Adriaan Snyman (28 Februarie 1938, Lichtenburg - 23 November 2025 ) was ’n Suid-Afrikaanse skrywer. Hy publiseer boeke in verskeie genres, waaronder spanningsverhale, historiese romans en jeugverhale. Hy verwerf veral bekendheid met sy romans wat oor Noag se ark handel. Hy skryf ook 'n aantal nie-fiksie boeke oor onderwerpe soos Siener van Rensburg, die millennium, die Bybel en die Boere. Verder skryf hy ook onder die skuilname De Wet le Roux, Francois Richter en Stephanie Meiring. As De Wet le Roux en Francois Richter skryf hy spanningsverhale terwyl hy liefdesverhale as Stephanie Meiring publiseer.
Lewe en werk Adriaan Snyman is op 28 Februarie 1938 op die plaas Klipkuil in die distrik Lichtenburg in Wes-Transvaal gebore, waar hy die eerste dertien jaar van sy lewe deurbring. Hy matrikuleer aan die Tegniese Kollege in Johannesburg waarna hy vir die Transvaalse Provinsiale Administrasie werk, eers as klerk en later as boekkeurder in die biblioteek van die Onderwysdepartement. Hy verwerf 'n B.A.-graad met deeltydse studie deur die Universiteit van Suid-Afrika. Hierna word hy joernalis in diens van die Departement van Landbou-Tegniese Dienste in Pretoria en sluit daarna aan by die redaksie van Hoofstad in Pretoria en later by Die Burger in Kaapstad. Geruime tyd was hy perdewedren-skrywer vir Die Burger.
In 1981 bedank hy as verslaggewer by die Burger en vestig hy en sy gesin hulle op Hartenbos en begin voltyds skryf. Later vestig hy hom in Mosselbaai, vanwaar hy vanaf 1991 Vaandel-uitgewers (eers Hugenote Publikasies, toe Libanon-uitgewers en vanaf 1996 onder sy huidige naam) bedryf, 'n uitgewery wat sy vele boeke oor Siener van Rensburg en boeke oor die regse Boere politiek uitgee. Volgens Gustav Snyman, sy seun het Adrian Snyman “feitelik alles verloor” na ‘n regsgeding oor die boek Volksverraad, geskryf deur adv. Piet Pretorius en uitgegee deur Snyman se uitgewery Libanon-uitgewers. In 2001 word Snyman egter uitgenooi om in Gouritsmond in die Wes-Kaap oor Van Rensburg te praat. Dit was ‘n sukses en hy het besluit om saam met sy vriend Chris Botha met sy Siener-toer landswyd te begin.Schamrel, Arisa. Skrywer van Siener van Rensburg-boeke sterf in slaap. 25 November 2025. Netwerk24.
Hy maak ook 'n video van Siener se lewe en reis in 2001 regdeur die land om mense in te lig oor die voorspellings van 'n gewelddadige burgeroorlog in Suid-Afrika, waartydens blankes op groot skaal uitgemoor sal word. Die video wat hy oor die profeet en sy voorspellings maak word ook wyd vertoon. In 2002 word sy huis deursoek en die polisie lê beslag op verskeie dokumente, asook rekenaars wat inligting oor Siener se profesieë bevat. Die video wat hy gemaak het word later as bewysstuk gebruik in die hofsaak teen regse rebelle wat aangekla word van sameswering tot gewelddadige verset teen die regering. Hy is getroud met Annelize Morgan, 'n bekende skrywer, en hulle het vyf kinders. Hulle verhuis in 2012 na Ladismith in die Karoo, waar misdaad volgens amptelike statistieke van die laagste in die land is.
Skryfwerk Hy skryf onder sy eie naam, asook die skuilname De Wet le Roux, Stephanie Meiring en Francois Richter. Deur die jare het hy talle kortverhale, gedigte, 180 romans en jeugverhale geskryf.Schamrel, Arisa Skrywer van Siener van Rensburg-boeke sterf in slaap. 25 November 2025. Netwerk24.
Adriaan Snyman
Kortverhale en novelles Op hoërskool begin hy gedigte skryf om sy verlange na en herinnering aan die rustigheid van die platteland te verwoord. Sy eerste verhaal word deur Die Huisgenoot gepubliseer wanneer hy slegs agtien jaar oud is. Terwyl hy by die Transvaalse Provinsiale Administrasie werk word sy eerste gedig in Die Brandwag gepubliseer en skryf hy verskeie kortverhale wat in tydskrifte verskyn en ook oor die radio uitgesaai word. In 1963 debuteer hy met die kortverhaalbundel Die sorge van ons dae. Die kortverhaal Die telegramMarais, G.F. ‘Die telegram’ van Adriaan Snyman. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 21 no. 2, Mei 1983 uit hierdie bundel word ook opgeneem in die versamel bundels MosaïekBosch, Erna. Mosaïek. Academica Pretoria Eerste uitgawe 1986Smuts, J.P. en Van Rensburg, R. Mosaïek. HAUM Kaapstad Vierde druk 1969 en Kleinbegin in die prosa,Malan, Charles. Kleinbegin in die prosa. De Jager-HAUM Uitgewers Pretoria Tweede uitgawe Sewentiende druk 1994 laasgenoemde wat lank voorgeskryf word op skole. In hierdie kortverhaal is die gebeure hoofsaak, waar die skrywer vernuftige leidrade gee om die leser in te trek in die verwagting van slegte nuus, wat verder aangewakker word deur die koms van 'n telegram.Slabbert, H. le R. ’Die telegram’ van Adriaan Snyman. Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 21 no. 1, Februarie 1983 Die inhoud van die telegram keer egter alle verwagtings op sy kop om. Van sy kortverhale word ook opgeneem in die versamelbundel Van spoke gepraat(1965)'.Priester van die rotte (1966) is 'n novelle waarin die lewenstryd van uitgesakte en ontgogelde mense vertel word, wat hulle lewensdae in kroeë en bordele slyt. Benewens die volwassenes sonder hoop vertel dit ook die verhaal van 'n jong, verlamde seuntjie wat alleen in 'n huis lê en wag vir die terugkoms van sy ma wat weggeloop het.
