200px British Fashion Council

Londen

Stigting

6 Januarie 1983

Organisasievorm

Nie-winsgewende organisasie

Voorsitter

Stephanie Phair

Webtuiste britishfashioncouncil.com

Die British Fashion Council (Britse Moderaad, kort BFC) is 'n nie-winsgewende besigheidsvereniging wat in 1983 deur Britse modeontwerpers in die lewe geroep is. Sy hoofdoelwit is die bemarking van Britse ontwerpersmode in die Verenigde Koninkryk en in die buiteland. Een van sy hoofaktiwiteite is die organisasie van die modeskou London Fashion Week wat twee keer per jaar in Februarie en September gehou word om die nuutste skeppings van Britse modeontwerpers aan invloedryke internasionale gehore soos persoonlikhede uit die media- en kleinhandelbedryf bekend te stel.

Die BFC word onder meer geborg deur entrepreneurs uit die Britse mode- en ander bedrywe, die Britse regering, die burgemeester van Londen en die Europese Streeksontwikkelingsfonds.britishfashioncouncil.com: About the BFC. Besoek op 19 April 2016

Verwysings

Kategorie:Kultuur in die Verenigde Koninkryk