Sadiq Aman Khan (* 8 Oktober 1970) is 'n Britse politikus en lid van die Arbeidersparty. Khan, wat die Londense Toothing-kiesafdeling sedert 2005 in die Britse Laerhuis verteenwoordig het en as deel van die gematigd linkse of sosiaal-demokratiese spektrum van die Arbeidersparty beskou word, is op 6 Mei 2016 as nuwe Londense burgemeester en opvolger van Boris Johnson (Konserwatiewe Party) vir 'n ampstermyn van vier jaar verkies.BBC News, 7 Mei 2016: London mayor: The Sadiq Khan story. Besoek op 8 Mei 2016

Khan is in 'n gesin van Pakistanse immigrante uit die werkersklas gebore. Sy vader is as busbestuurder aangestel, terwyl sy moeder tuis as stikster gewerk het. Ná sy skoolloopbaan het Khan in die regte studeer en 'n graad aan die Universiteit van Noord-Londen verwerf. Hy het sy loopbaan as advokaat begin en in burgerregte gespesialiseer. So het hy ook drie jaar lank as voorsitter van die burgerregte-vereniging Liberty gedien.

As lid van die Arbeidersparty het hy aktief toegetree tot die politiek en is in 1994 as raadslid vir die administratiewe distrik London Borough of Wandsworth verkies. Hy het dié amp beklee tot en met 2006. In 2005 is hy as parlementslid vir Toothing verkies.

Onder die regering van eerste minister Gordon Brown (Arbeidersparty) is hy in 2008 as minister van gemeenskappe (Minister of State for Communities) benoem en het later minister van vervoer geword. As een van die belangrikste politieke bondgenote van die Arbeiderspartyleier Ed Miliband het Khan in dié se skadukabinet as skaduminister van justisie, skadu-lordkanselier en skaduminister vir Londen gedien.

Verwysings

Eksterne skakels

Sadiq Khan se amptelike webwerf

Kategorie:Britse burgemeesters Kategorie:Londen Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Lewende mense