Romans Die weg van 'n arend(1966) is 'n spanningsverhaal met die leerling-vlieënier Dawie Richter as hoofkarakter. Hy wil nie regtig vlieënier wees nie en bots met almal by Vliegpan, die opleidingsentrum. Later bemeester hy tog die moeilike vliegkuns, en total sy makkers se verbasing, slaag hy daarin om deur die klankgrens te breek.Kruistog na die ewigheid (1972) is 'n oorlogsroman wat afspeel tydens die Tweede Wêreldoorlog.Van Zyl, Wilhelm. ’n Mengsel van romantiek en geweld. Keur, 24 Januarie 1986 Die lotgevalle van die Suid-Afrikaanse Vyfde Brigade en die veldslae van Sidi Rezegh, El Alamein en Tobroek word hier te boek gestel in 'n roman waarvoor hy meer as drie jaar navorsing gedoen het.
Belangwekkend is sy romans oor Noag, naamlik Skip van genade en Die arkbouer.Cilliers, Cecile. Die Burger, 12 Oktober 1989Skip van Genade (1970) is die bekende Bybelse verhaal van die sondvloed, maar die skrywer bou die gegewe uit deur 'n omvattende beskrywing van die samelewing en tydperk na aanleiding van ander geskrifte soos die Babiloniese vloed verhaal, Joodse apokriewe en ander Bybelse geskrifte. Veral interessant is die uitbeelding van die leefwyse van die Sumeriërs en hulle koning Siusudra, wat deur sy towenaar ingelig word dat daar wel 'n watervloed sal kom en dat hy ook vir hom 'n ark moet bou. Volgens hierdie legende het Siusudra die vloed oorleef, maar die roman volg die Bybelse gegewe dat slegs Noag en sy gesin gered is. Noag se mense begin in 'n tyd van groot droogte twyfel aan Noag se God en sien hoe die Sumeriërs onder Siusudra in hulle stad Sjoeroepak in hulle sonde floreer. In groot getalle dros hulle dan na die Sumeriërs, met Noag wat onder hulle bespotting deurloop en selfs aangerand word.Die arkbouer (1989) vertel weereens die verhaal van Noag en die sondvloed, nadat hy verdere inligting bekom het oor die antieke wêreld van die Sumeriërs en Setiete. Benewens die Bybel word ander bronne oor die sondvloed en die wêreld van daardie tyd ook betrek, insluitende die Epos van Gilgamesj (wat dateer uit die tyd tussen 700 v.C.-600 v.C.), Joodse apokriewe en twee ander weergawes van die vloedramp wat uit vroeëre millennia dateer, die oudste ongeveer 2400 v.C. Hierdie boek skets die toestande in Noag se dae en beskryf hoe sy broers Herson en Kedar hom verlaat om te dros na die stad Sjoeroepak. Noag kry te doen met die argwaan en hoon van die gemeenskap en die verbrokkeling van sy familie. Hy lewe in 'n gewelddadige tyd maar hy het 'n merkwaardige roeping.
In Heuwel van getuienisDe Bruin, Philip. Beeld. 3 September 1984Snyman, Henning. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 22 no. 4, November 1984(1983) is Jammerdal in die sentrum van die stryd tussen die goeie en die bose, waar hierdie twee so verstrengel geraak het dat dit nie meer onderskeibaar is nie. Pater Nikolas kyk toe hoe daar onverklaarbaar 'n brand in die sakristie ontstaan, waarna die kerk afbrand. Hy beweer dit was 'n ongeluk, maar dan word ook sy skuld daaraan uitgewys. Die vreemdelinge met buitengewone magte, Apollion en Lilith, kom daarna op die dorp aan en verkry pater Nikolas en na hom een vir een sy gemeentelede onder hul mag. Net die blinde Cecilia en Christiaan, die pater se bokwagter, swig nie voor die vreemdelinge nie. Vreemde en onverklaarbare dinge gebeur, totdat Christiaan en Apollion in 'n titaniese stryd tussen goed en kwaad teenoor mekaar te staan kom.Die laaste vrees (1985) speel af tydens die stryd van die Poolse partisane teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog om hulle land van die Duitse juk te bevry. Die Geallieerdes gooi voorrade vir hulle oor Warschau af, maar een van die vlugte met Suid-Afrikaners aan boord word afgeskiet en doen noodgedwonge 'n noodlanding agter vyandelike linies, waardeur hulle midde in hierdie stryd geplaas word.MeggieVan Zyl, Ia. Die Burger, 11 Januarie 1994 (1993) is 'n verhaal wat op die waarheid gebaseer is en op die lewe van 'n werklike persoon. Meggie McDonald kom as twaalfjarige saam met haar Skotse ouers na Suid-Afrika, waar haar pa sy fortuin op die delwerye wil kom maak. Weens omstandighede beland hulle as bywoners op 'n plaas in die Riversdal-distrik, waar hulle toenemend met die bruin en swart werkers assosieer. Meggie se ontberings lei daartoe dat sy later haar lot inwerp by die bruin man Maer-Flip Elders. Die verhaal word vertel met goeie insig in die tipiese spreektaal van die omgewing, met humor wat deurentyd die benarde situasie van die karakters versag. 'n Fragment uit Meggie word deur Hennie Aucamp in die versamelbundel Wys my waar is Timboektoe opgeneem.
Kinder en en jeugverhale