KY Cygni is ’n rooisuperreus van spektraaltipe M3.5Ia in die sterrebeeld Swaan. Dit is een van die grootste sterre bekend, met ’n geraamde radius van (sonradiusse). Dit is ook een van die helderstes: sowat 300 000 of meer keer so helder as die Son. Dit is sowat 5 000 ligjare van die Aarde af.
Waarnemings KY Cyg lê naby die helder oop sterreswerm NGC 6913, maar behoort waarskynlik nie daartoe nie. Sy ligging is naby dié van die helder ster γ Cygni. Dit is in 1930 as ’n veranderlike ster geïdentifiseer en hernoem tot KY Cygni (sien Benaming van veranderlike sterre). Die spektraaltipe is vasgestel op M3Ia, met klein aanpassings sedertdien.
Die ster is baie rooi omdat dit sowat 7,75 magnitudes teen sigbare golflengtes verloor.
Eienskappe KY Cygni is ’n groot, helder superreus met ’n sterk sterwind. Dit verloor massa teen ’n enorme tempo, hoër as die meeste ander rooisuperreuse, en word soms beskryf as ’n koel hiperreus. Sy eienskappe is onseker, maar sy temperatuur is sowat 3 500 K en sy ligsterkte meer as .
KY Cygni is ’n veranderlike ster, maar met geen duidelike periodisiteit nie. Soms wissel dit vinnig, en ander kere is dit vir lang tye taamlik konstant.
Sien ook Lys van grootste sterre
Verwysings
Eksterne skakels KY Cygni by jumk.de/astronomie KY Cygni by astronomy.com 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Swaan (sterrebeeld) Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:M-tipe hiperreuse