Hierdie artikel doen verslag oor die ontwikkeling en gebruik van 'n rekenaarondersteunde taalonderrigprogram vir addisioneletaalonderrig.

In navolging van verskeie teoretici voer die programontwikkelaarKruger, E. 2007. Die ontwikkeling van 'n rekenaarondersteunde taalonderrigprogram op grond van Afrikaanse folklore. Per Linguam, 23(1):16-29. aan dat die pikturale humor soos vervat in T.O. Honiball se strokiesprente as toegepaste Afrikaanse folklore beskou kan word – 'n soort kernliteratuur wat op mondelinge volksverhale berus. Dit kan dus suksesvol in 'n Afrikaans as Eerste Addisionele Taalklaskamer gebruik word.

Die artikel bespreek die fases en faktore wat die ontwikkeling van die program vir gebruik in 'n virtuele taalklaskamer beïnvloed het, asook die doelwitte, keuse van tekste en die inhoud daarvan.

'n Rekenaarondersteunde taalonderrig (ROTO)-program vir addisioneletaalonderrig Opvoeders wat in 'n multikulturele Suid-Afrika letterkunde onderrig, moet kennis dra van die konteks waarbinne leerders hulle individuele verskille en kultuurmanifestasies beleef. As gevolg van persoonlike, maatskaplike en kulturele verskille, bestaan die moontlikheid van interkulturele konflik in multikulturele klaskamers. Dit kan egter deur sowel die betrokkenheid as die afstand wat 'n pikturale humorstudie bied, ontlont word. In die toenemende beweging na en klem op die virtuele leeromgewing, bied strokiesprente 'n ideale medium om die addisioneletaalleerder se kulturele en visuele geletterdheid op 'n interessante en genotvolle manier deur middel van rekenaarprogramme te bevorder. Daarbenewens word die leerder ook daadwerklik by die leerproses betrek indien 'n rekenaarondersteunde taalonderrigprogram (hierna ROTO-program genoem) interaktief ontwerp word.

Met behulp van die bestaande verwysingsraamwerk van strokiesprentgebruike, kan die onderwyser addisioneletaalleerders help om hulle visuele vaardighede te ontwikkel. Visuele vaardighede behoort die ontvangers se positiewe belewing van strokiesprente te verhoog en daardeur hullle belangstelling in lees te verbeter.

Met inagneming van die beginsels van addisioneletaalonderrig in besonder, het die programontwikkelaar in die ROTO-program 'n kommunikatiewe omgewing met betekenisvolle taaltoevoer d.m.v. een van T.O Honiball se strokies geskep wat leerders help om hulle Afrikaanse woordeskat te verryk en die gebruik daarvan aan te moedig.Ybarra, R & T Green. 2003. Using technology to help ESL/EFL students develop language skills. Internet TESL Journal, 9(3), [Elektronies]. Beskikbaar: http://iteslj.org. In so 'n omgewing het die leerders deurlopende toegang tot die teikentaal, met uitkomsgerigte aktiwiteite wat hulle aanmoedig om binne die konteks wat geskep word te kommunikeer (deur take soos die herkenning van en betekenisskepping met woorde en frases, die aanleer van nuwe uitdrukkings, ens.).

Afrikaanse folklore as pikturale humor vir addisioneletaalonderrig Addisioneletaalleerders koester dikwels negatiewe stereotipes van die teikentaal se moedertaalsprekers. In die geval van Afrikaans het apartheid dié probleem in die nabye verlede vir moedertaalsprekers vererger. Selfs die teikentaalsprekers mag ontgogeld voel met die politieke bagasie wat hulle (onwillig) saamdra, en meen dat die nuwe samelewing hulle identiteit as minderwaardig ag. In teenstelling met wat addisioneletaalleerders dalk dink, is moedertaalsprekers dikwels op soek na 'n subjektiewe waardebepaling van hulle tradisies, en wonder hulle of hulle eie kultuur die moeite werd is. In hierdie verband kan daar na die debat in 2007 oor die De la Rey-liedjie van Bok van Blerk in die gedrukte en elektroniese media verwys word.(Rapport, 18 Februarie 2007; www.litnet.co.za)

Kulturele inhoude kan soms negatief vertolk word, maar dit kan ook verrykend en dinamies wees, mits onderwysers sensitief en gebalanseerd daarmee omgaan. Dit is 'n ryke bron van kulturele geletterdheid en kultuurskepping wat wag om ontgin te word.

