Kristel Loots (1947- ) is ’n pryswennende Afrikaanse skrywer van liefdesverhale. Die skrywer Sonja Loots is haar dogter, haar seun Werner Loots, en haar man is Willem Loots, en haar kleinkinders Henri Malan, Stella Malan, Noe Loots en Florence Loots.

Lewe en werk Kristel Nortjé is op 14 Desember 1947 in Port Elizabeth gebore. Haar ouers is die predikant Albertus Johannes Nortjé en die tuisteskepper Johanna Jacomina Fourie.ATKV-Skrywersalbum op LitNet, gedateer 31 Mei 2012. www.litnet.co.za Hierdie profiel is sedertdien van die webwerf verwyder Sy en haar broer Marius word groot in Despatch,Onderhoud met Jaybee Roux op Romanzalesers se webwerf: https://romanzalesers.wordpress.com/boeke/kristel-loots/ waar sy haar hoërskoolopleiding kry aan die Hoërskool Despatch. Na skool studeer sy verder aan die Onderwyskollege op Graaff-Reinet, waar sy as onderwyseres kwalifiseer. Sy gee onderwys by die Krantzbosch Bosboustasie naby Knysna en in Oos-Londen, Kaapstad en Kimberley.Onderhoud met Carla van der Spuy op LitNet: http://www.litnet.co.za/kristel-loots-liefde-nie-net-vir-jong-bloed-nie/ Op Kimberley ontmoet sy vir Willem Loots, met wie sy trou. Hulle het twee kinders, Werner en Sonja. Sonja is die bekende skrywer van die romans “Spoor” en “Sirkusboere”. Die gesin trek as gevolg van Willem se werk heelwat rond, maar vestig hulle eindelik in Kaapstad, waar die kinders groot word.

Skryfwerk Kristel begin ernstig skryf wanneer die kinders uit die huis is en ongeveer 1991 begin sy om tydskrifverhale te skryf. Haar eerste verhaal word deur Huisgenoot aanvaar en sy woon kort daarna ’n kursus by die ATKV-skryfskool in Stellenbosch by, gelei deur Hans du Plessis en Petra Müller. Hierna word verskeie van haar kortverhale, novelles en vervolgverhale in Huisgenoot, Sarie, Rooi Rose en Landbouweekblad gepubliseer. Sy skryf ook uitsendings oor Vrouerubriek en Siembamba, terwyl van haar kortverhale in versamelbundels opgeneem word. Hierna is sy gereed om die liefdesverhaalgenre aan te pak en haar eerste roman, “Die agtervolger”, word in 1998 gepubliseer. “Dokter van drome” (2006)Liefdesverhale: http://www.liefdesverhale.co.za/authors/2286 is die liefdesgeskiedenis van Anastasia de Wit, wat onder ’n wolk by haar vorige tuiste en werk weg is. Sy kry ’n assistentpos by dokter Juan Harmse, ’n vooraanstaande plastiese chirurg. Hulle raak verlief, maar die geraamtes uit hulle albei se verlede verskyn weer om hulle liefde en lojaliteit te toets. In “Engel van my hart” (2007) sluit Breggie Bruwer in Londen aan by Graham Condor, ’n man wat sy op die Internet ontmoet het. Die werklikheid is egter anders as wat die voorstelling op die webwerf is. In “Aspoesterskoene” (2009) woon Sarah in Bloemfontein met ’n liefdelose man (Christian) en rebelse seun (Waldo), met weinig inspirasie uit haar werk as vertaler. As oud-hoofmeisie word sy gevra om te help met reëlings vir die reünie van haar skool op Doringbaai aan die Weskus. Die oud-hoofseun is die skatryk Marius Malan. Sarah het ’n nuwe paar skoene nodig om haar meer selfvertroue te gee. “Muurblom” (2009) is Kristel Loots se eerste boek met ’n geestelike inslag. Die heldin, Karli, is nie die tipiese beeldskone heldin nie, inteendeel. Sy is volrond van figuur en breek dan weg om na ’n man te soek wat haar om haarself sal liefhê. Sy ontmoet egter nie net opregte mans nie en moet leer om te onderskei en te kies tussen liefde en begeerlikheid. Veral leer sy dat die waarheid vrymaak en dat liefde sondes kan bedek. “Voorskrif vir die hart” (2009) is in 2010 op die kortlys vir die toekenning van die ATKV se prys vir romanses. “’n Lipstiek-lewe” (2010)Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3ALoots%2C+Kristel%2C&qt=hot_author het die flerrie Roxy as hoofkarakter. Haar kollega Zander Muller vra haar om tydens ’n spanbou-naweek, waar sy pa die motiveringspreker sal wees, voor te gee dat hulle uitgaan. Hierdie plan het onverwagte en verreikende gevolge.

