’n Ekspat (Engels: expatriate of expat) is ’n persoon wat tydelik of permanent in ’n ander land as sy of haar geboorteland woon as ’n immigrant. Die woord kom van die Latynse terme ex ("uit") en patria ("vaderland").
Die woord ekspatriasie, of landverhuising, word in die algemeen dikwels gebruik vir professionele of geskoolde werkers wat deur hul maatskappye oorsee gestuur word, mense wat beter werkgeleenthede soek of vir sportlui wat vir oorsese spanne speel.
Ekspatriasie kan ook beteken "verbanning uit die vaderland".
Verwysings
Eksterne skakels Expat Ways – internasionale inligting oor ekspats Onderhoude met ekspats in Afrika en Asië
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Immigrante