Die afkappingsteken of apostroof ( ' ) is 'n leesteken wat gebruik word in sekere woorde se meervoude.

Dit word voor die s gebruik wanneer die enkelvoud eindig op 'n i, o, u of beklemtoonde a. Die volgende is voorbeelde:

Meervoude waar die afkappingsteken gebruik word:

karba's (klem is op die "a") sari's (Indiese uitrusting) foto's; kasino's; disko's (eintlik "diskoteke") balju's; senu's

Meervoude waar afkappingsteken nie gebruik word nie:

oumas, paddas, malvas (klem is nie op die "a" nie) leeus ("leeu" eindig nie met 'n "u" nie, maar 'n "eeu") relês (die laaste letter is 'n "e")

Kyk ook Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) Wikipedia:Riglyne vir voorbladartikels Grondbeginsels van die Afrikaanse spelling Wikipedia:Algemene spelfoute Speltoetser Spelling Koppelteken Kappie Deelteken Akuut-aksentteken Gravis-aksentteken

Kategorie:Leestekens