In “Troukoek maak nie vet nie” (2011) beland Dixie de Lange altyd in vreemde situasies wat maak dat mense haar nie ernstig opneem nie. Sy is terug onder haar ma se dak nadat sy voor die kansel gelos is. Na al die jare saam met Kurt het sy niks om daarvoor te wys nie en sy het selfs haar werk verloor. Dan word sy die bestuurder van haar suster se afgeleefde bruidsboetiekwinkel. In “Eendagmooi” (2012) vind Janeke Fourie ná ’n duistere verlede dat sy vir die derde keer swanger is. Sy het reeds ’n moeilike tienerdogter, Heidi, en ’n besige kleuterseuntjie. Haar man, Fanus Fourie, sien nie kans vir nog ’n kind nie en verlaat haar om in ’n hotel te gaan bly. “Eendagmooi” wen in 2013 die ATKV-prys vir liefdesromans. “Die ander vrou” (2013) is ’n vervolg op “Eendagmooi”. Fanus het ’n verhouding met Linda begin toe sy huwelik met Janeke in stormwater beland het. Hierdie boek spring weg met Linda en Fanus se wittebrood. Linda is die spreekwoordelike “ander vrou” van die titel. Reeds op hul wittebrood gaan dinge egter nie meer so lekker nie. Daar is steeds ’n hegte band tussen Fanus en Janeke, Linda vind die seksuoloog-predikant Makarios Moolman baie aantreklik en dan kom Kyla, Linda se tweelingsuster wat selfs mooier is as sy, ook op die toneel. Om sake verder deurmekaar te krap is daar ’n geheim uit Linda se jeug wat vroeër of later na vore sal moet kom. “Die ander vrou” is in 2014 op die kortlys vir die toekenning van die ATKV-prys vir liefdesromans. “Die engel rook skelm” (2014) het die verwarde Dezi Diedericks as hoofkarakter. Nadat haar Britse kêrel al haar geld steel, moet sy noodgedwonge huis toe kom. Sy besluit om te studeer, maar haar ma begin saam met haar klasloop en sy skop haar studies op. Sy kry werk as geleentheidsbeplanner, maar maak die fout om by die werk uit ’n koek te spring. Deur haar eie toedoen beland sy in vele ongemaklike situasies, maar dit wil tog lyk of sy stadigaan meer insig in die lewe kry. Veral toe sy die Mensa-lid Adam ontmoet. “Sushi en sjampanje” (2014) is ’n romantiese verhaal waarin Jacki haar geliefde toets deur ’n Facebook-profiel van ’n vrou te skep wat met hom kontak maak. Hierdie intrige het baie belofte, maar die virtuele karakter word te gou ontbloot, waarna die res van die verhaal resepmatig verloop. In “Katerina se mojo” (2015)Loots, Kristel Maroela Media: http://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-kristel-loots-praat-oor-haar-nuwe-boek-katerina-se-mojo/ is Katerina ’n doodgewone huisvrou, bietjie oorgewig en met ’n bedenklike selfbeeld. Haar dokterman Simon skeep haar af en prewel die naam van Jennifer, sy skynbaar pragtige kollega, in sy slaap. Simon wil Kanada toe emigreer, maar Katerina wil nie, veral nie toe sy hoor dat Jennifer ook op pad is Kanada toe nie .  ’n Paar misverstande lei tot ’n vinnige egskeiding, Simon vat die pad en Katerina sit in sak en as. Wanneer haar pa sterf, raak sy en Simon egter versoen. “’n Ander vrou se rok” (2015) se hoofkarakter is Zia Bekker, wat tweedehandse rokke koop, maar smag na ’n rok en ’n lewe wat werklik hare is. Sy probeer dan om haar lewe te verander deur ’n nuwe loopbaan te volg. Haar onderwyser-kêrel, Karel, steek nou ook sommer sleg af teen haar nuwe baas, Jack, die hoof van ’n advertensie-agentskap.

Publikasies JaarPublikasie1998Die agtervolgerSpeletjies1999Kersvlam van die hartKeuses2000’n Boerekugel in New YorkDie derde dogterLaat die wind daaroor waai2001’n MooiweersmanSieraad uit as’n Vreemde fees (in “3 van die bestes: Volume 3)” saam met verhale van Aletta Reitz en Ilse Steyn)Woorde in die wind: 10 treffers2002Gesig na die sonLied van die liefdeMillenniumliefde’n Vreemde feeswww.liefde.com2003Groot meisies huil nieLiefde het vlerke2004Die dom blondineDubbele geluk vir BibbiHolte vir haar hartKiki se kroonprins2005LenteliefdeDie losbol se moses’n Perfekte paartjieSomerliefde2006Dokter van dromeKanniedood-liefdeLiefde op VergeetbaaiNektar van die liefde2007Engel van my hartKammaliefde2008Blyspel van liefdeDokter van harteMuurblom2009AspoesterskoeneVoorskrif vir die hart2010’n Lipstiek-leweSjokoladesoene2011Emma is g’n engelLemoenseisoenTroukoek maak nie vet nie2012Eendagmooi’n Hap van die appel2013Die ander vrouSushi en sjampanje2014Die engel rook skelm2015’n Ander vrou se rokKaterina se mojo

Omnibusse JaarPublikasie2010Ek en jy: ’n Perfekte paartjie en Losbol se moses2011Een plus een: Kammaliefde en Kanniedood-liefde2012Soekend na liefde: Muurblom; Emma is g’n engel2013Omnibus 1: Dokter van harte; Engel van my hart; Voorskrif vir die hart

Vertalings JaarPublikasie2003Die sekretaresse se verleiding – Jane Porter2004Sending: huwelik – Hannah Bernard2005Dokter onder die dekmantel – Lucy Clark

Bronne

Resensies

Die ander vrou Roux, J.B. “Beeld” 3 Junie 2013

'n Ander vrou se rok Grobler, Riëtte “Beeld” 25 Januarie 2016

Aspoesterskoene Roux, Jaybee “Beeld” 29 Junie 2009

Eendagmooi Van Vuuren, Karla Janse “Beeld” 6 Augustus 2012

Die engel rook skelm Grobler, Riëtte “Beeld” 26 Januarie 2015

Engel van my hart Roux, Jaybee “Plus” 2 April 2008

Katerina se mojo Schoër, Helen “Beeld” 4 Mei 2015 Swart, Corlietha LitNet: http://www.litnet.co.za/resensie-katerina-se-mojo-deur-kristel-loots/

Sushi en sjampanje Roux, J.B. “Beeld” 24 Maart 2014

Troukoek maak nie vet nie Van Taak, Sophia “Beeld” 17 Oktober 2011

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1947