Onderwysers wat betrokke is by skryfonderrig kan die volgende in gedagte hou: om leerders se kreatiwiteit te stimuleer en verbeelding te ontlok; om bewus te wees van die fases van die skryfproses; om teoreties onderlê te wees in leer- en onderrigbeginsels wat leerdersentreerd en prosesgerig is; om die KABV te kan implementeer; om leerders bewus te maak van hulle gevoelens omdat dit kan lei tot die ontdekking van hulle eie gedagtes en woorde; om toegerus te wees met praktiese idees om kreatiwiteit te integreer in die skryfproses; om leerders te help om beeldspraak te gebruik; om leerders te stimuleer d.m.v. multi-sensoriese stimuli; om leerders te inspireer om aandag aan detail te gee; om te besef dat poësie musiek in woorde is, en dus klank te gebruik; om leerders te help om eienaarskap te aanvaar vir hulle lees en skryf van gedigte.

Kreatiwiteit Hoewel die meeste mense kreatiwiteit assosieer met verskillende estetiese artefakte of produkte (dans, drama, musiek, visuele kunswerke, beeldhou, argitektuur en letterkunde), is daar ook verskeie prosesse en latente kreatiewe eienskappe van alle mense wat in poësie-skryfonderrig geïntegreer kan word:

Elemente van kreatiwiteit VisualiseringKeuse- en kansfaktoreVlotheid van idees (“fluency”)WaarnemingMetafore en beeldeDie maak van nuwe kombinasiesImprovisasieNuuskierigheid en verrassingBuigsaamheid van idees (“flexibility”)NabootsingBegeerte, drome en idealeVerdraagsaamheid t.o.v. paradokse en ambivalensieVerbeeldingMisterie en intrigeInkubasie met stilte en/of musiekIntuïsieUitbreiding van ideesMoed om deel te neem en risiko's te neemGroepsinergie en/of onafhanklikheidVerbinding met natuur en/of konteksSintuiglike ervarings: klei, sand, water, konkrete itemsHumor en spelDeurbreek /oorsteek van grense

Die kreatiewe prosesCsikszentmihalyi, M. 1996. Creativity: Flow and the Psychology of Discovery and Invention. New York: Harper Perennial. Voorbereiding: raak volledig deel van die probleem, stimuleer nuuskierigheid (inspirasie) Inkubasie: gee geleentheid dat idees in onderbewuste kan broei Aha-moment: wanneer die stukke van die legkaart inmekaar pas Evaluering: toets emosioneel en krities a.h.v. kriteria in die veld Uitbreiding: harde werk om te voltooi (perspirasie)

Verbeelding  alt=Gewysig van die volgende bron: Le Roux, A. 2010. Die kreatiewe skryfonderrigproses – 'n Outo-etnografiese studie. Ongepubliseerde M.Ed-verhandeling. Stellenbosch: Universiteit van Stellenbosch. |duimnael|Elemente van verbeelding You see things; and you say "Why?" But I dream things that never were; and I say "Why not?" (George Bernard Shaw) I like nonsense; it wakes up the brain cells. Fantasy is a necessary ingredient in living; it's a way of looking at life through the wrong end of a telescope. Which is what I do, and that enables you to laugh at life's realities. (Dr. Seuss) You can't depend on your eyes when your imagination is out of focus. (Mark Twain) Everything you can imagine is real. (Pablo Picasso) Imagination rules the world. (Napoleon Bonaparte) I saw the angel in the marble and carved until I set him free. (Michelangelo)

Fases van skryfproses

Voor skryf Bewusword van self (waarnemings, herinneringe en assosiasies) deur middel van sintuie en gevoelens Eksplorasie van begrippe/temas Interaksie met visuele tekste en konkrete items Ontwikkeling van woordeskat

Tydens skryf Vryskryf- en rofwerk Uitdrukking van eie gedagtes Organisasie van gedagtes met vloeidiagram/kopkaart

 Na skryf Hersien en verbeter taalgebruik Redigeer: kohesie en koherensie binne algehele struktuur Produseer finaal

Kreatiewe skryfproses soos voorgestel in 'n diagram PRE-SKRYFSKRYFPOST-SKRYFVerstandsoperasies:

·            Kognisie (ontdekking)

·            Geheue (verbindings en konneksies met vorige ervarings/soortgelyke ervarings of selfs ervarings wat verskil

·            Bewuswording van gevoelens

·            Uitbreiding van woordeskatVerstandsoperasies:

·           Kognisie (herontdekking)

·           Geheue (verbindings en konneksies)

·           Konvergente denke (regte en verkeerde antwoorde)