Hoewel taal in enige kultuur 'n belangrike rol speel, is mense nie noodwendig gevangenes van hulle taal is nie, maar dat hulle taalgebruik wel hulle wêreldbeskouing weerspieël. Blootstelling aan die teikentaalkultuur bied die aangeleerde gedrag en waardes van addisioneletaalleerders kan uitdaag en positief ontwikkel. Leerders se kritiese geletterdheid en letterkundewaardering kan byvoorbeeld deur die insluiting van folklore in die vorm van 'n spel met idiomatiese uitdrukkings versterk word. Hulle visuele geletterdheid kan weer ontwikkel word deur waar te neem hoe stereotipe karakters, liggaamstaal en gedrag uitgebeeld word.

'n Belangrike funksie van folklore dat dit tot kognitiewe stimulering kan bydra. Hier kan spesifiek verwys word na sensoriese bewuswording, metaforiese denke en die benoeming van voorwerpe en gebeure, asook die emosionele ontwikkeling wat met die ontleding van gewilde voorbeelde, soos die (dikwels absurde en parodiese) gebruik van spreekwoorde gepaardgaan. Figuurlike taalgebruik kan tot die uitskakeling van emosionele struikelblokke in taalonderrig bydra omdat dit 'n vorm van beeldrykheid verteenwoordig wat lank reeds deel van alle mense is, en selfs terapeutiese waarde kan hê.Engelbrecht, M.M. 1990. Selected techniques for reducing the affective filter in the English second language classroom. Ongepubliseerde MEd-tesis, Universiteit van Stellenbosch.

Die Toegepaste FolklorestudieraamwerkSpitzer, N.R. 1992. Cultural conversation. Metaphor and methods in public folklore. In Baron, R. & NR Spitzer, Public folklore. Washington: Smithsonian Institution. 77-103. skep 'n platform vir Afrikaanse folklore om mense te help om hulle ambivalensie te ondersoek, selfs terwyl hulle met die verwoording van die boodskap hulp soek. Hierdie het op sowel addisioneletaalleerders as moedertaalsprekers van Afrikaans betrekking. Folklore kan 'n nuttige medium wees om 'n brug mee te bou, sodat emosionele probleme (soos gevoelens van skok, hulpeloosheid, taal-angs, vrees vir mislukking of gebrekkige motivering) wat die leerproses kan belemmer, teengewerk kan word. Folklore kan ook help om kultuuroordrag te vertolk of te verstaan.Kruger, E. 2001. Die insluiting van ’n (multi-)kulturele komponent in die kurrikulum van Afrikaans as addisionele taal. Literator, 22(3):75-91.

Enkele kenmerke van folklore is die volgende: Dit moet sosiaal relevant wees; tradisie as grondslag hê; vir huidige behoeftes toepaslik wees. Its irresistable allure to mass industrial culture enables it to interpenetrate and survive in various levels of the social and economic [lees: opvoedkundige] strata where traditional products are translatable into new commodities for consumption by both the local and the newly emerging global communities...Thosago, C.M. 1999. Folklore: From the fireplace to the marketplace. South African Journal of Folklore Studies, 9:1-11.Folklore is 'n soort kernliteratuur, 'n oorgelewerde verwoording van die gebeure en waardes wat inherent deel uitmaak van die menslike spesie. Juis as gevolg hiervan kan enige leerder hom-/haarself daarmee vereenselwig, want dit handel oor en spreek tot die mens se basiese behoeftes, die vermoë om te groei, te voel, te kommunikeer, die werklikheid deur sy verstand te beheer en 'n geestelike dimensie te beleef. Uiteindelik kan leerders deur middel van die bekende agtergrond/inhoud van 'n folklore-teks van die omvang van die taal self bewus word, met al die betekenisdiepte en -inhoud  wat daarin opgesluit lê. Die graad van verstaanbaarheid waarmee 'n addisioneletaalleerder betekenis in folklore kan skep, word deur die leser se persoonlike betrokkenheid beïnvloed, wat weer op sy beurt tot die leser se kreatiewe wisselwerking met en deelname aan die teks kan lei – van die meganiese tot die ontledende aspek van die taalstelsel.

