duimnael|Atkinson (links) met sy spanmaat George Weightman-Smith tydens die Olimpiese Spele van 1928.

Sidney Atkinson (1901–1977) was 'n Suid-Afrikaanse atleet. Hy was die wenner van die goue medalje in die 110 m-hekkies vir mans by die Olimpiese Spele in 1928 in Amsterdam, asook die silwermedalje in dieselfde item in 1924 in Parys.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Sidney James Montford "Sid" Atkinson is op 14 Maart 1901 in Durban gebore. Hy word in 1922 internasionaal bekend nadat hy die 110 m-hekkies in 15,2 en die 400 m-hekkies in 56,5 sekondes hardloop. Hy was ook 'n kranige verspringer.Sid Atkinson . sports-reference.com

Op die Olimpiese Somerspele 1924 eindig hy tweede, net agter die Amerikaner Daniel Kinsey (goud) en voor die Sweed Sten Pettersson (brons). By die volgende Olimpiese Spele wen hy goud deur die Amerikaanse wêreldrekordhouer, Steve Anderson, te verslaan, wat tweede geëindig het.

Hy sterf op 31 Augustus 1977 in Durban.

Persoonlike rekords Item Prestasie Jaar 110 m-hekkies 14,7 s 1928 Verspring 7,34 m 1925

Medaljes 1924 Olimpiese Somerspele - 15,0 s 1928 Olimpiese Somerspele - 14,8 s

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1901 Kategorie:Sterftes in 1977 Kategorie:Olimpiese deelnemers Kategorie:Suid-Afrikaanse atlete