·           Divergente denke (verskeidenheid van denke t.o.v. antwoorde (moontlike regte en verkeerde antwoorde)

·           Organisasie van woorde in vormVerstandsoperasies:

·      Kognisie (herkenning en erkenning)

·      Evaluasie (refleksie)

·      Herorganisasie

Teoretiese verantwoording vir onderrig van kreatiewe skryfKruger, E. 2016. Klaskenades: Verrykende idees vir poësie-skryfonderrig. Ongepubliseerde klas- en kursusaantekeninge. Stellenbosch Universiteit. Beleidmakers (Wes-Kaap Onderwysdepartement 2006)Wes-Kaap Onderwysdepartement. 2006. WKOD Geletterdheid- en syferkundigheidstrategie 2006–2016. Kaapstad: Wes-Kaapse Provinsiale Regering. vind motivering vir ’n teks- en prosesgebaseerde onderwysbenadering in konstruktivistiese en holistiese leerteorieë, wat gebaseer is op die volgende teoretiese beginsels: Leer is nie die resultaat van ontwikkeling nie, dit is ontwikkeling. Dit benodig ontdekkings en self-organisasie van die leerder se kant af. Onderwysers moet leerders dus toelaat om hul eie vrae te stel, hul eie hipoteses en moontlikhede te genereer en te toets vir betroubaarheid; Mense leer om te doen deur te doen (ervaringsleer); Disekwilibrium fasiliteer leer. Foute moet gesien word as 'n resultaat van leerders se konsepsies en moet daarom nie geminimaliseer of vermy word nie. Uitdagende, oop ondersoeke in realistiese, betekenisvolle kontekste behoort aangebied te word om leerders toe te laat om te verken en verskeie moontlikhede te genereer wat beide bevestig of verwerp kan word. Dit is veral laasgenoemde moontlikhede wat verhelder, ontgin en bespreek moet word; Reflektiewe abstraksie is die dryfveer van leer. As betekenisskeppers poog mense om ervarings te organiseer en te veralgemeen tot simbole en die refleksies kan opgeteken word in joernale, artefakte of multisimboliese vorms en besprekings; Dialoog met die gemeenskap fasiliteer verdere denke en moet aangemoedig word. Die klaskamer moet gesien word as 'n gemeenskaplike diskoers waarin interaktiewe betrokkenheid, refleksie en gesprek plaasvind; Leer vind plaas ten einde strukture te ontwikkel. As leerders sukkel om betekenis te maak, moet progressiewe verskuiwings in perspektiewe gekonstrueer word en nuwe gedagtes ontwikkel word; Leerinhoude moet nie vooraf rigied vasgestel en gesistematiseer word nie omdat dit dan nie met die subjektiewe ervaring en kennis van die leerders integreer nie. Outentieke materiaal behoort in konteks geïntegreer te word in situasies waar sake van verskillende perspektiewe verhelder kan word; Die formulering van leerdoelwitte word gemotiveer deur leeruitkomste en vaardighede; Leeromgewings (instruksiemateriaal, klaskamers, media en onderrighulpmiddels, sowel as die skool as organisasie) moet gestruktureer word om 'n werklikheidservaring vir die leerder te bied met integrasie van sensoriese en motoriese vaardighede en probleemoplossingsgeleenthede; Tegnologie soos hipermedianetwerke is uiters geskik om metakognitiewe vermoëns en insigte te help ontwikkel; Leerdergesentreerdheid en individuele leerstyle is instrumente wat bydra tot affektiewe (responsiewe) onderwys en emosionele geletterdheid; Die integrasie van leerders se meervoudige intelligensies kan kreatiwiteit in die leerproses bevorder; Koöperatiewe leer (samewerking) is 'n noodsaaklike didaktiese metode. Leer gebeur deur ’n proses. Om gedigte te kan skryf, behoort leerders geïnspireer en gestimuleer te word deur multi-sensoriese media en gepaste ervarings om in aanraking te kom met hul eie gedagtes, gevoelens en woorde.

KABV: Skryf en waardeer gedigteDepartment of Basic Education. 2011. Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Graad 4-6. Afrikaans Huistaal. Kaappstad: Government Printing Works. Hiermee 'n opsomming van die KABV se vereistes vir die integrasie van poësie-onderrig.

