Ruan Combrinck (gebore in Vryheid, Natal, 10 Mei 1990) is 'n rugbyspeler wat vir die Goue Leeus in die Curriebeker en die Lions in Superrugby speel. Hy maak sy debuut op 18 Junie 2016 vir die Springbokke teen Ierland, 'n toets waarin hy 'n drie druk en ook as "Speler van die wedstryd" aangewys word.

Eksterne skakels

Ruan Combrinck by itsrugby.co.uk

Kategorie:Lions rugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1990 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners