duimnael|links|Sir Hugh LaneSkildery deur Antonio Mancini, 1913, olie op doek Sir Hugh Percy Lane (* 9 November 1875; † 7 Mei 1915) was 'n Ierse kunshandelaar, -versamelaar en galerydirekteur wat veral bekendstaan as die stigter van Dublin se munisipale kunsmuseum, die Municipal Gallery of Modern Art (die eerste bekende openbare kunsgalery ter wêreld wat aan moderne kuns gewy is) en sy bydrae tot die bevordering van visuele kunste in Ierland, insluitende die Lane Bequest. In Suid-Afrika was hy naas Florence Phillips een van die twee sleutelfigure in die totstandkoming van die Johannesburgse Kunsmuseum.Art Throb - Contemporary Art in South Africa: Johannesburg Art Gallery. Besoek op 1 Mei 2016 Vir sowel die Goudstad se kunsmuseum asook die Michaelis-versameling te Kaapstad het Lane die oorspronklike kunsversamelings opgebou.

Hugh Lane is aan boord van die passasierskip RMS Lusitania oorlede nadat dit op 7 Mei 1915 deur 'n Duitse torpedo getref is en vergaan het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Ierse kunsversamelaars Kategorie:Britse kunshandelaars Kategorie:Geboortes in 1875 Kategorie:Sterftes in 1915