Die Tropiese halfbek (Hyporhamphus affinis) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan en die Indiese Oseaan, meer spesifiek in die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by sentraal KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Tropical halfbeak.

Identifikasie Die vis word tot 6 cm lank. Dit is blouerig aan die rugkant met 'n groenerige silwer pens en 'n silwer streep aan die sye oor die hele lengte van die vis. Hulle word gesien in vlak baaie waar hulle net onder die oppervlak swem. Die visse is alleenlopers of kom in klein groepies voor. Hulle vreet klein vissies en soöplankton.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/7710

Kategorie:Beenvisse