In hierdie artikel word bespreek hoe humor in die taalonderrigkonteks kan bydra tot die ontwikkeling van leerders se emosionele (affektiewe) en kognitiewe vermoë.

Humor in die onderrig-en-leersituasie Humor kan lewensgehalte sowel as die proses van taalonderrig verbeter. Die gebruik van humor in onderrig kan tot doeltreffende leer bydra.Pollak, J.P. en P.D. Freda. 1997. Humor, learning, and socialization in the middle level classrooms. Clearing House, 70(4):176-78. Die funksies van humor in die onderrig-en-leersituasie kan opgesom word as die opbou van verhoudings, bemagtiging van leerders, kreatiewe denke, stimulering van belangstelling, opbou van selfbeeld en sosialisering om houdings (gesindhede en waardes), motivering, die bevordering van leerder-outonomie en selfwerksaamheid.Aoki, N. 1999. Affect and the role of teachers in the development of learner autonomy. In: Arnold, J. (red.). Affect in language learning. Cambridge: Cambridge University Press. bl. 142-54.

Humor is ’n waardevolle onderriginstrument om ’n klaskameratmosfeer te skep wat leer interessanter maak en dus bevorder – geskikte en gepaste humor kan onderlinge openheid en respek bewerkstellig.Kher, N., S. Molstad. en Donahue, R. 1999. Using humor in the college classroom to enhance teaching effectiveness in 'dread courses'. College Student Journal, 33(3):400-6. Daar is navorsingsbewyse in verband met die verhouding tussen onderwyser en leerder, en hoe entoesiasme en humor aansteeklik kan wees. Die onderwyser se sin vir humor kan ook daartoe bydra dat leerders ontspan en minder angs ervaar, soos aangetoon in studies oor die sogenaamde ingewikkelde vakke soos wiskunde, natuurwetenskap en statistiek.Byant, J., P. Comisky. en D. Zillmann, D. 1979. Teachers’ humor in the college classroom. Communication Education, 28(2):110-18.

’n Sin vir humor bestaan daaruit dat iemand grappe kan genereer en sensitief is vir die sosiale omgewing – daar is ’n verband tussen ekstroversie en humorproduksie.Dewitte, S. en T. Verguts. 2001. Being funny: A selectionist account of humor production. Humor, 14(1):37-53. Verskeie navorsers maak aanbevelings oor hoe onderwysers hulle sin vir humor kan ontwikkel.Berk, R.A. 1998. Professors are from Mars, students are from Snickers, How to write and deliver humor in the classroom and in professional presentations. Wisconsin: Mendota.Chiasson, P.E. 2002. Using humour in the second language classroom. The Internet TESL Journal, VIII(3). [Elektronies]. http://iteslj.org.Ulloth, J.K. 2003. Guidelines for developing and implementing humor in nursing classrooms. Journal of Nursing Education, Januarie, 42(1):35-7.Torok, S.E., R. McMorris en W.C. Lin. 2004. Is humor an appreciated teaching tool? Perceptions of professors' teaching style and use of humor. College Teaching, 52(1):14-20.

Emosionele geletterdheid Die term emosionele geletterdheid Barnard, A. en R. Herbst. 2005. The relationship between emotional intelligence and self-actualisation. South African Journal of Labour Relations, Herfs: 53-71. word as wisselterm gebruik om te verwys na emosionele intelligensie, wat volgens OlivierOlivier, M.A.J. 2005. How do academics handle their job-related stress? South African Journal of Higher Education, 19(2):345-58. beteken: “the ability to sense, understand, and effectively apply the power and acumen of emotions as a source of human energy, information, connection and influence”.

