Piet Muller (*18 Junie 1938, Warden - ) is 'n joernalis, bekende rubriekskrywer, politieke kommentator, futuroloog en spiritualis. Hy skryf ook fiksie onder die skuilnaam Jan Mellet.

Lewe en werk Petrus Johannes Muller is op 18 Junie 1938 op Warden in die Vrystaat gebore, waar sy vader Piet vanaf 1933 tot ongeveer 1962 die skoolhoof was. Sy ma is Martie en hy het ’n broer, Ampie, wat later getroud is met N.P. van Wyk Louw se dogter Ria.J.C. Steyn se “Van Wyk Louw: ’n Lewensverhaal Deel II” bladsye 821 en 853

Piet studeer aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat, waar hy die B.A.-graad met hoofvakke wysbegeerte en staatsleer (cum laude) en die B.A. Honneurs-graad verwerf. Hierna verwerf hy ’n M.A.-graad aan die Universiteit van Kaapstad en hy promoveer (Ph.D.-graad) in Filosofie aan die Universiteit van Pretoria. Hy is ook ’n geregistreerde hipnoterapeut (CtH).

As joernalis begin hy in 1959 sy loopbaan by Die Volksblad in Bloemfontein, waarna hy van 1960 tot 1968 as uitgewer by Human & Rousseau in Kaapstad werksaam is en daarna tot einde 1977 in vennootskap ’n uitgewery onder die maatskappy Muller en Retief (Edms.) Bpk. bedryf. Van 1978 tot 1987 is hy assistent-redakteur van Beeld in Pretoria en hy word dan in 1987 stigter-redakteur van die tydskrif Insig en daarna in 1990 assistent-redakteur van Rapport. Vanaf 1993 doen hy vryskutwerk. Hy is ’n bekende rubriekskrywer, politieke kommentator en futuroloog en is medestigter van twee uitgewershuise, waaronder Academica.Who’s Who SA: http://whoswho.co.za/petrus-muller-3260 As politieke joernalis ontvang hy die SFW-toekenning vir joernalisme vir sy bydrae tot die onderhandelings tussen die ANC en die destydse regering voor die oorgang na demokratiese regering in Suid-Afrika.

As skilder hou hy ook tentoonstellings van sy kunswerke, die eerste in 1994 in Galerie Estelle Rossouw in Lynnwood in Pretoria. Hy raak diep betrokke by spiritualisme, is medestigter van die Sentrum vir Eietydse SpiritualiteitRenaissance Spirituele Gemeenskap: http://www.renaissancegem.co.za/piet-muller.php en bedryf die blog "spiritualiteit-in-aksie.com",www.spiritualiteit-in-aksie.com/ waarin hy gereeld meningstukke skryf.

Skryfwerk ’n Keur uit die rubrieke wat hy vir Beeld in Beeld-Deurloop en vir die Afrikaanse radiodiens van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) skryf word saamgebundel in Vir parrafienblik en simbaal.Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Muller,_Piet Hierin kyk hy met nuwe oë na die alledaagshede rondom hom en beskryf telkens die ligter sy van elke saak.Brink, André P. “Rapport” 3 Oktober 1982Johl, Ronél “Die Burger” 11 November 1982

Piet Muller se gepubliseerde nie-fiksie boeke dek studievelde soos die teorie van vertaling, kommunikasiekunde, filosofie, kreatiwiteit, spiritualiteit en futurologie. Publikasies sluit in self-help boeke soos Sukses na vyftig, Visualisering: Gedagtes wat heelmaak. Hy skryf ook boeke oor die godsdiens, onder andere Die nuwe hervorming, waarin hy totaal breek met die tradisionele Christelike dogma en ’n benadering voorstaan waarin spiritualiteit as uitgangspunt gebruik word.Christelike Kernensiklopedie: http://cke.christians.co.za/2016/03/23/muller-petrus-johannes-piet/ Die Evangelie van Thomas is ’n publikasie van hierdie antieke boek (met verklarende aantekeninge), waarin verlore gesegdes van Jesus opgeteken is. More is 'n nuwe spel is ’n boek oor die futurologie, wat ook in Engels uitgegee word as Tomorrow is a new game. Saam met George Claassen en Morkel van Tonder stel hy Die grootste Afrikaanse aanhalingsboek met aforistiese spreuke saam.

Hy skryf ook boeke onder die skuilnaam Jan Mellet. Manne van staal is ’n boek oor ontdekkers, wat onder andere insluit die Kon-Tiki ekspedisie, die Rus Joeri Gagarin wat die eerste mens in die ruimte was, die verowering van Everest en die ondersese avonture van Jacques Cousteau.Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Mellet,_Jan

Publikasies

Piet Muller

Fiksie JaarPublikasie1982Vir paraffienblik en simbaal

Nie-fiksie JaarPublikasie1978Die leefwêreld en die struktuur van die Suneideton1986Handwerk in klei1994Kreatiwiteit: vra is verpligtend1997Escape to creativityDie roos van stilte: tweeduisend jaar van Westerse meditasie1998Die groot aanhalingsboek (saam met George Claassen en Morkel van Tonder)2001Meditasie- die gawe van stilteMore is ’n nuwe spelSukses na vyftigVisualisering: gedagtes wat heelmaak2002Die  Nuwe Hervorming2004Sal ons nog droom as ons dood is?

Jan Mellet JaarPublikasie1960Manne van staal1965Stede uit die stof

Bronne

Boeke Steyn, J.C. “Van Wyk Louw: ’n Lewensverhaal Deel II” Tafelberg-uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998

Tydskrifte en Koerante Erasmus, Elfra “Op 56 word ’n ou droom waar” “Beeld” 25 Augustus 1994

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1938