Die Australiese Hoofstadgebied (Engels: Australian Capital Territory; afgekort: ACT) is 'n klein, selfbesturende gebied in Australië wat die hoofstad Canberra en die gebied direk daarom insluit.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Dit is in die suidelike deel van die deelstaat Nieu-Suid-Wallis, tussen Sydney en Melbourne geleë.

Die ACT administreer ook 'n afsonderlike enklawe, die Jervisbaaigebied, aan die suidkus van Nieu-Suid-Wallis. Die Australiese grondwet (geskryf voor die ACT se grondvesting) bepaal dat die ligging van die nasionale hoofstad geheel binne Nieu-Suid-Wallis moet wees.

Geskiedenis Op 1 Januarie 1901 het die Gemenebes van Australië as 'n dominium (vrygewes) van die Britse Ryk tot stand gekom. Die federale hoofstad se ligging is in 1908 as 'n soort geografiese kompromis tussen die twee grootste stede van die land, Sydney en Melbourne, gekies. In 1911 is die Federale Hoofstadgebied gevorm vir die bou van die nuwe hoofstad, Canberra. Dit is later na die Australiese Hoofstadgebied (Australian Capital Territory) hernoem.

Die Australiese parlement kon egter eers in 1927 na 'n tydelike gebou in Canberra verskuif. Melbourne het tot dan as die tydelike federale hoofstad ingestaan, waar die federale parlement die parlementsgebou van die voormalige kolonie Victoria gebruik het. Dit het tot na die Tweede Wêreldoorlog geneem om al die departemente na Canberra te verskuif.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf