Die As (Engels: the Ashes) is die naam van ’n kompetisie tussen die nasionale krieketspanne van Engeland en Australië.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Hierdie toetsreeks word sedert 1882 elke twee jaar afwisselend in die twee lande gehou. Krieket is ’n somersport en as gevolg van die verskil in halfronde word die wedstryde effektiewelik elke agtien of dertig maande aangebied. Dit is een van krieket se internasionale kompetisies met die meeste wedywering.

Op hierdie oomblik bestaan Die As uit vyf toetswedstryde van twee beurte per land. In die winter van 2013–14 is die reeks net enkele maande ná die vorige reeks gehou, sodat die vierjaarlikse wedstryd in Australië nie met die Krieketwêreldbeker 2015 sou saamval nie. Die 2019-reeks in Engeland is net enkele weke ná die Krieketwêreldbeker 2019 gehou, wat deur Engeland gewen is. Vandag vorm die As-reekse deel van die Internasionale Krieketraad se Wêreldtoetskampioenskap.

Oorsprong van die naam duimnael|links|Die “doodsberig” wat in 1882 in The Sporting Times verskyn het Die naam het sy oorsprong in ’n kammakastige “doodsberig” wat in 1882 in ’n destydse Britse koerant, The Sporting Times, verskyn het. Daarin is Engeland se destydse krieketnederlaag teen Australië op die beroemde Londense krieketveld die Oval spottenderwys as die dood van Engelse krieket voorgestel. Die koerant het geskryf dat “Die lyk sal veras en die as na Australië geneem word”. Joernaliste het nie op hulle laat wag nie en het die daaropvolgende Engelse toer na Australië as die stryd om die “As” te herwin beskryf (The quest to regain The Ashes). Ten tye van die toer is ’n kleinerige urn, wat as van ’n onsekere herkoms bevat, deur ’n groep vroue van Melbourne in Australië, aan die besoekende Engelse krieketkaptein oorhandig. Hierdie urn kan in die Marylebone-krieketklubmuseum op die Lord’s-krieketveld in Londen besigtig word.

Uitslae duimnael|Fred Spofforth, “The Demon Bowler”, wat ’n belangrike rol in die Australiese 1882-oorwinning oor Engeland met 14 paaltjies vir 90 lopies gespeel het duimnael|Ivo Bligh was tydens die eerste As-reeks Engeland se kaptein duimnael|Jack Hobbs (links) en Herbert Sutcliffe was twee van Engeland se suksesvolste kolwers in die As duimnael|Donald Bradman (links), wie meer lopies as enige ander krieketspeler tydens die As-reeks aangeteken het, tydens die loot van die eerste toets van die 1936–37 As, saam met Gubby Allen. duimnael|Shane Warne het oor 14 jaar vir Australië tydens die As uitgedraf, en ’n rekord van 195 paaltjies geneem. Reeks Jaar Gasheer Eerste wedstryd Toetse Australië Engeland Gelyk Uitslag Houer Verw 1 1882–83 Australië 30 Desember 1882 3 1 2 0 Engeland Engeland 2 1884 Engeland 11 Julie 1884 3 0 1 2 Engeland Engeland 3 1884–85 Australië 12 Desember 1884 5 2 3 0 Engeland Engeland 4 1886 Engeland 5 Julie 1886 3 0 3 0 Engeland Engeland 5 1886–87 Australië 28 Januarie 1887 2 0 2 0 Engeland Engeland 6 1887–88 Australië 10 Februarie 1888 1 0 1 0 Engeland Engeland 7 1888 Engeland 16 Julie 1888 3 1 2 0 Engeland Engeland 8 1890 Engeland 21 Julie 1890 2 (3) 0 2 0 Engeland Engeland 9 1891–92 Australië 1 Januarie 1892 3 2 1 0 Australië Australië 10 1893 Engeland 17 Julie 1893 3 0 1 2 Engeland Engeland 11 1894–95 Australië 14 Desember 1894 5 2 3 0 Engeland Engeland 12 1896 Engeland 22 Junie 1896 3 1 2 0 Engeland Engeland 13 1897–98 Australië 13 Desember 1897 5 4 1 0 Australië Australië 14 1899 Engeland 1 Junie 1899 5 1 0 4 Australië Australië 15 1901–02 Australië 13 Desember 1901 5 4 1 0 Australië Australië 16 1902 Engeland 29 Mei 1902 5 2 1 2 Australië Australië 17 1903–04 Australië 11 Desember 1903 5 2 3 0 Engeland Engeland 18 1905 Engeland 29 Mei 1905 5 0 2 3 Engeland Engeland 19 1907–08 Australië 13 Desember 1907 5 4 1 0 Australië Australië 20 1909 Engeland 27 Mei 1909 5 2 1 2 Australië Australië 21 1911–12 Australië 15 Desember 1911 5 1 4 0 Engeland Engeland 22 1912 Engeland 27 Mei 1912 3 0 1 2 Engeland Engeland 23 1920–21 Australië 17 Desember 1920 5 5 0 0 Australië Australië 24 1921 Engeland 28 Mei 1921 5 3 0 2 Australië Australië 25 1924–25 Australië 19 Desember 1924 5 4 1 0 Australië Australië 26 1926 Engeland 12 Junie 1926 5 0 1 4 Engeland Engeland 27 1928–29 Australië 30 November 1928 5 1 4 0 Engeland Engeland 28 1930 Engeland 13 Junie 1930 5 2 1 2 Australië Australië 29 1932–33 Australië 2 Desember 1932 5 1 4 0 Engeland Engeland 30 1934 Engeland 8 Junie 1934 5 2 1 2 Australië Australië 31 1936–37 Australië 4 Desember 1936 5 3 2 0 Australië Australië 32 1938 Engeland 10 Junie 1938 4 (5) 1 1 2 Gelyk Australië 33 1946–47 Australië 29 November 1946 5 3 0 2 Australië Australië 34 1948 Engeland 10 Junie 1948 5 4 0 1 Australië Australië 35 1950–51 Australië 1 Desember 1950 5 4 1 0 Australië Australië 36 1953 Engeland 11 Junie 1953 5 0 1 4 Engeland Engeland 37 1954–55 Australië 26 November 1954 5 1 3 1 Engeland Engeland 38 1956 Engeland 7 Junie 1956 5 1 2 2 Engeland Engeland 39 1958–59 Australië 5 Desember 1958 5 4 0 1 Australië Australië 40 1961 Engeland 8 Junie 1961 5 2 1 2 Australië Australië 41 1962–63 Australië 30 November 1962 5 1 1 3 Gelyk Australië 42 1964 Engeland 4 Junie 1964 5 1 0 4 Australië Australië 43 1965–66 Australië 10 Desember 1965 5 1 1 3 Gelyk Australië 44 1968 Engeland 6 Junie 1968 5 1 1 3 Gelyk Australië 45 1970–71 Australië 27 November 1970 6 (7) 0 2 4 Engeland Engeland 46 1972 Engeland 8 Junie 1972 5 2 2 1 Gelyk Engeland 47 1974–75 Australië 29 November 1974 6 4 1 1 Australië Australië 48 1975 Engeland 10 Julie 1975 4 1 0 3 Australië Australië 49 1977 Engeland 16 Junie 1977 5 0 3 2 Engeland Engeland 50 1978–79 Australië 1 Desember 1978 6 1 5 0 Engeland Engeland 51 1981 Engeland 18 Junie 1981 6 1 3 2 Engeland Engeland 52 1982–83 Australië 12 November 1982 5 2 1 2 Australië Australië 53 1985 Engeland 13 Junie 1985 6 1 3 2 Engeland Engeland 54 1986–87 Australië 14 November 1986 5 1 2 2 Engeland Engeland 55 1989 Engeland 8 Junie 1989 6 4 0 2 Australië Australië 56 1990–91 Australië 23 November 1990 5 3 0 2 Australië Australië 57 1993 Engeland 3 Junie 1993 6 4 1 1 Australië Australië 58 1994–95 Australië 25 November 1994 5 3 1 1 Australië Australië 59 1997 Engeland 5 Junie 1997 6 3 2 1 Australië Australië 60 1998–99 Australië 20 November 1998 5 3 1 1 Australië Australië 61 2001 Engeland 5 Julie 2001 5 4 1 0 Australië Australië 62 2002–03 Australië 7 November 2002 5 4 1 0 Australië Australië 63 2005 Engeland 21 Julie 2005 5 1 2 2 Engeland Engeland 64 2006–07 Australië 23 November 2006 5 5 0 0 Australië Australië 65 2009 Engeland 8 Julie 2009 5 1 2 2 Engeland Engeland 66 2010–11 Australië 25 November 2010 5 1 3 1 Engeland Engeland 67 2013 Engeland 10 Julie 2013 5 0 3 2 Engeland Engeland 68 2013–14 Australië 21 November 2013 5 5 0 0 Australië Australië 69 2015 Engeland 8 Julie 2015 5 2 3 0 Engeland Engeland 70 2017–18 Australië 23 November 2017 5 4 0 1 Australië Australië 71 2019 Engeland 1 Augustus 2019 5 2 2 1 Gelyk Australië 72 2021–22 Australië 8 Desember 2021 5 4 0 1 Australië Australië 73 2023 Engeland 16 Junie 2023 5 2 2 1 Gelyk Australië 74 2025–26 Australië 21 November 2025 5 4 1 0 Australië Australië

Algeheel Gespeel Gewen deurAustralië Gewen deurEngeland Onbeslis Alle toetswedstryde 345 146 (41,7%) 111 (31,7%) 93 (26,6%) Toetse in Australië 177 94 (53,1%) 57 (32,2%) 26 (14,7%) Toetse in Engeland 173 52 (30,1%) 54 (31,2%) 67 (38,7%) Alle reekse 74 35 (47,3%) 32 (43,2%) 7 (9,5%) Reekse in Australië 37 21 (56,8%) 14 (37,8%) 2 (5,4%) Reekse in Engeland 37 14 (37,8%) 18 (48,6%) 5 (13,5%) Korrek teen 10 Januarie 2026

Bronnelys Gideon Haigh: On the Ashes. Atlantic Books, London 2023, .

Verwysings

Eksterne skakels

Cricinfo se Ashes-webwerf

Kategorie:Krieketkompetisies in Australië Kategorie:Krieketkompetisies in Engeland Kategorie:Toetskrieket