Monaco (Frans Monaco, [mɔnako]; Monegaskies: Munegu), amptelik die Prinsdom Monaco (Frans: Principauté de Monaco; Monegaskies: Principatu de Munegu), is 'n Europese stad- en mikrostaat. Ná die Vatikaanstad is Monaco die tweede kleinste land ter wêreld en word deur die oudste heersende dinastie, die Huis van Grimaldi, geregeer.

duimnael|links|350px|Die paleis van Monaco duimnael|links|350px|Le Rocher met die historiese middestad (Le Rocher of Monaco-Ville genoem) Monaco is tussen Frankryk en die Middellandse See geleë, aan die Franse Riviera of Côte d'Azur ("Asuurblou Kus") en sowat 21 km van die Franse grens met Italië af. Monaco, wat volledig deur Franse staatsgebied omsluit word, bestaan hoofsaaklik uit die ou stad Monaco en die woongebiede wat later bygevoeg is. Dit is die digbevolkste staat ter wêreld met meer as 16 000 inwoners per vierkante kilometer.

Na Monaco word dikwels verwys as die Manhattan van die Middellandse See, 'n bynaam wat op die talle wolkekrabbers en voortdurende boubedrywighede in die prinsdom sinspeel. Monaco is allermins een van die aantreklikste kusoorde langs die Franse Riviera – Monte Carlo word eerder as 'n lofsang op glas en beton beskryf, versinnebeeld deur veelverdieping-hotelle en woonsteltorings wat uit 'n doolhof strate verrys en met hul helder fasades 'n sterk kontras vorm teen die heuwels in die agtergrond. Nogtans is daar ook 'n historiese kwartier, geleë op 'n groot rotsformasie aan die hawe se suidekant, Le Rocher. Hier is ook die prinslike paleis geleë.

Die vraagstukke, wat die klein prinsdom in die gesig staar, verskil nie baie van dié van groter lande nie. Die handhawing van die openbare orde is 'n prioriteit vir die regering; lae misdaadsyfers is belangrik om Monaco se aantreklikheid vir die welgesteldes en skones te bewaar. Terselfdertyd het Monaco aan die begin van die 21ste eeu die voorheen ongekende stap gedoen om sy deure vir hoofstroom-toerisme te open.

Toeriste word deur die aangename klimaat en uitstekende infrastruktuur met 'n hoë digtheid luukse hotelle en eersterangse restourante (waaraan tien Michelin-sterre toegeken is Frankfurt-live.com, 8 Junie 2020: Tourismus in Monaco nimmt wieder Fahrt auf. Besoek op 21 Augustus 2020) gelok; welvarendes trek daarnaas voordeel uit Monaco se reputasie as verskaffer van finansiële dienste, belastingshawe – alhoewel lande soos Frankryk moeite doen om die prinsdom se aantrekkingskrag op belastingontduikers te verminder, terwyl ook inligting uitgeruil word met die Amerikaanse federale belastingsdiens Internal Revenue Service (IRS) – en jaghawe. Met uitsondering van Franse burgers, wat in hul geboorteland belastingpligtig bly, hoef permanente bewoners geen belasting op inkomste en erflatings te betaal nie – rede genoeg vir welvarende buitelanders om hulle in die prinsdom te vestig. Ondernemings trek eweneens voordeel uit Monaco se belastingwetgewing.

Bekende persoonlikhede uit die televisie- en vermaakbedryf vergader jaarliks in Monaco ter geleentheid van Monte Carlo se televisiefees wat danksy 'n inisiatief van prins Rainier III sedert 1961 gehou word. Die invloed van Monaco se eie uitsaaibedryf strek ver buite sy grense. Sedert die 1960's maak Radio Monte-Carlo (RMC) gebruik van senders met baie groot reikwydtes om gehore in groot dele van Frankryk te teiken. Sedert die 1970's word ook programme vir Italiaanse luisteraars uitgesaai. RMC beskik oor uitgebreide FM-netwerke in albei lande. Franse radioprogramme word aangevul deur die televisiediens TV Monte-Carlo (TMC). BBC.com: Monaco profile – Media. Besoek op 21 Augustus 2020

Etimologie Gedurende die 6de eeu v.C. het Phokeane van Massalia (die huidige Marseille) die kolonie Monoikos gestig. Die naam van dié kolonie is ontleen aan die plaaslike aanbidding van die Griekse halfgod Herakles, wat later ook deur die Romeine vereer is en volgens oorlewering 'n antieke pad deur die streek van Spanje na Italië gebou het. Die Romeinse keiser Julianus het ook Herakles se bouwerk aan Monaco se hawe en 'n kuspad beskryf. Die pad was besaai met altare vir Herakles en 'n tempel wat aan hom gewy was, is op die rots van Monaco opgerig. Vervolgens is die benaming "Hawe van Herakles" vir die antieke hawe gebruik. Monoeki beteken "enkele een" en Monoikos beteken "enkelhuis" wat 'n verwysing kon gewees het na Herakles of sy tempel, of die geïsoleerde gemeenskap wat die gebied rondom die rots bevolk het.