Graad 4 LUISTER EN PRAAT (MONDELING)

Luister na 'n gedig / lied

Gebruik 'n teks van 'n handboek of uit die onderwyser se hulpbronlêer

Bespreek sentrale idee / boodskap

Verwys na eie ervaring

Identifiseer rym en ritme en lewer kommentaar op die effek daarvan op die luisteraar

Druk gevoelens uit wat deur die gedig gestimuleer is

Identifiseer die atmosfeer van die gedig

Bied lied / geselekteerde reëls aan

LEES EN KYK

Lees 'n gedig / lied

Bespreek hoofgedagte(s)

Druk gevoelens uit wat deur die lied gestimuleer is

Identifiseer rym, alliterasie en klanknabootsing en die effek daarvan

Verdeel woorde in klankgrepe om ritme te verstaan

Druk gevoelens oor gelese tekste uit

Identifiseer en verduidelik vergelykings en metafore

Gebruik woordeboeke om betekenis van woorde te vind

SKRYF EN AANBIED

Skryf 'n eenvoudige gedig / lied

Selekteer toepaslike inhoud

Gebruik gepaste struktuur en formaat

Gebruik taal kreatief en met verbeelding

Beplan, ontwerp en hersien 'n gedig / lied

Gebruik toepaslike ritme, rym, alliterasie en assonansie

Gebruik beeldspraak, d.w.s. vergelykings en metafore

Gebruik kennis van klankgrepe om ritme te ontwikkel

Hou ’n dinkskrum met vloeidiagramme om idees te ontdek en ontwikkel

Skryf woorde en hul betekenisse in 'n persoonlike woordeboek neer

Beplan, skryf 'n eerste weergawe en verfyn skryfwerk

TAALSTRUKTURE & –KONVENSIES

Voegwoorde, sinonieme en antonieme

Bywoorde van tyd, plek en wyse

Sinsoorte: Enkelvoudige sin, woordorde, ontkenning

Spelling en punktuasie

Spelling en spelpatrone

Woordeskat in konteks

Personifikasie, alliterasie, vergelykings, metafore, ritme en rym

Graad 5 LUISTER EN PRAAT (MONDELING)

Luister na ’n gedig

Voorspel die inhoud n.a.v. die titel

Waardeer en reageer op die klankeffekte wat deur die gedig gestimuleer word

Bespreek die sentrale gedagte

Bring in verband met eie ervaring

Identifiseer ritme en rym en hul effek op die luisteraar

Druk gevoelens uit wat deur die gedig gestimuleer word

Identifiseer die atmosfeer in die gedig

Dra ’n gedig voor: kies toon en uitdrukking toepaslik by die inhoud en styl van die gedig

Gebruik toepaslike intonasie en gesigsuitdrukkings

Gebruik toepaslike ligaamstaal, postuur en aanbiedingsvaardighede: pas tempo, volume en uitdrukkings aan by gedig

LEES EN KYK

Lees ’n gedig

Voorlees: voorspel inhoud n.a.v. die titel

Identifiseer rym, alliterasie en klanknabootsing en die effek daarvan

Identifiseer en verduidelik vergelykings en metafore

Bespreek nuwe woordeskat wat in die gedig navore kom

Gebruik ’n woordeboek

SKRYF EN AANBIED

Skryf ’n gedig

Kies toepaslike inhoud

Gebruik die korrekte formaat

Gebruik taal kreatief en met verbeelding

Gebruik alliterasie en assonansie

Gebruik ’n verskeidenheid van woordeskat

Gebruik beeldspraak, d.w.s. vergelykings en metafore

Gebruik toepaslike ritme en rym

TAALSTRUKTURE & -KONVENSIES

Gebruik voegwoorde, stellings en eenvoudige sinne

Personifikasie, alliterasie, vergelykings, klanknabootsing, metafore, rym en ritme

Gebruik toepaslike hoofletters, woordverdeling, woordeboeke

Graad 6 LUISTER EN PRAAT (MONDELING)

Luister na en bespreek ’n gedig

Gebruik voorspelling as voorleesstrategie

Druk gevoelens op ’n sensitiewe manier uit

Tree in interaksie met groepslede

Lewer kommentaar op klank en visuele effekte soos herhaling, alliterasie, vergelykings

Interpreteer die inhoud van die gedig

Som die inhoud van die gedig op

Bespreek ritme en rym

Bespreek verskillende soorte gedigte

Bespreek strukture en style van gedigte

LEES EN KYK

Lees ’n eenvoudige gedig

Gebruik voorspelling n.a.v. titel en grafiese voorstelling van gedigte

Lees hardop met toepaslike tempo, helder uitspraak en behoorlike frasering

Pas die manier waarop die gedig hardop gelees word aan om te pas by die luisteraar

Toon begrip vir die teks en die betekenis daarvan vir eie lewe

Identifiseer en analiseer die eienskappe van verskillende digterlike style, bv. ritme, rym, personifikasie, metafore