Gebeure Antiochus IV val vir die derde keer Egipte aan, maar word naby Alexandrië deur die Romeine onder C. Popilus Leanas teengehou. Hy word gedwing terug te keer naar Judea. Antiochus koel sy woede op die Jode. Hy val Jerusalem aan op 'n sjabat, rig 'n slagting aan onder die bevolking en verkoop die vrouens en kinders as slawe. Antiochus vaardig 'n edik uit dat al die Jode offers aan die Olimpiese Gode moet bring. Wie Jahweh dien kry die doodstraf. Antiochus plaas 'n beeld van Zeus in die Heilige der Heilige van die tempel.All the People in the Bible: An A-Z Guide to the Saints, Scoundrels, and Other Characters in Scripture. Wm. B. Eerdmans Publishing, 2008, , Koning Perseus van Masedonië word naby Pydna deur die Romeine veslaan. Masedonië word 'n Romeinse vasal.Sulla: A Dictator Reconsidered Pen and Sword, 2014, , Na die Slag van Pydna verwelkom Atene die Romeinse generaal L. Aemilius Paullus

Verwysings