Geografie en klimaat Geografie duimnael|Nasa-Satellietbeeld van Monaco duimnael|Die 10 wyke van Monaco duimnael|'n Uitsig oor Monte Carlo Die Prinsdom Monaco is, naas die Vatikaanstad, die kleinste onafhanklike staat ter wêreld. Dit lê aan die Mediterreense kus, sowat 18 km oos van Nice en digby die Italiaanse grens. Monaco word deur Frankryk omring, behalwe 'n kus langs die Liguriese See. Die prinsdom beslaan 'n smal strokie land, met 'n kuslyn van meer as 3,2 km, waar die rotswande van die Alpynse voorheuwels steil uit die see verrys. Die hoogste punt in die prinsdom is "Le Rocher" (Die Rots), 140 m bo seespieël.

Tot 1959 het Monaco 'n oppervlakte van slegs sowat 150 ha beslaan. Sedertdien is die grondgebied deur middel van landwinning tot 202 ha vergroot. Groot dele daarvan is dig bebou, en dikwels word ouer geboue afgebreek om plek te maak vir nuwe veelverdiepinggeboue.

Monaco word in tien wyke (quartiers) verdeel: Monaco-Ville, die ou stad wat op 'n voorgebergte in die Middellandse See lê La Condamine, die hawegebied Monte Carlo, die vernaamste woongebied en vakansieoord met die kasino Fontvieille, 'n nuwe woongebied wat kunsmatig uit die see gewen is, met onder meer die winkelsentrum Carrefour Moneghetti aan die westelike grens met die Cap d'Ail Larvotto Terano met sy seeklub, noordoos van Monte Carlo en Saint-Romain, 'n klein gemeenskap wat aan Larvotto Terano grens Saint Michel La Colle Les Révoires

Klimaat Die prinsdom staan bekend vir sy natuurskoon en sy matige Mediterreense winterreënklimaat met warm en droë somers en 'n gemiddelde jaarlikse temperatuur van 16 °C. Die gemiddelde laagste temperatuur in Januarie en Februarie is 8 °C (47 °F), terwyl die gemiddelde hoogste temperatuur in Julie en Augustus tot 26 °C (78 °F) styg. Daar word 'n gemiddeld van meer as driehonderd sonskyndae en 'n gemiddelde reënval van sowat 800 mm per jaar aangeteken.

Geskiedenis Antieke tydperk duimnael|Monaco as deel van die Romeinse Ligurië, 1ste eeu v.C. Die naam Monaco is afgelei van die nabygeleë Griekse kolonie Monoikos, wat in die 6de eeu v.C. deur Griekse setlaars, die Phokeane, gestig is. Volgens 'n ou mite het Herkules die gebied van Monaco besoek, en ter ere van hom het die Phokeane 'n tempel opgerig – die tempel van Herkules Monoikos, wat later die middelpunt van 'n Gallies-Romeinse nedersetting sou word. Die godheid se bynaam Monoikos – die Unieke – sou vervolgens ook na die nedersetting verwys.

Monoikos is in 122 v.C. deur Romeinse troepe verower. Gedurende die bloeitydperk van die Romeinse Ryk het ook Monaco gefloreer. Akwadukte het in die kusgebied ontstaan om nedersettings van vars water te voorsien, terwyl paaie, wat langs die Mediterreense kus geloop het, Italië met Spanje verbind het. Uit die gebied van Monaco is olyfolie, wyn en suurlemoene na Rome uitgevoer.

Ná die ondergang van die Romeinse Ryk in die 5de eeu het Germaanse stamme die gebied binnegedring. Die inheemse bevolking het met Gotiese en Frankiese setlaars vermeng wat hulle hier gevestig het.

Middeleeue duimnael|Muurskildery van François Grimaldi wat – verklee as 'n monnik – daarin geslaag het om die Rots van Monaco in te neem Min is bekend oor die gebied se geskiedenis tussen die 5de en 10de eeu. Monaco het in die 9de eeu 'n deel van die Graafskap Nice geword.

