Wian du Preez (gebore 30 Oktober 1982, Bloemfontein) is ’n oud-Springbokrugbyspeler.

Klub-/provinsiale loopbaan Du Preez het die Vrystaat in 2002 in die o/21-Curriebekerkopmetisie verteenwoordig. Hy het van 2003 tot 2010 in 74 wedstryde vir die Vrystaat uitgedraf. In 2009 is hy as leenspeler na Munster in Ierland om die beseerde Marcus Horan te vervang. In die kort tyd wat hy daar was het hy die afrigters beïndruk en in Mei 2010 is aangekondig dat Du Preez na Munster sou terugkeer nadat hy ’n kontrak geteken het om vir twee jaar vir die klub te speel. Hy was ’n integrale deel van die span sedert sy terugkeer in 2010. Op 14 Januarie 2012 het hy sy eerste drie vir Munster gedruk in die vyfde ronde van die Heinekenbeker in Munster se wedstryd teen Castres Olympique.

In Februarie 2012 het Du Preez sy kontrak by Munster met ’n jaar verleng. Du Preez was twee keer saam met Munster aan die ontvangkant van die Magnersliga.

Op 14 Mei 2013 is aangekondig dat Du Preez Munster sou verlaat om na Suid-Afrika terug te keer. Op 13 Oktober 2013 het Du Preez ’n kontrak met Lyon onderteken voor die aanvang van die 2014–2015 Top 14-seisoen.

Internasionale loopbaan In 2009 is Du Preez ingesluit by die Opkomende Springbokke wat teen die Britse en Ierse Leeus gespeel het. Hy is ook in 2009 by die Springbokgroep ingesluit vir hul toets teen Italië in November. Du Preez het net een toets vir die Springbokke gespeel.

In Mei 2016 het Du Preez sy uittrede uit rugby aangekondig en laat blyk dat hy hom as rugbyafrigter wil bekwaam.

Verwysings

Eksterne skakels

itsrugby.co.uk-profiel

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1982 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Sharks rugbyspelers