradeer tot areas van suiwer kleur wat deur dik swart buitelyne geskei word. In sulke werke het Gauguin min aandag aan klassieke perspektief en subtiele veranderings van kleur gegee, en so die twee mees tipiese eienskappe van post-Renaissance-skilderwerk geïgnoreer. Sy werk het later ontwikkel in die rigting van sintetisme, waarin nie vorm of kleur oorheers nie, maar ’n ewe groot rol speel.
Martinique duimnael|upright|Martinique-landskap 1887, Skotse Nasionale Galery. In 1887, nadat Gauguin Panama besoek het, het hy sowat ses maande naby Saint-Pierre in Martinique deurgebring saam met sy vriend die kunstenaar Charles Laval. Sy gedagtes en ondervindings van dié tyd is vasgevang in sy briewe aan sy vrou, Mette, en sy kunstenaarsvriend Emile Schuffenecker."Gauguin and Martinique," Karen Kristine Reichnitzer Pope, 1981.