Teen die middel van die 11de eeu het Genuese troepe die stad verower, en Monaco het 'n kolonie van die Italiaanse Republiek van Genua geword. Vanaf 1070 het lede van die Grimaldi-gesin as stadshere gefungeer. Die keisers van die Heilige Romeinse Ryk het die inlywing van Monaco by die Genuese magsgebied herhaaldelik goedgekeur. In 1162 het keiser Frederik Barbarossa sy toestemming vir die vestiging van Genuese koopmans in die gebied verleen, terwyl keiser Hendrik VI Monaco in 1191 amptelik aan die Republiek van Genua geskenk het. Die politieke en militêre gesag is deur twee Genuese kastellane (castellani) uitgeoefen wat ook die opperbevel oor Monaco se garnisoen gehad het. Regspraak is deur 'n regter (podestà) uitgeoefen. Die gemeenskap van Monegaskiese burgers (in Latyn Universitas genoem) het die administrasie van die gebied in hande gehou; namens hulle is Monaco deur twee amptenare of syndici geadministreer. Wolfgang Ismayr (red.): Die politischen Systeme Westeuropas. 4., aktualisierte und überarbeitete Auflage. Wiesbaden: VS Verlag für Sozialwissenschaften 2009, bl. 924

Twee eeue lank het 'n bloedige magstryd hier afgespeel tussen twee Genuese partye – die Ghibelline, aanhangers van die keisers, en die pousgesinde Guelfe. Die Ghibelline het in 1215 'n vesting opgerig, die historiese voorloper van die huidige prinslike paleis. In 1297 het François Grimaldi, 'n lid van die Guelfe-party, in die py van 'n Fransiskaanse monnik ("monaco" in Italiaans) verklee en die Ghibelline-vesting ingeneem wat die beroemde rots van Monaco destyds beskerm het. Die gesinshoof van die Guelfe het sy heerskappy as Rainier I begin en die stamvader van die nog steeds regerende dinastie van die Huis van Grimaldi geword wat Monaco sedertdien as 'n onafhanklike gebied geregeer het.

In 1346 het Charles I Grimaldi daarin geslaag om die nabygeleë stad Menton by Monaco in te lyf. 1355 het ook Roquebrune 'n Monegaskiese besitting geword. Tydens die heerskappy van Jean I het Monaco in 1419 uiteindelik die eiendom van die Huis van Grimaldi geword. Die Franse koning Karel VIII en die hertog van Savoie het in 1489 met 'n oorkonde die onafhanklikheid van Monaco erken.

Monaco as prinsdom duimnael|Afstigting van die stede Menton en Roquebrune in 1848 Honoré II van Monaco het in 1612 die eerste heerser geword wat die titel "prins" gedra het. In 1731 het die heerskappy van die geslagslyn van Goyon de Matignon-Grimaldi begin.

Die enigste tydperk van vreemde heerskappy was die jare van 1789 tot 1814, toe Monaco deur Frankryk geannekseer is. Lede van die Huis van Grimaldi is reeds gedurende die Franse Rewolusie in hegtenis geneem en het enkele jare in die tronk deurgebring. Toe hulle vrygelaat is, was hulle om finansiële redes genoodsaak om die grootste deel van hul besittings te verkoop. Hul paleis, wat tydens die Rewolusie as pakhuis gedien het, het herstelwerk nodig gehad.

Volgens 'n besluit van die Kongres van Wene was Monaco van 1815 tot 1860 'n protektoraat van die Koninkryk Sardinië, terwyl sy onafhanklikheid een jaar later deur die Frans-Monegaskiese Verdrag erken is. In 1836 het die kasino van Monaco sy deure geopen.

Die stede Menton en Roquebrune het in 1848 hulle onafhanklikheid verklaar en is twaalf jaar later by Frankryk ingelyf. Nadat Sardinië in 1861 'n deel van die koninkryk Italië geword het, het Frankryk danksy die oortuigingskrag van prins Charles III Grimaldi (1856–1889) die soewereiniteit van Monaco en sy huidige grense erken.

In 1865 het die doeane-unie tussen Frankryk en Monaco in werking getree. Tegelykertyd is die kasino van Monaco geopen. Danksy die wins uit die kasinobedryf geniet die inheemse bevolking van 1869 af belastingvryheid.

20ste eeu duimnael|Monaco in die aandskemer duimnael|Prins Rainier III en Gracia Patricia