Deur middel van Afrikaanse folklore-tekste in ROTO-programme kan die leerder ontdek hoe gebeure ontvou, en deur middel van interaktiewe deelname sy emosionele ervarings en persoonlike reaksie deel. Die relevansie van 'n goeie leesteks (ongeag die oorsprong) lê daarin dat die leerder deel van die teks word (en persoonlik daarmee in 'n tweegesprek tree). Op hierdie manier word die taal deursigtig.Moyo, T. 1997. Are the current high school literature texts of relevance of the culture of ESL learners? Journal of Language Teaching, 31(1):42-49.

Folkloriste skep binne en dikwels buite die grense van 'n gemeenskap openbare dialoë oor tradisionele kultuur. Tussen folkloriste en die kultuur waarbinne hulle optree, word mense se kulturele betekenis gevorm deur die metafore wat reeds tot hulle beskikking is en dié wat hulle skep. Nuwe metafore vir mense se geloof in die waarde van kulturele verskeidenheid, gelykheid en gelykmatigheid sal hulle help om hulle werk beter te verstaan, aan te bied en te verduidelik aan die baie gehore wat wil luister, kyk en lees. Almal beoordeel hulle verhoudinge tot kulturele tradisie bewustelik of onbewustelik aan die hand van die metafore wat hulle erf of skep.

'n Herlewing van folklore kan deur middel van die kuberruimte kan plaasvind en dit kan as metafoor gepas is in die postmoderne paradigma. Die rede hiervoor is juis dat folklore se inherente kenmerke soos 'n hibridiese karakter, sinkretisme en metafiksionaliteit. Voorbeelde hiervan kan in hedendaagse advertensies, modes en films soos Jurassic Park, Shrek en Harry Potter gevind word, asook in wetenskapfiksie wat sterk op intertekste op grond van tradisionele literatuur steun.Thosago, CM. 2004. The postmodern era: Tombstone or cornerstone of folklore? South African Journal of Folklore Studies, 14(1):12-18.

Strokiesprente en spotprente is voorbeelde hiervan – ‘media forms with unlimited potential to obliterate what is supposedly “antique” … about folklore’. Folklore toon ongetwyfeld kenteoretiese neigings wat direk uit die volgehoue kontak met die snelveranderende omgewing vloei waarin dit naas die massamedia en ander ontluikende tegnologieë bestaan. Wanneer folklore herskep en in nuwe kontekste geplaas word, ontstaan daar 'n nuwe folklore-genre. Die massamedia se potensieel wesenlike bydrae tot die instandhouding en skepping van folklore blyk dus duidelik hieruit.

Folkloriste kan op strokiesprentverhale en televisiereekse konsentreer en daaruit put om betekenis te skep sodat die kulturele erfenis vir ingewyde (moedertaalsprekers) sowel as oningewyde (anderstalige) gebruikers tot sinvolle ervaring en begrip kan lei.Jansen, WH. 1965. The esoteric-exoteric factor in folklore. In Dundes, A (ed.), The study of folklore. Englewood Cliffs, N.J.: Prentice-Hall. 42-51. Die argument in hierdie verband kan gestaaf word deur na kontekstuele folkloriste se gemoeidheid met die omgewing waarin die folklore-teks veranker is, te verwys.

Folklore word namate nuwe geslagte ontstaan, dinamies in nuwe verhoudinge verweef, en met die koms van elke nuwe konteks neem die eietydse wêreld gretig aspekte van hierdie ou tradisie op en eien homself dit toe. Wanneer dit mondelings, elektronies of in gedrukte vorm oorgedra word, is die meeste folklore-genres geneig om 'n groot deel van die fundamentele eienskappe daarvan te behou, aangesien die manier van oordrag nie noodwendig die waarde en status daarvan as folklore verminder nie. As gevolg van die beskikbaarheid en toeganklikheid van elektroniese oordragstelsels, vergroot die moontlikheid dat folklore anderstaliges kan bereik aansienlik.

T.O. Honiball se strokies(a) Honiball. TO. 1977. Adoons, Keesje, Kaas & Kie. Kaapstad: Tafelberg.

(b) Honiball, TO. 1979. Oom Kaspaas in die knyp. Kaapstad: Tafelberg.