Die term “affek” het te make met aspekte van die mens se emosionele belewenisse. Die onderwyser se fasiliteringstyl, emosionele geletterdheid, houding teenoor die leerders, sowel as affektiewe faktore, individuele leerstyle en die meervoudige intelligensies van die leerders bepaal die klaskameratmosfeer.Goleman, D. 1996. Emotional intelligence: Why it can matter more than IQ. Londen: Bloomsbury.Underhill, A. 1997. The psychological atmosphere we create in our classrooms. The Language Teacher Online. [Elektronies]. http://langue.hyper.chubu.ac.jp .Arnold, J. en H.D. Brown, H.D. 1999. Introduction: A map of the terrain. In: Arnold, J., (red.). Affect in language learning. Cambridge: Cambridge University Press. bl. 1-24.Shepard, R., D. Fasko. en F.H. Osborne. 1999. Intrapersonal intelligence: Affective factors in thinking. Education, 119(4):633-42. Volgens GolemanGoleman, D. 1998. Working with emotional intelligence. Londen: Bloomsbury. bestaan emosionele intelligensie uit selfbewussyn, motivering, selfregulering, empatie en sosiale vaardigheid (aanpasbaarheid) in verhoudings.Mayer, J.D. en P. Salovey. 1993. The intelligence of Emotional Intelligence, Journal of Intelligence, 17:433-42.

Selfbewussyn vorm volgens Goleman die kern van emosionele intelligensie en dra by tot die persoon se kennis van eie emosies en gevolglike selfbeheer. Ander komponente wat deur Goleman geïdentifiseer word as deel van emosionele intelligensie is die vermoë om eie gevoelens gepas te beheer, empatie te hê met die emosie van ander mense in die omgewing, effektiewe doelnastrewing, en motivering deur middel van kreatiwiteit.

Emosionele intelligensie fokus op vier areas van emosionele bevoegdheid, naamlik die akkurate waarneming van emosies, die benutting van emosies om denke en leer te fasiliteer, die vermoë om emosies se betekenis te verstaan en om emosies te bestuur. Verder behels emosionele geletterdheid die psigodinamiese proses van herkenning, kennis en gebruik (beheer) van emosies as deel van selfaktualisering en produktiwiteit. GardnerGardner, H. 1991. The unschooled mind. Londen: Fontana Press. integreer ook emosionele geletterdheid as hy na intra- en interpersoonlike intelligensie verwys. Vir die doel van hierdie artikel sal die affektiewe breedweg as term gebruik word vir aspekte van emosie, houding, motivering, angs en persoonlikheidsaspekte wat ’n invloed op die taalonderrigsituasie het.

Verskeie navorsers is van mening dat die funksionering van ’n mens se kognitiewe domein (kritiese denke, probleemoplossing, leer) sterk deur die affektiewe domein beïnvloed word.Bodenstein, R. 1998. Language teaching in the light of neurological evidence. Journal for Language Teaching, 32(4):273-90.Hugo, A.J. 2001. Lees en studeer op tersiêre vlak: Die affektiewe komponent van lees verdien ook aandag. Tydskrif vir Taalonderrig, 35(2&3):138-45. Die affektiewe domein behels gevoelens, emosies, houdings, belangstellings, waardering, waardeoordele, selfkonsep en motivering. Damasio onderskei tussen emosies (veranderings in die liggaam as reaksie op ’n positiewe of negatiewe situasie) en gevoelens (waarneming van hierdie veranderings). Navorsingsgetuienis toon dat breinfunksionering (veral die regtervoorbrein en die limbiese stelsel) met betrekking tot die affektiewe ’n bepalende faktor is in motivering, aandagspan en kognitiewe funksionering.Caine, R.N. en G. Caine. 1991. Making connections: Teaching and the human brain. Virginia: Association for Supervision and Curriculum Development.Stevick. E.W. 1999. Affect in learning and memory: From alchemy to chemistry. In: Arnold, J. (red.). Affect in language learning. Cambridge: University Press. bl. 43-57.Jensen, E. 2000. Brain-based learning. San Diego, CA: The Brain Store.Roberts, J.W. 2002. Beyond learning by doing: The brain compatible approach. The Journal of Experiential Education, 25(2):281-85.

Die affektiewe en humor In haar studie oor die verband tussen kognitiewe buigsaamheid en humorsin meld PienaarPienaar, A. 2004. Die verband tussen kognitiewe buigsaamheid en humorsin by adolessente. Ongepubliseerde M.Sc-tesis. Bloemfontein: Universiteit van die Vrystaat. verskeie navorsingsresultate oor humorkenmerke wat wys op ’n verband tussen humor en die affektiewe. Sy verwys na 'n multidimensionaliteit van elemente waaruit humor bestaan; humoristiese stimuli (byvoorbeeld grappe, poetse, strokiesprente en komedierolprente, fisiese en visuele humor, asook mimiek, pittige en gevatte opmerkings, stories, anekdotes, karaktersketse en metafore, dubbelsinnighede); humoristiese response (lag of glimlag, vreugde, verrassing); gesindheid (meegevoel, deernis en/of goedgunstigheid); intra-psigiese en interpersoonlike vlakke; en verryking en terapie (wat bydra tot die mens se emosionele gesondheid).

