Die Grootskub-soldaat (Myripristis berndti) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan, meer spesifiek aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Bigscale soldier.
Identifikasie Die vis word tot 30 cm lank. Dit het silwerpienk skubbe met rooi rantjies wat dit ligrooi laat vertoon. Die eerste dorsale vin is geel terwyl die ander vinne rooi en wit rante het. Die vis leef in vlak water in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 3 tot 30 m diep is. Hulle skuil bedags in klein groepies onder rotsoorhange. Die vis vreet snags soöplankton.
Die vis kan maklik verwar word met die vlekoog-soldaat.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakel Myripristis berndti by Fishbase.
Kategorie:Beenvisse