Verskeie studies toon dat humor terapeuties kan wees in die sin dat dit spanning en angs kan verlig.Martin, R.A. en H.M. Lefcourt. 1983. Sense of humor as a moderator of the relation between stressors and moods. Journal of Personality and Social Psychology, 45:1313-24.Abel, M.H. 2002. Humor, stress, and coping strategies. Humor, 15(4):365-81. Navorsing toon dat humoristiese tekste as 'n positiewe hanteringsmeganisme vir spesifieke streselemente (soos eksamens), gebruik kan word, omdat daar ’n kognitief-affektiewe skuif plaasvind.Kuiper, N.A., S.D. McKenzie en K.A. Belanger. 1995. Cognitive appraisals and individual differences in sense of humor: Motivational and affective implications. Personality and Individual Differences, 19(3):359-72.

Die skep van humor kan daartoe bydra om depressie te verminder. Studies toon aan dat humor ’n doeltreffende hanteringsmeganisme vir ’n verskeidenheid emosies is. Humor word met verminderde gevoelens van angs en spanning verbind.Freheit, S.R. en J.C. Overholzer. 1998. The association between humor and depression in adolescent psychiatric inpatients and high school students. Journal of Adolescent Research, 13(1):32-49. Ook die humor van komiese kreatiwiteit in teater, films en grappe kan die kyker/luisteraar bevry van die angs, aggressie en onderdrukking wat daagliks ervaar word. Humorervaring kan ook lei tot beter kognitiewe funksionering, ook dat die humorgebruiker sterker outonomie (agentskap) ervaar, doelwitte meer doeltreffend bereik Martin, R.A., P. Puhlik-Doris, G. Larson. J. Gray en K. Weir. 2003. Individual differences in uses of humor and their relation to psychological well-being: Development of the Humor Styles Questionnaire. Journal of Research in Personality, 37:48-75. en beter kommunikeer.Wycoff, E.B. en B Pryor. 2003. Cognitive processing, creativity, apprehension and the humorous personality. North American Journal of Psychology, 5:31-44.

Vervolgens word gekonsentreer op die verband tussen enkele aspekte van die affektiewe as deel van emosionele geletterdheid: houding (gesindheid en motivering), persoonlikheid (kognitiewe styl), angs en humor.

Houding (gesindheid), motivering en humor Leerders wat nie geborge voel in die leersituasie nie, sal nie ’n waaghouding in hulle leerwerk openbaar nie en kan hulle as gevolg daarvan aan die situasie onttrek.Gardner, R. 1985. Social psychology and second language learning: The role of attitudes and motivation. Londen: Edward Arnold. BooyseBooyse, C. 1992. Onderrigstrategieë ter verbetering van die houding van leerlinge teenoor Afrikaans as skoolvak. Ongepubliseerde M.Ed-tesis. Potchefstroom: PU vir CHO. maak melding van vier kenmerkende funksies wat aan houding toegeken kan word, naamlik die kennisfunksie, die instrumentele (handelings-) funksie, die waarde-ekspressiefunksie en die egobeskermende funksie. Affektiewe faktore het hiervolgens ’n direkte invloed op die houding wat leerders teenoor die vakinhoud en leer openbaar.

Houding hou direk verband hou met leerders se gemotiveerdheid om aan die leerproses deel te neem – die belangrikheid van leerders se belangstelling in die vak, sowel as die ontwikkeling van hul selfbeeld, deur middel van kreatiewe aktiwiteite waarin hulle hulle persoonlike ervaring en nietalige kennis kan gebruik.Scharle, A. en A. Szabó. 2000. Learner autonomy: A guide to developing learner responsibility. Cambridge: Cambridge University Press. ’n Persoon se houding teenoor dit wat gelees word, kan ’n mobiliseerder of immobiliseerder wees wat bepaal of die persoon ’n sekere leeshandeling sal begin en voltooi.